Vat vyf! Week 47 van 2017 – Mugabe fokof, Dolly maak zak en Oscar kry ‘n kak deal

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) In enige speech word bedankings gewoonlik vir heel laaste gelos. En na 37 jaar se speech oor hoe die Weste verantwoordelik is vir die meeste van sy land se probleme, het Robert Mugabe by sy bedankings uitgekom. Wel, bedanking. Jip, die ou fossiel het bedank. Kyk, die laaste keer wat daar soveel in die strate gedans is, was by my Oom Joggie se tweede troue met sy agterkleinniggie destyds in Witbank. En desnieteenstaande die feit dat daar duidelik fokkol skort met die ou krimpie se immuniteit (hy is 93 fo-fak-syks), het die dick in dictator nou boonop immuniteit teen vervolging ontvang. Sy voormalige adjunk-president, Emmerson-Lake And-Palmer, wat twee weke terug deur Mugabe afgedank is, volg hom nou op. Ag. Ek is sommer bly vir die landjie. Hande-op-die-knieë-klap-bly. Mapstieks.

2) Forbes het sy lys van die hoogsbetaalde vrouekunstenaars vir 2017 bekendgemaak. Dis gebaseer op hul inkomste voor belasting tydens die periode 1 Junie 2016 – 1 Junie 2017. Daar is nie massiewe verrassings nie. Ok, actually is daar twee huge verrassings. Dolly Parton. Op 71, beklee sy die 6de posisie in die Top 10 verdieners met $37 miljoen. Wys jou, ‘n goeie 9-5 bring wel die sente in. Ander naampies op die lys is Beyonce (heelbo), Adele in die tweede plek en Taylor Swift in die derde plek. Juanita du Plessis is in posisie nommer 21 517. Dankie Zuma. Dankie dat ons geld so kak is en die kunstenaars met sulke kleingeld tevrede moet wees. Sulke opstaan-vir-ons-musikante.

3) Die kultus-freak Charles Manson wat in 1969 ‘n hele klomp alleen-kinders as volgelinge gehad het wat toe ‘n skrikbewind in Los Angeles gevoer het en op ‘n moordtog gegaan het en 7 mense doodgemaak het (amateurs) en toe daaroor gebrag het en nog meer volgelinge gekry het en toe in die tronk gegooi is en 12 keer parool geweier is alhoewel hy self niemand doodgemaak het nie, maar opdrag gegee het om die moorde te pleeg – fok, hierdie sentence is amper so lank soos syne – is dood. Natuurlike oorsake. 83. Fokker. En daardie laaste 3 sentences is amper so kort soos dié wat moordenaars in Suid-Afrika kry.

4) Daar was hierdie week so fokken min water in Johannesburgse rykmansbuurte, Bryanston, Sandton, Rivonia, Lonehill en Morningside, dat twee entrepreneurs met water-op-die-knie munt geslaan het uit die situasie en ‘n kakhuis vol geld gemaak het. Nie dat hulle anyways die kakhuis vir iets anders sou kon gebruik het nie. ‘n Pyp so groot soos die Katolieke Kerk se probleme, het gebars en paniek gesaai soos mense gebottelde water oral probeer opraap het. Die regmaak van die oepsie is beskryf as die grootse in die geskiedenis van Joburg Water. And that’s saying a lot considering ons praat van die spul waterhofies by Joburg Water hierso.

5) Arme fokken Oscar Pistorius. Terwyl almal berserk gaan op Black Friday met huge discounts, is hy seker die enigste ou wat nie afslag kry nie. Sy vonnis van 6 jaar op die 2013-moord van sy meisie, Reeva Steenkamp, is verhoog na 13 jaar. Ek skiem die man voel dalk effe gelem deur ons regstelsel.

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat vyf! Week 47 van 2017 – Mugabe fokof, Dolly maak zak en Oscar kry ‘n kak deal

    Gooi Comment