Vote vir Watkykjy se PK van die jaar!

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand het ons een lekker stywe PK uitgedeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa. Maar nou sit ons met die pappie van PK’s hier… die PK van die jaar! En jy kan help besluit wie dit moet kry. Hieronder, ‘n sinopsis van 7 van ons most worthy PK ontvangers deur die jaar… wie kry jou stem vir die PK van die jaar? Gaan vote sommer nou in ons poll! Hy is aan die onderkant van hierdie artikel embed sowel as in sy gewone spot, hier regs op die website.
Februarie se PK was uitgedeel aan Riaan Lucas.
Die naampie het vinniger opgang gemaak as ‘n aspirerende country-sangeres by ‘n tweederangse vlooimark. Die belhamel is mos die man wat met Joost van der Westhuizen se dood, hom tot anti-sosiale media gewend het en ‘n meme gepos het oor hoe happy hy is dat nog ‘n witmens gevrek het. Voor jy kon sê: “Jirre Kallie Kriel, het jy gewig verloor?” toe wend ‘n magdom mense (dit was nie Slegs Blankes nie) hulle tot Facebook, die Rooi Kruis Kinderhospitaal, die Ermelo Lesbiese Veerpyltjie Forum en daai kollega by die werk wat altyd langer pis as wat hy moet, om te kla oor omgekeerde rassisme.
Maart EN April se PK ontvanger was dieselfde persoon. Presifokkendent Jacob Zuma.
Op laerskool het my juffrou met die Mmusi tussen haar buuste my geleer mens begin nie ‘n sin met “En toe” nie. Maar toe het Zoom-zoom sy kabinet geskommel. En toe dank hy Pravin Gordhan af. En toe kry ons kredietstatus ‘n afgradering. En toe kry hy dit reg om drie ministers wat gedurf het om kritiek te lewer teen van sy besluite, om omverskoning te vra. En toe besluit hy die goed georganiseerde ZumaMustFall optogte is rassisties. En toe parkeer hy in een van daai parkerings vir gestremdes net buitekant Menlyn. En toe bars hy ‘n blinde kind se ballon en skop ‘n klein worshondjie dat die kak wit sit. En toe het hy erken hy is die doosbrein agter al die call centres wat mens bel en enigiets van lewensversekering tot vakansies op Prieska aan mens probeer afsmeer.
Mei se PK het gegaan aan ons eie Angus Buchan in drag, Gretha Wiid.
Dis nou die kaskenner. Kaskenner? Ja man, soos in is jy in die kas of uit die kas uit? Is jy the real deal of is jy kammakastig. As jy ‘n tottie het, hou jy van Kasper of Kassandra? So paar jaar terug het die kastige kaskenner boekies met die naam Lyfslim vir Seuns en Lyfslim vir Meisies geskryf waarin sy in karavaantaal 9 – 13-jariges kasty met haar breedvoerige kennis oor die moeilike grootwordjare. Sy het ‘n hele pienk kasteel mense de moer in gehad toe foto’s van ‘n bladsy of twee uit die boekies op Facebook geplaas is waarin sy toe reken jy kan gay raak van klavierspeel en skaakspeel en as jou pa dood is of as jou pa jou nie liefgehad het nie. Oorvereenvoudig ek? Miskien, but when in Rome… Liewe Gretha, die woord is gayregte. Nie gayverkeerde.
Junie se PK was gedeel. Ironies dat die ou Afrikaanse spreekwoord sê die deler is so goed soos die steler. Want Atul, Ajay en Rajesh Gupta steel vir die eerste span.
Die revelations in die senutergende #Guptaleaks sage het net bly opstapel en het in Junie al ingesluit:
• Die Vrystaatse regering het grotendeels die rekening van die 2013 troue by Sun City van die Guptas se niggie betaal.
• Mosebenzi Zwane, destydse Vrystaatse what-what vir landbou, het saam met die Guptas na Switserland gevlieg om hulle te help om die Optimum Steenkoolmyn op te raap.
• Malusi Gigaba, Minister van Finansies, het sy mag gebruik om burgerskap aan die Guptas toe te staan, baie vroeër as wat die wet toegelaat het.
• Faith Muthambi, vorige Minister van Kommunikasie, het vertroulike staatsdokumente met die Guptas gedeel.
• Des van Rooyen wat vir 38 sekondes Minister van Finansies was, se trippie Dubai toe in 2015 is deur die Guptas betaal.
• Die Guptas het ‘n voorkeur vir wit personeel gehad het en het daarop aangedring dat sekere poste deur blankes gevul word.
• Die Backstreet Boys se vorige CD cover is deur een van die Guptas se penvriende se niggie ontwerp.
• 7de Laan het op aanbeveling van die Guptas nie Oubaas se kontrak hernu nie.
• ‘n Dierewelsynsorganisasie is omgekoop om die Guptas se naam te bump op ‘n lysie om volgende ‘n worshond by hulle aan te neem.
Julie se PK? Wel, ons het gevoel daar was gronde om dit toe te ken aan Andile Mngxitama, die leier van BLF (Black First Land First).
Natuurlik het ons geweet die snotfokker sou die gronde by ons wou afvat. Want dis mos die een ding waarvoor hy onthou wil word. Op sy grafsteen (op ‘n graf op grond in wit besit) sal daar staan: “Hier lê Andile, opperste doos, Gupta skootbrak en Bell Pottinger lakei. Hy wou die grond terugvat, maar toe vat die grond hom terug. Rus hard moederfokker.” En vir hom om blanke joeraliste te dreig en saam met sy 14 ondersteuners buite hul huise te protest, is nie fokken koel nie. Om blankes te dreig dat daar massa grondbesetting gaan plaasvind op 31 Desember 2017 en dat hulle hul moet voorberei vir die terugneem van die land, dis sommer net boktos. En om boonop gevinger te word in die Guptaleaks e-posse waar hy opdrag ontvang het om ‘n kak artikel te skryf oor die BizNews redakteur, Alec Hogg, is verregaande.
Augustus se PK het gegaan aan ‘n rolmodel uit Benoni en dis nie Charlize nie. En aangesien ons ontvanger self nie skaam is om tot geweld oor te gaan nie, het ons Grace Moergabe, gebore ‘n nooi Marufu in die hoofstad van die Oos-Rand, gevra om nader te staan vir ‘n ligte blik-Zim teen die oor. Zim se presidentsvrou was mos op ‘n ou besoekie aan sonnige Suid-Afrika toe sy ‘n 20-jarige model met ‘n Westerse van (“Engels” nogal) met ‘n extension cord aanval. Dit het als gebeur in ‘n hotel in Sandton waar die Moergabes se twee seuns aan’t kuier was. Die twee lamsakke het die dosepad gekies en weggehardloop toe hulle besef Mamma is naby. En hier’s die sad ding… een van die twee het ‘n swanger kelnerin van die hotel uit die pad gestamp en sy het haar baba verloor. Natuurlik het ons wonderlike regering gehoor gegee aan Grace se versoek om diplomatic immunity. Nou het Grace boonop innocence gepleit en beweer sy is geframe.

September se PK was ‘n spanpoging. Die Springbokke.
Patrioties sal ek bly. Want wen is nie alles nie. Maar om 57-0 te verloor teen Michael Flatley en sy manne is darem verregaande. Een van my ex-pat pelle in Nieu-Seeland was so bedruk na die tyd dat hy ‘n hele bottel Mrs Balls blatjang gedown het. En toe ‘n streaker vir meer aksie gesorg het as die hele Bok-span, toe is die gort gaar. Hoe deal mens met so iets? Dis sommer terstond bygevoeg by die lysie van die goed in die lewe wat die moeilikste is om te verwerk. Soos as jy agterkom jou ma en agterkleinniggie is dieselfde mens. Of as jy uitvind dat jy en Glam Guru verwant is. Of as jy in die kleedkamers agterkom selfs die biblioteekprefek is ‘n groter boekwurm as jy. Of as iemand by die werk op jou split dat jy jou hol op die afrolmasjien wou kopieer en die glas gekraak het. En so kan ek aangaan. Maar aan die Bokke, manne, iewers het julle spelpatroon meer voorspelbaar geraak as ‘n episode van Murder She Wrote.
So wie verdien Watkykjy se Poesklap van die Jaar award?

Wie moet Watkykjy se 2017 poesklap van die jaar kry?

CHECKIE RESULTS ARGIEWE

Loading ... Loading ...

PK MalherbeVote vir Watkykjy se PK van die jaar!

Gooi Comment