Basson Laubscher and the Violent Free Peace – Testify

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Welkom in 2018! Dink net bietjie mooi daaraan – die jaar twee-duisend-en-agtien. What a mind-job! Deesdae is die jare wat ons betree elke Januarie die tydperk wat low budget sci-fi movies in die early eighties probeer uitbeeld het. Baie van daai movies speel af in hierdie tyd maar het ‘n moerse koue oorlog feel gehad, so asof die Amerikaners try voorspel het wat hulle dink sal gebeur as die kommuniste sou wen. In baie van die movies was some authoritarian fascistiese regering aan bewind en in ander was die son so kakwarm of die weer so onleefbaar dat mense nie lank buitentoe gegaan nie. Nuclear oorlog was imminent of het reeds die aarde verwoes, mense het mekaar geskiet vir net ‘n bietjie skoon water of ‘n faktap skorro skorro of blikkieskos. Ja, anargie was aan die orde van die dag in daai movies. Shit, ek kry nou koue rillings. Thanks Democracy, hoor!

Die soundtracks van daai movies was meestal monotonous synth soundtracks en alhoewel dit nou kak klink het dit ‘n baie futuristic sound gehad daai tyd, maar ek dink nie daar was een movie wat ek kan onthou wat die interwebs (soos ons dit vandag ken) voorspel het nie. Ook nie dat Amerikaanse soul blues, country and rock revival tunes so ongelooflik sou uitbrei oor die hele wêreld nie. Ek dink nie enige iemand het nie, maar as die USSR die koue oorlog met ‘n totale aanslag gewen het was die musiek in die wêreld vir seker baie meer tos. Darem een befokte ding van Amerikaners is hulle musiek. Sure, dis nou meer ‘n niche market en maak miskien nie so baie geld op die pop charts nie (daai is nou kak musiek) maar jy gaan dit in verskillende lande hoor op die kleiner circuits en as jy weet waar om te soek natuurlik ook op die interwebs.

Let’s face it, niemand in SA sou my in die jaar negentientagtig kon glo dat ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar ‘n album soos hierdie in 2017 sou release nie. Ek weet ek sê dit dalk te veel but that’s really something, man! Alhoewel ek al voor dit van Basson Laubscher gehoor het van sy Zinkplaat-dae (ek was nie ‘n moerse fan nie) het ek hom die eerste keer live gesien by STRAB 2015. Hy was saam met die Kaapstad crowd daar, of course en het saam met Crimson House of Ann Jangle gejol as ek reg onthou, maar hy het ook die laaste aand swaarde gekruis met blueskitaarspelers wat ek al jare geluister het soos die Akkedisse, Piet Botha, Albert Frost, Gerald Clark ensovoorts. Hy is nogal ‘n groot dude en kan ‘n kitaar ernstig fokken seer maak maar hy kan ook met finesse speel. Ek onthou een solo performance van hom wat my baie impress het ook. Ek dink dit was ‘n tribute tot BB King, Thrill has Gone as ek reg onthou? Ek het nie eens geweet van die Shakedown EP nie, so ek was nogal bly om verlede jaar te hoor dat hy en sy band ‘n vollengte album record het.
Die album is ‘n testament tot die wyer geloof van rock and roll, I tell you my brothers and sisters! Die title track skop sommer af met iets wat klink soos The Blues Brothers. Right in your face! Die spul akteurs en musikante van Chicago natuurlik met daai lekker soul gospel en brass section sound. Dis die begin van die jaar so ek is nog stadig en het nie soos altyd in depth research gedoen into elke liewe artist wat op die album gespeel het nie maar die brass section moet of Nick Becker of Jess van der Merwe wees. Dis ‘n gamble maar dis een van hulle of altwee dalk? Please Lord, just tell me Albert Frost had nothing to do with this album, anders lyk ek weer soos ‘n doos toe ek hom uitgelaat het met Anton Goosen se review.

Lost en Going Home het weer so chilled travelling country feel. Laasgenoemde song het ‘n Warren Zevon chorus ook. Soos op Werewolves of London. Ahoooo! Rattleshake is weer skurwe Texan blues en Drag me Down is equally skurf maar klipharde blues rock en ook my favourite tune op die album. Dit skop meer gat as Chuck Norris op Angel Dust. Wat? Ek het lanklaas ‘n Chuck Norris joke gehoor, man. Wat nog van vertel. Die volgende tune het ek ‘n case of serious misheard lyrics gehad. Basson sing wat? You make me wet? Joh joh joh. Ok nee, dis eintlik You make me wait! Old Town klink meer adult contemporary rock of wat ookal mens dit noem.  Nog steeds right on par, though.

Die res van die album is all good and tight musically. Wag bietjie, die laaste song Bonnie and Clyde is net so ‘n gatskopper. Hoe authentic is hierdie musiek in ons tyd, vra jy? Well, dis altyd die probleem, nê? Authentic as opposed to what? Ek gebruik gewoonlik die ouer geeste of ander artists net om julle mooi direksie te gee van waarmee ons te doen het en dit sal nogal unfair wees om hierdie album te try vergelyk met die old school originals wat dekades terug record is. Veral omdat so baie genres betrokke is hier. Dit beteken nie nuwe tunes in ‘n verskeidenheid ou genres kan nie original wees op sy eie manier nie – en bygesê deesdae word ‘n artist se sound nie uitsluitlik op hulle live recordings uitgebeeld en dan perform hulle dit slaafs na om verkope te boost nie. Not always. Ek weet nie of dinge meer so eenvoudig is nie. Hierdie mense het allerhande solo projects, colabs en ander projekte aan die gang all of the time and they’re also having fun with trying different things. At least is dit hoe ek die music scene sien van buite af.

As jy nog nie het nie, gaan luister Basson Laubscher and the Free Peace Band se nuwe offering and testify!

Kry hom hierso op Google Play music! 

RolbeesBasson Laubscher and the Violent Free Peace – Testify

Gooi Comment