Vat vyf! Week 6 van 2018 – Space karre, Zuma, oom Angus en voorvelle

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) Die vent, Elon Musk is darem maar vir jou ‘n gawe karakter. Gebore Suid-Afrikaner wat die wêreld gereeld regop laat sit met al sy foefies. As jy vir hom sê iets kan nie gedoen word nie, is sy response: “Watch this space.” Toe watch almal this space hierdie week en sien hoe sy ruimtemaatskappy, SpaceX, die kragtigste vuurpyl sedert 1973 lanseer. Die onbemande Falcon Heavy-vuurpyl vorm deel uit van SpaceX se planne om ruimtevaarders na Mars te stuur. Musk, wat ook die grootkop by Tesla is, het sommer ook ‘n Tesla Roadster karretjie van $100 000 aan die vuurpyl vasgemaak. Sulke skouspel. Die karradio sou dan ook sommer David Bowie se “Space Oddity” speel terwyl dit gelaunch word. Want mos. Musk is die epitomie van daai segding “Droom Groot.” En in sy geval blyk dit sy groot droom was om een dag as pretensieus oor te kom.

2) Die ander groot launch van die week was Cyril Ramaphosa se daadwerklike poging om Jacob Fokken Zuma die trekpas te gee. Gesprekke agter geslote deure is aan die gang en daar word onderhandel rondom hoe Zoom-zoom sy out-of-office permanent kan aktiveer. En waar baie naysayers reken “we shouldn’t hold our breath,” het ‘n land lanklaas kollektief hul asems so lank opgehou. Veral toe dit aangekondig word dat hierdie afgelope week se SONA ook sommer uitgeskuif is. Rooi-Tapyte-R-Us vryf hulle handjies saam in afwagting vir ‘n moerse bestelling. Binnekort.
3) Meanwhile het almal se gunsteling hoeddraende prediker, Angus Buchan, uitgevind dat die stad Kaapstad hom op Facebook unfriend het. Dit nadat hy laat weet het die droogte in die Kaap is te wyte aan al die Kaap se sondes en dat hy vir hulle sal bid. ‘n Provinsie op sy knieë en ‘n man wat aanbied hy sal op syne wees vir hulle. Oom Angus, luister mooi. As sondes ‘n rede was vir rampe in vandag se tye, dan was die hele Ventersdorp al uitgewis deur ‘n frats sprinkaanplaag. Miskien moet ons oom bietjie die JR-hoed nou en dan afhaal dat die breinselle bietjie vars lug kry.
4) Allister Coetzee het die trekpas gekry. Onder sy bekwame leiding as coach, het die Springbokke meer verliese gely as ‘n Jurie Els stalletjie by ‘n vlooimark. Dis seker een van die kakste jobs wat daar is… Springbok coach. Want wragtag, almal ken die game beter as jy. Geen wonder hy en die rugbygode het maar tot ‘n vergelyk gekom nie. Hopelik het die Springbokke binnekort weer meer punte as ‘n website adres.

5) ‘n Suid-Afrikaanse film met hom naampie “Inxeba (The Wound)” het groot opslae gemaak toe dit uiteindelik in Suid-Afrika vrygestel is. Die rolprent gaan oor inisiasieseremonies in die Xhosa-kultuur met ‘n goeie skootjie homoseksuele ondertone. En dis maar net die tippie. Fiksie wat friksie tot gevolg het. ‘n Klomp dickheads dreig toe almal wat aan die rolprent gewerk het met die dood en dat hulle die baaiskoups wat die film durf wys, sal afbrand. Fokken amazing hoe baie mense dink probleme in ons ou landjie kan met vuur opgelos word. Dat ‘n rolprent oor besnydenis se glans nou so oorskadu kan word deur kortsigtiges. Word groot man. Fok.

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat vyf! Week 6 van 2018 – Space karre, Zuma, oom Angus en voorvelle

    Gooi Comment