Vat Vyf! Week 5 van 2018 – Eskom, Ace, homophobes en die #GuptaLeaks

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) Ek sweer, by Eskom hou hulle seker weekliks ‘n kenmekaar. Want net sodra jy vir Elmarie ken en geleer het sy speel panfluit en brei graag vir haar kleinkinders van Randfontein, word sy geskors. En Pravesh met sy maagseer, maar wat sulke warm kerrie eet, dat jy skoon Rennies kou vir sy part – poef, weg is hy, geskors oorlat hy Pritt gesteel het. En Matshela Koko, die impoesante hoof van kragopwekking wat altyd so gespog het hy sal enigiets vir sy stiefdogter doen. Toe doen hy enigiets vir sy stiefdogter. En toe word hy geskors. Maar toe word hy weer aangestel en julle het mekaar altyd in die kantien ge-wedgie. En nou is hy weer geskors. En dit net omdat hy versuim het om konflik van belange te verklaar nadat ‘n maatskappy waarin hy en sy stiefdogter aandele besit, ‘n tender van R1 miljard bekom het. Wanneer stop hierdie heksejag op vaders wat vir hul kinders ‘n hupstootjie in die lewe wil gee?

2) Nie fokken gou nie, dis wanneer. Vra maar vir ou Ace Magashule, ANC sekretaris-generaal en Vrystaatse Premier. Na hy en sy vervreemde dogter in 2011 herenig is, het hy uit sy pad uit gegaan om vir haar ‘n ou eiendomstransaksietjie te beklink waaruit sy R9 miljoen ryker geword het. Fokken lekker, pappie! Dit kom na die Valke laasweek sy kantore in Bloem bestorm het en op allerhande inligting beslag gelê het. En waar hy lekker gewag het vir sy skippie om in te kom, hoop ek hierdie is eenkeer wat die skippie die Aceberg gaan laat sink.

3) Die Nasionale Persklub het hulle Nuusmaker van die Jaar vir 2017 aangekondig. En die wenner is die uitgelekte Gupta-e-posse. Volgens ‘n woordvoerder, het die ondersoekende joernaliste van AmaBhungane, ‘n nie-winsgewende organisasie, dit reggekry om die inligting te kry, dit te verwerk en te publiseer. Klaarblyklik word die toekenning later in 2018 aan die AmaBhungane-span, die Zulu-woord vir miskruiers, oorhandig. Die Guptas, (die Zulu-woord vir “julle-kak-is-geboek”), was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

4) Daar is heelwat rooi gesigte by Vanity Fair, daai glossy selfwank tydskrif uit Trumpland, nadat hulle hierdie week moes erken iemand het te veel gom gesnuif en daar het heelwat redigeringsfoute op die Januarie-cover ingesluip. Die Januarie-uitgawe vier tradisioneel die room van Hollywood se rolprentbedryf en hierdie jaar het onder ander Nicole Kidman, Tom Hanks, Robert de Niro, Oprah Winfrey and Reese Witherspoon op die cover verskyn. En toe spat die kak. Want op die foto het Witherspoon drie bene en Winfrey het drie hande. Sulke embarrasserend. Aan die positiewe kant, gelukkig het Tom Hanks nie drie Oscars nie.
5) Onthou die naampie Steve Anderson? Daai anti-gay werfetter wat in 2016 toegang tot Suid-Afrika geweier is oor sy haatuitsprake teenoor gays? Hierdie week het hy dieselfde boodskappie gekry vanuit Jamaica. En toe hy op Twitter sy verbasing uitspreek, kry hy ‘n boodskappie van ene Jay John, ‘n aktivis wat 39 000 handtekeninge ingesamel het teen die pastoor se beplande besoek waar hy erken dis hy wat die petisie begin het. Anderson se response? “You can’t ban the internet, moron! More people in Jamaica are hearing about my preaching than ever because of your stupid petition. P.S. Get AIDS and die, faggot!” Sulke woede. Smaak my 2018 gaan ‘n helse an(n)us horribilis wees vir die drol.

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat Vyf! Week 5 van 2018 – Eskom, Ace, homophobes en die #GuptaLeaks

    Gooi Comment