The Amblers – The Dustling Man EP review

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Distortion is niks nuuts in rock and roll nie. Die van julle wat die kuns van recording smaak en verstaan sal my meer kan vertel oor presies waar dit alles begin het en die verskillende tipes distortion en sekerlik ook die evolution daarvan. Ek vermoed dit het alles begin by dieselfde oorsprong waar rock and roll ultimately begin het. Die blues. Howlin’ Wolf dalk? Ek weet nie presies nie. Geek bietjie uit in die comments section en leer ons ‘n ding of twee van die begin van distortion in rock and roll as julle lus voel.

Ek weet wel toe ek ‘n maergat puisiegevreet grunge kid was het ons baie The Kinks geluister omdat dit nogal na aan grunge geklink het. Luister weer bietjie hulle song You Really Got Me (1964) wat Van Halen weer in 1979 gecover het. Was daai The Kinks original die begin van modern distortion in rock and roll? Could be, maar Hendrix was vir seker die eerste artist wat distortion genadeloos in my klein wêreldjie ingestrum en onderstreep het. Daai Live at Monterey show (1967) waar hy Wild Thing van The Troggs (1966) gecover het en sy kitaar met petrol bestrooi en toe summier aan die brand gesteek het en letterlik opgeoffer het aan die rock and roll gode. Jirre, dit het my mind geblow op sestien. Ek kry nou nog hoendervleis as ek dit check.

Nou ja, ek sal die hele week hier sit en skryf oor allerhande rock and roll vertakkinge en tipes distortion maar kom ons fast forward na ‘n meer recent en spesifieke sound toe. In die laat 1990’s en early 2000’s het bands soos The White Stripes en The Black Keys die rock and roll time continuum weer in ‘n hele ander rigting ingestuur. Sure, ek hoor jou jy kan seker ‘n klomp voorbeelde noem van bands wat amper so sound gehad het voor hulle. Die feit is beide bands het ‘n fokken unieke sound uitgekerf wat commercially suksesvol begin word het, soveel so dat baie ander bands hulle ook begin “copy” het daarna.

The Amblers is, obviously ‘n paar dekades later, een van daai bands wat deur hulle sound beïnvloed is. Dis nie rêrig blues vir my nie. Maybe at a granular level omdat dit so rou is, maar dit klink eerder vir my na rock and roll met ‘n slow groove ritme en lekker vieslike vuil distorted kitare. Maybe te veel vir 2017? I don’t know man, dit hang af waarvan jy hou. Gaan luister weer die Bleach album van Nirvana (1989) en hierdie album sal spaarsamig met distortion klink. Behalwe vir die rhythm section ala Jason Hinch wat die groove en pas aangee en die kitaarsound brought to you courtesy of Justin Swart, is die songs ook surprisingly catchy. Justin se vocals is nogal na aan Dan Auerbach sin maar vir seker nie ‘n carbon copy nie – die lyrics was bietjie links verby my die eerste keer toe ek dit geluister het but I caught on eventually na ‘n paar keer se luister. My favourite tune op die EP? Sometimes, no contest. Dis ‘n befokte voorbeeld van ‘n captivating drum groove wat perfectly inblend met eenvoudige chords en licks, laid back smooth echoed vocals en distortion wat nie overdone is nie. Check dit uit as jy van lekker vuil distortion sounds like!
https://play.google.com/music/m/Apefc4dvm4yolkhbcgcri37lts4?t=The_Amblers

RolbeesThe Amblers – The Dustling Man EP review

Gooi Comment