Wat van so section Guns ‘n Roses nostalgie?

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Die Guns and Roses albums in my collection is slegs dié waarvan ek hou om te luister en dis uitsluitlik polichloriedvinielplate. Ek het twee Appetite for Destruction plate, een is ‘n 2015 US 180g reissue en die ander een ‘n Yugoslavian 1989 repress nog met die banned omslag voorop. Die album se naam is vernoem na ‘n Robert Williams skildery wat ook die oorspronklike omslag was voor dit albumverkope begin affekteer het en David Geffen vir Axl Rose getune het hy moet fokken bykom as hy wil geld maak. Die tema is ‘n robotverkragter wat voor ‘n rape victim staan en oomblikke weg is daarvan om deur ‘n groter robot uitgehaal te word. Baie platewinkels wou nie die album in voorraad hou nie en die feminazis het die spul onmiddelik as pro-rape ge-brand. Die tweede cover met die groepslede se koppe op ‘n kruis het eventually ‘n iconic image in rock and roll geword.

Ek het ook ‘n G’n R Lies SA original pressing 1988 (nie die banned cover nie). Ja fok, daar was weer kontroversie gewees met die album se omslag ook as julle kan onthou – dit was ‘n parodie van poniekoerante en die banned omslag het hierdie keer hoofopskrifte opgehad soos “Ladies, welcome to the dark ages” en “wife beating has been around for 10000 years”. Axl Rose is daarvan in die media beskuldig dat hy sy girlfriends getimmer het, so ek vermoed dit was sy poging tot ‘n backlash gewees. Persoonlik was ek nog nooit ‘n fan van die doos nie. Die band se musiek was vir my nog altyd groter as een individual, nie dat die res van die reprobates engeltjies was nie. Anyways, die cover is toe vervang met ander opskrifte.

Ek het die twee European Use Your Illusion 1991 original pressings ook. Mark Kostobi het die artwork op hierdie een gedoen en dit was basically net ‘n copy van Raphael se painting, The School of Athens. Wat studio-albums aanbetref makeer ek nog net Spaghetti Incident (1994) met daai spaghetti foto voorop. Chinese Democracy (2008) is ‘n pot kak en ek stel nie belang daarin nie. Maar OK, julle ken almal die tunes en hulle progression in die rock and roll time continuum, so hoekom skryf ek vandag oor Guns and Roses en gaan deur al hulle plate?

Wel, ek was nog nooit rêrig into bootlegs nie so ek het van ‘n hele paar geweet maar ek het gisteraand op Google Play rondgetos en ‘n bootleg ontdek waarvan ek nog nooit gehoor het nie en toe try ek dit bietjie. Ek het my serious Guns and Roses collector tjommies gekontak en nie een van hulle weet daarvan nie. Die bootleg se naam is Guns and Roses Live in Japan, 1988.  Dit was opgeneem by die Nakano Sun Plaza op 7 Desember 1988 in Tokyo om meer spesifiek te wees en tydens hulle wêreldwye Appetite for Destruction toer wat hulle basies global supersterre gemaak het.
Dié live show was tydens hulle sewende en laaste been van die wêreldtoer gewees en was oorspronklik live op NHK Radio (Japan se oudste radiostasie) uitgesaai. Hierdie was ook nadat die G’nR Lies/Live like a Suicide EP release was want hulle doen songs van albei plus ‘n paar covers. Dit lyk of ‘n dodgy label van Cyprus met die naam Rox Vox dit op CD release het verlede jaar maar ek vermoed jy gaan ‘n klomp van hierdie releases deur verskeie dodgy labels going back a few years kan kry. Dit lyk ook of dit net op ‘n double CD compilation beskikbaar is en nie op vinyl nie, though.

Ek dink vir die van julle wat, soos ek, van kleins af groot geword het met die polished recorded sound en nooit kans gehad het om hulle live of selfs live op video te sien in die Appetite for Destruction jare nie, is hierdie bootlegs altyd ‘n ander ervaring. Die songs en hulle gevaarlike aura is solied en in tact maar die vocals, kitaar tones en overall klank is bietjie wankelrig met tye en dit herinner ‘n mens net weer wat ‘n moerse lot geld en ‘n marketing masjien kan doen om jou image en sound op daai iconic level te kry. Hierdie bootleg is wel ‘n befokte snapshot in tyd van die oorspronklike line-up Guns and Roses wat jou ‘n idee gee van hoe huge hulle was back in the day.

Daar is so kort deeltjie van ‘n cover van Jim Carroll se People Who Died (onthou julle die movie Basket Ball Diaries?) en daai bekende cover van Dylan se Knocking on Heaven’s Door wat eers jare later op Use Your Illusion II (die blou ene) ‘n verskyning gemaak het en in ons collective consciousness ingebrand is. Die band intro het my hoendervleis gegee want Izzy Stradlin is nog daar en Duff is nog King of Beers. Steve Adler doen nog drum solos soos ‘n mal demoon op Nightrain (voor die smack hom opgefok het) en Slash wel, Slash was nog altyd fokken Slash. Axl Rose klink nog of hy sy ego binne beheer het. Sweet Child O’ Mine en I Used to Love Her, wat ek al vier miljoen duisend maal veertig keer gehoor het, klink splinternuut op hierdie live recording. Dit was nou ‘n moerse lekker experience.

Try dit bietjie as jy Google Play het.

RolbeesWat van so section Guns ‘n Roses nostalgie?

Gooi Comment