Aambeie – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos?, Snotstories deur griffin en Chopper Charlie1 Eiertjies

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Aambeie

Hoewel dit nogal tos moet wees om iets trosagtig te hê wat aanhoudend in jou binneboude krap, is ons hier meer ongelukkig oor die woord “aambeie”.
Kon die taalvaders en puriste nie met ‘n minder romantiese woord opgekom het vir boudkwale wat moontlik aan luiheid verwant kan wees nie? Aambeie klink so asof dit een of ander eksotiese dis mag wees wat met ‘n pikante sousie en glasie versnitwyn, waarvan die naam beswaarlik uitspreekbaar is, voorgesit moet word. Of dalk met room: “Twee porsies aambeie en room vir my en my verloofde, asseblief.”
Wat van “boudbessies”, “ketefbessies” of “kezonkie-neute”?

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

griffin en Chopper CharlieAambeie – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Comments

  1. Gemaskerde Sopbeen

    Ek het my kopie al a paar keer deurgelees ….nogsteeds baie funny.

Gooi Comment