Rol ‘n zol en klap Zionruts Family se reggae tunes

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Roots en reggae musiek was nogal ‘n constant in my lewe. Die eerste keer toe ek die chorus van Buffalo Soldier gehoor het was in 1983 in my Ouma se huis in Randburg. Ek was seker about ses jaar oud. My nefie het dit op Radio 5 (5FM se voorloper) gehoor en heeltyd gesing terwyl ons kattekwaad aangevang het en somehow het Bob Marley se musiek sy pad gevind snap-bang in ‘n konserwatiewe Afrikaner huis en vir ewig in my psyche in. Ek kry sommer nou hoendervleis. Musiek is fokken powerful, amper soos ‘n gesonde virus. Maar dit was eers sewe jaar later toe ek reggae behoorlik ontdek het. ‘n Tjommie van my se neef was ‘n polisieman wat by korrektiewe dienste gewerk het. Hy het ons ‘n lift gegee somewhere daar in Sunnyside en sy kar was vol Bob Marley en Lucky Dube tapes. Hy het Rastaman Vibration kakhard gespeel en dit het my mind geblow dat ‘n wit polisieman sulke musiek kan luister daai tyd. Sy verskoning was dat al die gevangenis dit luister en hy moes maar gewoond geraak daaraan. I didn’t buy his downplaying one bit en ek en my tjommies het Bob Marley t-shirts gekoop by die Oriental Plaza in Fordsburg en Rasta beads gedra om ons nekke en arms, piesangblare gerook en die Legend compilation stukkend geluister, so tussendeur my metal en rock tunes. Ek het eers baie later by Lucky Dube aanklank gevind.
Fast forward nog so sewe jaar vorentoe en ek het in ‘n videowinkel gewerk daar in Menlo Park, Pretoria toe ek ‘n student was. Elke Saterdagmiddag wanneer dit begin stil raak het die security guards wat die shopping sentrum opgepas het, die reggae special op Radio Shangaan kom luister. Ek het toe al ‘n paar jaar in die eerste Tings & Times uitgehang so ons het sommer daar in die shop geboogie. Teen daai tyd was ek into Burning Spear, Peter Tosh, LKJ en Black Uhuru – wat reggae aanbetref het, at least. Voor daai fancy Greenlyn Village gebou is (waar Capital Craft nou is) was die hele plek  ‘n parkie met ‘n booming underground shebeen wat daar ge-operate het. Ons video store klerke het te veel Zamalek skelm gedrink terwyl ons rolprentadvies uitgedeel het maar die zol was te madjat om daar te score.

Die laaste SA reggae artists/albums wat ek gevolg het was Lucky Dube voor sy dood (Monster album in 2006) en toe Tidal Waves tot en met hulle Afrika album (2007) en daai anti-corruption Rapolotiki video wat in 2008 of 2009 release is. So ek was nogal excited toe Zionruts Family vir my hierdie album van hulle gestuur het. Ek hoor way te min SA reggae deesdae.
Rutsman Spice (hoofsanger en groepleier) en Thenjiwe Bekezela “Zion Dawta” Khumalo (back up sanger en groepverteenwoordiger) het Zionruts Family begin in 2014 – alhoewel hulle almal al van 2012 saamgejam het. Die band is ‘n fusion van Zim/Mzansi peeps en klanke en die res van die familie is Blessing ”NaughtyBoy” Shamu op baskitaar, Mthakazelwa SkinKhala Mavimba op ritmekitaar, Kenny Davies Mwanza op die hoofkitaar en Ras Talkmore Mandimika op die tromme.

Rutsman Family se tunes is lekker authentic Carribean reggae met kakbaie Afrika ook ingeroer so of jy nou Rastafarian is, ‘n ander religion aanhang of ‘n heiden is, dit maak nie eintlik saak nie. Die tunes is uplifting en promote vrede, liefde, samesyn en eendrag. Dis versoenend van nature. Dis hoe ek nog altyd reggae ervaar het, anyway. Jy moet selfs militant stuff soos Tosh in konteks sien, anders gaan jy op jou witperdjie wil klim. Reggae het ook ‘n dik chill vibe waarvan ek hou, probably omdat die groot geeste wat dit begin het so gerook was soos spoke toe hulle die tunes gebou en ontwikkel het het daar in Jamaica (en later in die UK). Selfs nou dat ek nie meer zol rook nie, sit dit my onmiddelik op ‘n chill stasie as daai staccato downstroke rhythm kitaar begin jol en veral as daar ‘n moerse klomp space is tussen elke noot. Dis hipnoties, tribal and individual, maar ook baie spiritual.
Paar van my favourite tunes op Life Cycle? Shinga het ‘n meer Suider-Afrika invloed en al kan ek nie die woorde verstaan nie (dit klink soos Shona) kan ek hoor en voel dis ‘n moerse inspirende song. Dit gaan volgens Rutsman Family oor volharding en nooit opgee nie, maak nie saak hoe tos die situasie is nie. Die toekoms word stukkie vir stukkie sonder haas gebou. Just the Other Day is weer meer in die lyn van old school Bob Marley and the Wailers (toe hulle begin international appeal kry het). Fokken sweet reggae tune met daai bekende ritmes waarvan ek nou-nou gepraat het en super kief bass lines ook. Rutsman Spice sing in Engels die keer en verduidelik hoe moeilik dit is om te baklei teen die geprogrameerde sisteem. Die gees van die song laat my nogal dink aan daai bekende Bob Marley tune:

You got the horse race
You got the dog race
You got the human-race
But this is a rat race
Rat race!

Duidelik, ja.

As jy van reggae like gaan jy hierdie band en album wil hoor. Zionruts Family sing ook in Swahili, Zulu, Tswana en is ook besig om aan ‘n Afrikaanse reggae song te werk. Dit lyk my die album is net beskikbaar by hulle live shows op die oomblik, maar kontak dalk die band direk om uit te vind waar julle dit in die toekoms ook kan koop as julle ‘n show kan bywoon nie. Hulle promotional toer vir Life Cycle het ook al begin en jy kan hulle volg op Twitter en Facebook.

Dit lyk my hulle is nou in die Laeveld en volgende by Molly Malones, Sabie Tube Race en dan mission hulle Durbs en Moederstad toe. Check hulle ook op Youtube, Soundcloud, Reverbnation and Hocty.com.

Rol met (of sonder) ‘n dik reggae zol, mon!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesRol ‘n zol en klap Zionruts Family se reggae tunes

    Gooi Comment