Elf local music videos wat ons totes gemis het in 2017, vriendin!

In Kief musiek, Snotstories deur griffinRek jou bek

Ons het besluit om vir Rolbees so bietjie van ‘n blaaskans te gee. ‘n Blaaskans om sy wiele te pomp voor hy ons weer in 2018 join met sy in-diepte reviews van befokte en soms minder befokte Suid-Afrikaanse live musiek, albums en videos. So in plaas van ‘n review is hier ‘n lys van elf local music videos wat somehow nie oor ons radar gekom het nie. Daar kan verskeie redes daarvoor wees – ons was besig, PR ageniences flood ons met generic bulk emails of ons het dit net pleinweg gemis soos ‘n stopstraat omdat ons deur die kak is.

O ja, in case jy wil galbraak omdat 4 van die elf videos Francois van Coke related is – tussen homself en Fokofpolisiekar het hierdie ouens probably die hardtse van almal gewerk in 2017. Plus ons verwys jou na die titel van die artikel – dis videos wat ons in 2017 somehow misgekyk het, né?

As jy reeds agter die stuurwiel sit op pad na jou holiday en jou stukkie lees hierdie storie vir jou, laat hy of sy dit sommer deur die kar se blue theeths klap. Dis veertig minute minder se musiek waaroor jy hoef te worry. Het jy meer local videos vir ons lys wat ons dalk gemis het in 2017? Drop ‘n comment en ons sluit dit dalk in ‘n “deel II” in volgende week. Gaan maak net mooi seker dat dit wel nie op Watkykjy was nie.
Lost & Found – Can Anyone
Hierdie is Lost & Found (met Glen Hodgson van The Parlotones en Jason Oosthuizen , ex-Van Coke Kartel drummer) se tweede music video. Dis ook ‘n tune wat op hulle nuwe album sal feature wat vroeg in Januarie uitkom. Die Watkykertjies wat op en wakker is sal dalk agterkom dat Cindy Pretorius een van die gooses in die music video is. Sy het so jaar en ‘n half terug gefeature as een van ‘Watktkjy se Woensdag se warm bokkies’ – gaan loer ‘n koek hier as jy dit gemis het. Ag… ons bedoel koekeloer…

Francois van Coke – My Hart
Jirre shame, Francois se brakkie, Ringo (‘n fokken awesome bulldog) is so paar weke na die realease van hierdie video dood. Die hondjie is die groot ster van die video vir My Hart, vanaf Francois se nuutste album, Hierdie is die Lewe. Dis nice om so befokte tribute vir ‘n familielid te kan verewig. Ek het self begin om meer videos van ons Rottweilers te neem, want ons Border Collie is toevallig ‘n week na Francois se hond dood en my hart het ook lekker kak gevreet…

The Black Cat Bones – The World’s in the Halos
Chris van der Walt het sommer about alles vir hierdie fokken song gedoen. Hy’t hom recorded gemix, bass daarop gejol en sommer die video ook gemaak. Black Cat Bones disappoint nooit nie. Terloops, het jy hulle gig hierdie jaar by Oppikoppi gesien? Fok, ou. Dit was lit!
*skuif millennial poeshoed effens vorentoe oor kop terwyl klem op lit geplaas word*

Karen Zoid – Weg wêreld
Vanaf haar album, Op Die Oomblik (Deel Een) – een van Suid-Afrika se beste albums vir 2017. Ons het ook vroër die jaar haar visuele album bespreek wat op Showmax beskikbaar is. Gaan lees gerus hierso meer daaroor op in case jy dit gemis het.

Francois van Coke – Die Wêreld is Mal
Hierdie song is weereens vanaf sy tweede solo-album, Hierdie is die lewe

Arno Carstens – Tjoepstil
Hier teen die einde van 2016 het Arno sy solo-album, Die Aandblom 13 release. As hy in 2017 uitgekom het, sou ek Karen Zoid se album ‘n plekkie afgeskuif het. Jire, hierdie is ‘n briljante album. Kry dit!

Loki Rothman – EMENINEM mashup
Askies? Die fokken watse wat? Loki het met ‘n fokken fantastiese EMENINEM mashup opgekom. Voice, guitar en beats (wat eintlik maar guitar en ‘n stomp box is). Hoekom het hy hierdie video gemaak? Want iemand het hom ge-challenge is om dit te doen. Toe fokken nail hy dit. Hierdie is my favourite video in vandag se lys.

Fokofpolisiekar – Dis in my bloed, baby
Hierdie is die eerste track vanaf daai miljoenrandfokofalbum, Selfmedikasie. Befokte lekker animation. Die video sou oorspronklik net ‘n lyric video gewees het maar dit het soveel meer geraak. Die animator het carried away geraak en toe word dit ‘n music video. Genuine fokken cool gedoen! Well done, whoever jy is.

Spoegwolf – Geel
‘n Vinnige search op Watkykjy reveal dat ons nog aandag gegee aan hierdie band nie. Ken hulle glad nie. Ons sien op Facebook dat sommige mense wat hulleself as die geleerde tipe Afrikaners in die hogere kringe ag, met groot bewondering van hierdie groep jong Afrikaanse mans van die Pêrel af praat. Die Taalmonumnent is tog iewers tussen daai koppies. Of dit dit nou vlaktes of fantastiese heuwels? Hierdie ouens kom vir my effens voor as die dominees se seuns tipes wat chinos dra en suiwer praat. Ek mag verkeerd wees. Ek is heavy fokken judgmental in elk geval, so fok my opinie. Dis nogal ‘n moerse cinematic video en die lyrics is onder die video vir jou gerief en ontleding. Wat belangrik is, is wat JY daarvan dink, vriendin. Laat weet ons gerus …

Lirieke:
Ek het jou ontmoet
in al daai geel
jy’t daai doos by jou gehad
ja, die een wat my nagemaak het
en ek moes speel
oor al my swart
die slaaploopdroom wat my rug ophou
die ding wat my my lewe lank dophou
en nou vir jou
bou jou lewe bo my
hoog genoeg dat die donker jou nie kry nie
Julie
kan ek weer begin voor al daai geel?
jy’t dit als op jou gesit
gesê dat ons net uitgedink is
en volg jy in al my swart
op die wolktrappad wat my wakker hou
die ding wat ek my lewe lank dophou
maar nou vir jou
bou jou lewe bo my
hoog genoeg dat die donker jou nie kry nie

Fokofpoliskiekar – Selfoontoring van Babel
Selfoontoring van Babel is track 5 vanaf Fokof se nuutste album, Selfmedikasie. Soos met Dis in my Bloed, Baby is hierdie ook ‘n lyric video, maar die animator het nie so carried away geraak nie. Nietemin nail dit presies wat dit moet doen – lyric video. Onthou, in die 80s en 90s het lyric videos sulke simpel wit bal gehad wat oor die woorde hop. Hierdie is beter.

Bittereinder – Donderwolk
Video geskiet en ge-edit deur Louis Minnaar. Check sommer vir die lyrics onder die video. Dis ‘n lekker enetjie…

Lirieke:
Rondomtalie om en om, donker soos ‘n donderwolk, alles is nog opgefok
Kots drip oor my trotse tong, verraai ek net my eie volk? Hoor ek nog die stem van God?
Skryf hierdie op Kersfees, dominee in die kerk preek, hoor jy hoe my hart breek?
Kan jy dalk die vuur wees? Medisyne vir die vrees, kan jy my ook aansteek?
Neonligte flikker, elektriese ritme, die donker kom van binne
Rook blaas in kringe, ruik dit op jou vingers, ons almal is nog kinders
Whiskey bottel uitgedrink, ou dinge weer uitgevind: ek’s die vlees wat tyd verslind
Spook soos ‘n warrelwind, verloor dit soos die government, nee wag, ek’s OK met dit

Oooooooo Here God vat my nou
Vat my nou, vat my nou
Want ek kan niks meer onthou nie

Ek loop soos ‘n spook rond, skeur soos ‘n oop wond, iets in my bly hoopvol
Blaf soos ‘n groot hond, stilte in my dood-mond, sluk my soos die oop grond
Boxing Day is uitgereën, hartseer in die algemeen, jakkals wat my wakker skree
Nog ‘n jaar is ingekleur, nog ‘n droom is uitgevee, nog iemand het opgegee
Mense wat met geld speel, digitale selfbeeld, dít moet mos die hel wees
Bons tot my nek breek, mans moet mos sterk wees, dinge wat ons wegsteek
Tyd is op vir boek skryf, flieks wat ek nog moes kyk, leemtes in ‘n huldeblyk
Stemme in die woestyn, roep my deur my bloedlyn, kom Jaco, dis sulke tyd

 

griffinElf local music videos wat ons totes gemis het in 2017, vriendin!

Gooi Comment