Musiek het maar ‘n manier om op die regte tyd op te daag – Andra

In Rolbees Reviews deur Rolbees2 Eiertjies

Met kwaliteit albums wil mens kwaliteit reviews skryf maar hoe verduidelik jy jou gevoel daaroor? Dis soms makliker en soms moeiliker en iets waaraan ek elke week dink. 2017 was vir seker ‘n goeie jaar vir SA musiek wat kwaliteit en productions aanbetref en SA musos het alweer die bar hoog gaan stel. Dis moerse lekker om dit te sien verbeter elke jaar, dis vir seker. Ek het Andra nog net een keer live gesien en nog nie haar vorige recorded werk aandagtig gaan sit en deurluister of absorbeer nie. That is until now of, course.

Beide haar vorige albums is release jare voordat ek begin reviews skryf het en ek het dit obviously gemis. ‘n Hele paar verskillende mense het my ‘n heads up gegee oor hierdie een maar ek wou net soos oudergewoonte die vorige albums ook gaan luister. Om artists se albums te vergelyk met mekaar gee my ‘n goeie indikasie of daar progressie is. Daar moet progressie wees in enige iemand se career want as daar nie is nie, gaan die musiek irrelevant word vir either die artist self, of vir fans, of vir beide. Het ek die vorige albums geniet? Ja, ek het nogal van ‘n hele paar van haar intense donker acoustic tunes gehou. Dis van daai beautifully eenvoudige maar ook komplekse musiek. Difficult to describe en die produksies was goed maar nie noodwendig consistently great op elke song nie. Sy doen ook folky bluesy stuff wat sag op die oor is vir my. Ek is wel nie mal oor daai Spaanse tune nie though. Bit too much for me.

A Sound or Something More het my net onmiddelik ingetrek en behalwe vir my subjektiewe smaak moet daar sekerlik ‘n ander rede wees daarvoor? Andra was nice genoeg om op kort kennisgewing ‘n paar probing vrae te beantwoord, net om my in die regte rigting in te help. Een van die vrae was spesifiek oor haar ouer musiek vs. haar nuwe musiek. Die gist van haar antwoord?
“Elke album is die produk van my ervaringsveld en waarnemings en gevoelens op ‘n spesifieke stadium van my lewe en daarom kan ek nie sê een is beter of anders as die ander een nie!”

Ek wou ook weet of, wat die nuwe album aanbetref, sy dalk doelbewus iets anders gedoen het (musically of wat songwriting aanbetref).
“Musiek het maar ‘n manier om op die regte tyd op te daag, selfs al is songs JARE gelede al geskep. The right song always shows up at the right time, for the right listener. My werk is wel, weereens, nie om die songs te ontleed nie, maar om songs te skryf en aan te beweeg sodat ek nog kan skryf, en weer aan kan beweeg. As n artist begin om te probeer uitfigure wat die resep of purpose is, dan maak hulle nie meer art nie – dan maak hulle afgewaterde weergawes van iets wat alreeds bestaan. Decay. Death. No thanks. Ek dink dis belangrik dat ‘n artist uit hulle eie pad uit bly sodat die songs hulle ding kan doen. The songs know what to do.”

Kief, I get it maar hoe help dit my om uit te figure hoekom ek dink die nuwe album is befok? Andra is duidelik nie een vir vasgestelde reëls, ander se opinies of om die groep slaafs na te volg nie. Sy volg haar eie artistic gevoel en ek dink nie sy kan self verduidelik hoekom die album so ‘n nerve raak geslaan by mense nie. Great albums need real artistic talent.

Die eerste song vra ‘n baie geldige vraag. Wie van ons is tans werklik vry? As jy die movie Easy Rider (1969) al gecheck het, sal jy onthou wat George Hanson (Jack Nicholson) getune het. Meeste mense wat ‘n genuine free individual gewaar gaan te kakbang wees vir so persoon. Arme George Hanson het dit nie lewendig uit die movie gemaak nie omdat ‘n klomp good ole boys hom en sy tjommies nie gelike het nie. Die tweede song, Drowning, sluit aan by die eerste een. Nevermind om vry te wees, is ons nie dalk besig om te verdrink as ‘n society nie? Great albums se songs laat jou dink oor jouself en die wêreld waarin ons woon en what a bonus as dit so inmekaarvloei en jou intrek in ‘n eie ekosisteem van klanke en idees. My Dreams Forget to Join Me is (volgens my interpretasie) ‘n song oor drome wat nie altyd waar word nie, die ouderdom en die ewige battle tussen die hart en die verstand. Ek dink ek besef nou vir die eerste keer hoe persoonlik al die songs op die album is maar ook hoe relevant dit is wat ons samelewing aanbetref. Walls is nog ‘n great track wat my herinner aan ‘n stadige Nine Inch Nails tune. Please Don’t Wake Me is weer ‘n “klap jou hande” stomping bluegrass boogie. Lekker verskeidenheid van songs op dié offering. Great albums kan verskillende dinge beteken vir verskillende mense.

Andra het al die songs geskryf, gekomponeer en ook die album produce. Sy tokkel enige ding met ‘n snaar van ‘n elektriese kitaar tot ‘n ukulele en alles inbetween. Haar stem is uniek en het die vermoë om soos ‘n saltry Bonnie Tyler te klink of, quite the opposite, om soos ‘n melankoliese Tori Amos in jou oor te fluister. Dit is wel ‘n stem wat out of control kan klink met tye maar sy het die perfekte kombinasie tones op die album raakgesing. Daar is ook ‘n hele verskeidenheid musikante se insette wat die album ‘n sukses gemaak het (Brenda Burnit, Eben Groenewald, Hugo Radyn, Barry Steenkamp, Jaco Lotter, Riku Lätti, Raldo Mattheus, Jaco Naudé, Tanja Fransen, Wynand Davel en selfs Andra se woefie, Banjo (op vocals). Andra het eers demos en meeste van die pre-production klaar gedoen in haar eie klein studio en toe saam met Jaco Naudé by Robin Fernie se Scherzo Productions studio gaan opneem. The Bug Song is opgeneem by Wagon Wheels Records. Great albums het great musikante en professionals nodig.

Ek het Andra gevra oor die gebruik van sound effects en of dit gimmicks en party tricks is.
Ek verpes gimmicks en party tricks, om heel eerlik te wees. Al die klanke op elke song is geweldig significant en persoonlik – and the right people will get it. Klanke sit mens in ‘n kamer, in ‘n droom, in ‘n nagmerrie, in ‘n gevoel, in ‘n memory, in ‘n wens… so, ja, klanke maak natuurlik n verskil. Stilte ook. En die intention daaragter en die emosie daarvan nog soveel meer. Ek glo meeste van dit wat mens raak in musiek is die invisible, inaudible aspekte agter die klanke, nie altyd die klanke opsigself nie.” 

Haar antwoord is baie interesting want dit tie in presies met dit wat ek gesukkel het om te verwoord. Ek gaan nogtans probeer om dit uit my perspektief te verduidelik: Die spesifieke klanke en komposisies wat sy gebruik en die vermoë om moods of ‘n sekere gevoel en ‘n boodskap daarmee oor te dra het my laat aanhou luister en toe weer en toe nog ‘n keer. Op elke song op die album maar What If is nog ‘n goeie voorbeeld. I guess great albums het net iets wat jy nie altyd perfek kan beskryf nie. As jy nog nie het nie, gaan luister hierdie album. Dis fokken great!

 

 

 

Deel met jou tjommies!

    RolbeesMusiek het maar ‘n manier om op die regte tyd op te daag – Andra

    Comments

    1. Benji

      Thanks vir jou great reviews. Ek het haar album gaan luister en gekoop. Jy’t my ook Albert Frost se The Wakeup laat koop. Sien uit na jou volgende review. Cheers….

    2. Rolbees

      Thanks Benji! As net een persoon dit geniet is dit al klaar die moeite werd! So baie verskillende kief tunes out there en dit word net beter en beter!

    Gooi Comment