Wat vat dit om Led Zeppelin te cover in Suid-Afrika?

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Wat is die eerste ding waaraan jy dink as hierdie band se naam of hulle musiek hoor? Grootste rock band in die geskiedenis van rock and roll of overrated diewe? Raak jy excited of verveel hulle jou? Trek hulle jou aan of is jy nie veel gepla nie? Ek weet eintlik min van hulle geskiedenis af, net die basics wat ek gelees het in ‘n paar biografië en die interwebs se usual snippets, maar daar is baie redes hoekom ek unashamedly ‘n Led Zeppelin fan gebly het vir meer as sewe-en-twintig jaar. Dit het alles met die musiek te doen. Ek is redelik seker dat dit baie dieselfde aspekte is wat dit so moeilik maak vir musikante om hulle songs te cover. Maak geen fout nie, daar is ‘n moerse lang lys van oorsese musikante wat Led Zeppelin covers en tributes gedoen het oor die jare. Gaan google dit maar self anders gaan ek ‘n boek skryf. Op eie bodem is dit skaarser as SA music venue eienaars wat artists se belange heel eerste stel. Daar was onbetwyfeld nog altyd ‘n versigtigheid in die global rock and roll community om die challenge aan te pak en ek onthou back in the day toe hair metal bands soos Kingdom Come, Whitesnake en Great White hulle sound te na aan Led Zeppelin begin skoei het was daar onmiddelik ‘n backlash. Gary Moore en Ozzy Osbourne het die song Led Clones record en ‘n streng waarskuwing gerig aan enige musikante wat sou waag om die “heilige klanke” te “leen” sonder die nodige toestemming. Bottom line is: Led Zep is ‘n heilige koei in rock and roll. Deesdae is daar nog steeds bands soos Greta van Fleet, wat net sowel hulleself Led Zeppelin Lite kon genoem het.

Die ontwikkeling van Led Zeppelin se spesifieke klank is die onderwerp van baie debatte. Persoonlik dink ek dit het baie te doen gehad met wie elkeen van die lede individueel was toe die band ontstaan het (meestal session musos met jare se ondervinding wat op ‘n punt gekom het waar hulle reg was om hulle eie ding te doen) maar dit het ook baie met die tyd, plek en die geluk (en ook ongeluk) wat die rock and roll gode hulle kant to gegooi het toe hulle uiteindelik as die vier berugte band members saam begin speel het. Dit het net so veel te doen gehad met hulle uiteenlopende individuele musiekinvloede soos blues, rock and roll en folk (Jimmy Page het funk, reggae, doo-wop, synth-pop en rockabilly begin saambliksem). Moenie vergeet van hulle ongeëwenaarde musikale eendrag nie. Dit klink soos die modus operandi van meeste bands vandag, né? Wel, diverse genres was nie die norm daai tyd nie en dis hoekom hulle so rewolusionêr was. Sure, daar was baie ander bands wat ook awesome shit gedoen het oor dieselfde tydperk, maar hierdie band het iets anders ook gehad. Superpowers, ‘n inherente gevaar het hulle oral gevolg, hulle kon die atmosfeer in ‘n plek bepaal en reguleer, hulle het ‘n unieke mistiek en flambojantheid gehad. Hulle was terselfde tyd seksueel en spiritueel en hulle het nooit gesettle om dieselfde musiek oor en oor te maak nie. Jy kan al nege studio albums gaan luister en hoor hoe hulle hul eie artistic boundaries met gemak push en elke keer was dit teenstrydig met die manier waarop die status quo, die media en selfs die fans hulle wou uitbeeld het. Dink byvoorbeeld aan hulle derde album wat baie swakker verkoop het as die voriges en net toe almal gedink het hulle is toast het hulle die epic untitled Led Zeppelin album uitgebring. Ja, laasgenoemde is die een met Stairway to Heaven op. Onlangs het daai album ses-en-veertig jaar oud geword en dit klink nog splinternuut vir my. Daar was ook ‘n baie vreemde telepatiese konneksie tussen al vier lede en selfs vandag, as jy in tap op daai energie as ‘n fan of cover artist, vat dit jou na eerie mystical plekke toe.

Kan die Led Zeppelin experience ooit nagemaak word deur ander musikante? Hoekom probeer as dit so moeilik is? You must be out of your fucking mind, right? Well, dit was nog altyd conventional thinking vir ons hardcore Led Zep fans. Dit is admittedly bietjie fundamentalist. Skuldig, soos aangekla. Musikante is bewus daarvan dat hulle name in die slag kan bly, hulle met bierbottels gegooi kan word of hard met ‘n vals kitaar gebliksem kan word, selfs hulle careers serious skade kan aandoen. Die mees basic toets is die cringe toets. If you can’t feel it, it’s shit. Net ‘n klein bietjie feeling was al waarvoor ek gehoop het toe ek die Led Zeppelin tribute show gaan kyk het by die Good Luck Bar. Wie se skuld is hierdie tribute? Blameer dit maar op Jason Oosthuizen wat duidelik te veel ballas het. Hy het die band uitgekies en die hele set en alles. Het hulle ‘n paar weke afgeboek soos sane mense in ‘n perfekte wêreld dit sou doen? Nee, in true South African spirit en style het die crazy fokkers vyf rehearsals gehad en normaal voortgegaan met hulle main gigs, album launches en what not. Wie is die res van die brawe siele wat die amper onbegonne taak gaan staan en aanpak het?
Jason Oosthuizen het vintage dromme ter ere van Bonzo gebliksem (ja hy het sy hande ook gebruik tydens Moby Dick), Martin Cito Otto moes daai gevreesde Robert Plant vocals doen (no pressure at all), Werner Bosman moes Pagey se legendariese licks raak druk (ja hy het ‘n double neck guitar ook gebruik), Chris van der Walt moes met epiese bass lines soos op Ramble on en Black Dog die band op die regte pad hou (hy het ook ‘n solo gejol… soos ‘n alien version van John Paul Jones). Jones het gesorg vir meesterlike synth en keyboard contributions en Neil Breytenbach moes daai unieke ambience probeer capture. So het hulle dit reggekry? Ek sal julle nou vertel, kom ons kyk eers na die songs wat hulle gecover het. ‘n Selection van Led Zeppelin se mees bekende songs vanaf die eerste ses studio albums (uit die nege wat hulle record het) en wat strek oor ‘n tydperk van ses jaar. Good Times Bad Times? Dazed and Confused? Hell yeah, al daai goeie oues! Daar was so nou en dan ‘n paar klein foute wat net anal fanatics sou agterkom maar met hierdie tipe kaliber musos kan jy vir seker wees elkeen sal tegnies op die ball wees, selfs onder immense pressure. Om net tegnies uitstekend te wees is egter nie goed genoeg vir ‘n Led Zeppelin tribute nie. You have to tap into the sonic energy and become part of the songs. Not just individually. Collectively, en dan moet jy nog die audience oortuig jy is for real in jou interpretasie.
Aan die begin van hulle set was ek skepties en dit kon enige kant toe gaan. Ek het nie dadelik die sinergie gevoel nie maar iets amazing het gebeur soos wat die hele show progress het. I saw them try, I saw them struggle a few times, but I saw them overcome the challenge and knock the tribute show out of the park! Paar dinge het vir my uitgestaan: ek het hoendervleis gekry met Stairway to Heaven (wat ek bittermin min luister deesdae juis omdat ek nie meer hoendervleis kry nie). Ek het Since I’ve Been Loving You baie anders gevoel as normaal weg, ek kon sien die band members kon die power van die songs op stage aanvoel en het connect met die crowd, gedurende The Song Remains the Same en Kashmir kon ek my oë toemaak en saam met die band na ‘n ander universe toe travel.
Paar keer kon ek sien hoe hulle al meer en meer begin connect as ‘n unit, most notably een keer waar hulle so saam gedrom het om Jason terwyl hulle ampere uitstoot en oordromme laat verkrummel. Daarna was die crowd heeltemaal betower en almal aan hulle voete. Die laasgenoemde twee songs is die moeilikste om te nail maar hulle het dit flawless gedoen. Niemand sal ooit Led Zeppelin se leemte kan volstaan of ‘n performance afpull wat naby hulle kom nie maar ek het wel besef iets mystical kan gebeur as dedicated musos respekvol ‘n tribute doen en hulle alles gee.
Dis vier massiewe skoene waarin hulle moes staan, maar hulle het dit reggekry om ‘n moerse nerve raak te speel, soms dieper en meer akuraat as ander kere, maar dit was solid en powerful en hulle het die Good Luck Bar vol fans saam met hulle gevat. Aan al die musos, well done! Hou asseblief aan want dit gaan net beter en beter raak. Thanks for doing this when many people probably warned you not to, or begged you not to fuck it up. Dit wys net weer dat as jy die ballas het om dinge te doen waarvoor ander te bang is, sal dit dividende betaal. Meer mense moet hierdie tribute show sien en ek hoop ander stede in SA sal ook ‘n beurt kry!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesWat vat dit om Led Zeppelin te cover in Suid-Afrika?

    Gooi Comment