Happy 2018 en alles van die zefste – 100 piele tunes om jou die nuwejaar in te vat!

In Kief musiek deur griffinRek jou bek

Voor jy play druk en ons uitkak oor die bedrieglike headline kan ons jou net sowel vooraf waarksu dat hierdie playlist sommer net so gevat is van iets wat ons einde 2015 aanmekaargesit en gepost het. Om Chopper se goeie ou vader te paraphrase: “Hier teen die einde van die jaar was ons so moeg, ons holle het begin oophang”. Vir ‘n verandering het ons so bietjie laat slaplê hier teen die laaste twee weke van Desember. Dis maar net daardie tyd van die jaar – algemene gatvolgeit, slapgatgeit en net so bietjie tyd vir ‘n fokken blaaskans. 2017 was ‘n kakbesige jaar gewees. In regte lewe ook, hoor. Nie net hier op die intertubes nie. Dis dalk beter om eers in 2018 te reflect oor wat alles in 2017 gebeur het want volgende jaar (jirre, dis reeds more al volgende jaar) gaan ‘n fokken monster wees. 2018 is volgens die Chinese die zodiac van die hond, maar ons predict dat dit die jaar van hondak gaan wees. Fokken baie dinge gaan gebeur, veral in Suid-Afrika en veral binne die eerste twee maande. Wanneer Suid-Afrikaners in holiday mode is, is wanneer konte soos Zuma die sneaky kak pull. Moenie worry nie, sy dae is ge-fokken tel, maar meer daaroor in 2018. Ons gaan die kristalbal vroeg in die jaar uithaal en so bietjie polish.

Dank fok vir musiek, though. As dit nie vir musiek was nie, het baie van ons dit probably nie gemaak tot waar ons vandag is nie. Alhoewel hierdie 100 tunes oud is, is dit nie outdated nie. Nuwe musiek beteken nie noodwendig cooler musiek nie. In fact, daar is reeds so fokken baie nice musiek gemaak oor die laaste paar honderd jaar dat jy nooit ooit na alles sal kan luister nie, so wie het nuwe musiek nodig? OK, nou is ons besig om konterig te raak om ons luiheid te probeeer justify maar luister na hierdie 100 kief tunes. Stream dit deur jou TV of sound system. YouTube parties op nuwejaar maak altyd vir lekker entertainment.

Net ‘n vinnige ernstige note: Hierdie tyd van die jaar is vir baie mense die alleenste wat hulle ooit voel. Depressie en angs is ‘n vieslike siekte en die meeste van ons sien dit nie as ‘n siekte nie. It is fokken real, maats. As jy in ‘n hoek gedruk en alleen voel, kontak asseblief die South African Depression en Anxiety group voor jy iets drasties en stupid doen. Gesels met iemand.

Hier is vir jou 100 piele tunes om jou besig te hou vir ten minste 5 ure lank. Happy 2018 en alles van die zefste!

griffinHappy 2018 en alles van die zefste – 100 piele tunes om jou die nuwejaar in te vat!

Gooi Comment