Slegte mense moet ook seker trou?

In Snotstories deur griffinRek jou bek

Troues bring die absolute slegste in sommige mense uit. Jy kan nie regtig familie kies nie en dis nou een van daai groot lewensgebeurtenisse waar vriende en familie noodgedwonge onder een dak met mekaar moet saamleef vir so paar ure – jou tannie wat nie kan ophou skinder nie, daai neef met die huge alkohol probleem, die aangetroude niggie wat so rondslaap en skandes oor die familie bring, die rassistiese skoonfamilie wat om gods naam net hulle bek moet hou tot die eerste rondte speeches klaar is, die fancy vriende van vriende van die familie wat hulle neuse optrek vir die geregte en alles van die decor tot die DJ vergelyk met die talle troues wat hulle al “oorsee” bygewoon het. Vir baie mense is dit ‘n absulote nagmerrie maar tog voel hulle dat hierdie die belangrikste dag in hulle lewes is en dat hulle dit net oor en verby wil kry sodat hulle in vrede op honeymoon kan gaan en begin begin kinders bou.
Kom ons wees nou maar doodeerlik met mekaar – mans voel oor die algemeen ‘n fok vir die reëlings rondom troues. As meeste van hulle kon kies, sou hulle dit probably net geskip het en in die hof getrou. Of dalk glad nie getrou het nie. Maar om die vrede te bewaar en vir die onhalwe van at least ‘n broeknaai, val hulle maar in met die reëlings en sê maar net ja en amen vir alles. Just get it fokken done.

Dis min of meer die premice vir Tali’s Wedding Diary. Die creators van SuzelleDIY het dit reggekry om met ‘n skreeusnaakse mockumentary vorendag te kom. Julia Anastasopoulos en haar man, Ari Kruger het elke noot fokken raakgeslaan met hierdie reeks en ek beskou dit as ‘n moerse deurbraak vir Suid-AFrikaanse TV. Jy ken Julia natuurlik vanaf die YouTube reeks, Suzelle DIY. Gaan kyk gerus ees so paar van daai episodes voor jy Tali’s Wedding Diary binge, net om te sien hoe sy die karakter van Tali absoluut nail – ‘n spoilt, Joodse Joburg prinsessie-slash-kugel met ‘n poesryk pappa wat alles vir sy dogtertjie doen, soos om te betaal vir die poesduur troue en alles wat daarmee gepaard gaan. Hy het moontlik haar BMW suv ook cash gekoop en betaal vir die hele relocation na die Atlantic Seaboard waar sy en haar verloofde hullsef tydelik vestig in Bantry Bay.

Tali is ‘n fokken annoying bitch. Haar skril stem, haar fancy Joburg aksent, haar faktap mannerisms en basically net die hele manier hoe sy haarself gedra en ander mense om haar soos kak hanteer gee mens die fokken horries. Sy is die middelpunt van alles. Sy moet wees, want sy het ‘n film crew commission om die run-up en beplanning en uiteindelike troue te dokumenteer. Pappa het mos zak. Haar arme aanstaande, Darren Nudelman (sy van is aspris gekies om soos ‘n loser te klink) is ook ‘n karakter op sy eie. Tipiese Joodse Joburg boytjie wat die property game in Kaapstad aanvat. Daai tipe besigheidsman wat alles wil gentrify soos wat Woodstock deesdae daarna uitsien. Maar sy verlofde, Tali is die een met die ballas. Hy is haar vloerlappie.
Tali’s Wedding Diary was ge-inpireer deury Julia se eie troue met director, Ari Kruger. Hulle gedeelde sin vir humor was deel van wat hulle saamgebring het en hulle het baiekeer gelag met die build-up van hul eie troue. As jy van SuzelleDIY gehou het gaan jy beslis vir Tali haat – ons praat hier van haar karakter: ‘n self-obsessed, selfie-befokte teef van Johannesburg se ryk, Noordelike voorstede. Die tipe vrou met meer geld as empatie, personal trainers en meer entitled as al die lede van die EFF gesamentlik. Dis soos ‘n car crash waarvan jy nie af kan wegkyk nie. Jy gaan dit actually like, want jy ken so iemand. Of maybe identifiseer jy met die Kaapstadse creative scene – die arme dose wat vir Tali ‘n ‘epic’ wedding invite moet verfilm en deur al haar kak PowerPoint presentations moet sit. Die hippies is ook nie gespaar nie. Daar is ‘n scene in een van die 8 episodes waar ‘n spul hippies op die grasperk sit en vir mekaar ‘n onsigbare, denkbeeldige ‘energiebal’ aanpas. Jy sal dalk vind dat jy hardop tune: “Jirre, dis presies hoe daai fokken stupid Cape Town hippies is. Blerrie dose!”

Moet dit nie ‘n skip gee nie. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd kan ons weer trots wees op ‘n locally produced comedy. Dit herinner nogal aan The Office – die styl waarin die reeks verfilm is – half hidden cam, half aspris om die akward dele vas te vang wanneer die karakter  direk vir die kamera kyk en dan half skaam vinnig wegkyk. Dis uitstekend gedoen. Binge watch hierdie naweek Tali’s Wedding Diary. Jy kan vir twee weke lank verniet Showmax se free trial ‘n probeerslag gee.

Sign hierso op vir ‘n 14-dae free Showmax trial – daar is so paar duisend uur se entertainment. Jy sal glad nie eers ‘n dent in die content kan maak nie, maar ons kan jou verseker dat twee weke genoeg tyd is om te besluit om die diens te hou of te cansel.

As jy van ons vorige reviews gemis het en jy soek lekker leesstof, gaan krap hierdo rond: http://www.watkykjy.co.za/tag/showmax/

griffinSlegte mense moet ook seker trou?

Gooi Comment