Vat Vyf! Week 46 van 2017 – Bob Mugabe se kak is geboek. Die Kaap s’n ook…

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) As jy Dallas onthou, sal jy dalk die episode onthou aan die einde van Reeks 38 waar Bobby wat dood is in die vorige reeks, skielik springlewendig in die stort verskyn het ten aanskoue van die lifde in sy lewe, Pam (sonder haar perd). Dit het mense se verbeelding aangegryp. Hoediefok? Waddiefok? Wanneerdiefok? Alles geldige vrae, maar toe Bobby sukkel om werk te kry in die regte lewe, het die vervaardigers hom ‘n tweede kans aangebied. Of dieselfde gaan gebeur met Bobby van Zim, sal net die tyd leer. Robert Mugabe wat al leier is van die land toe die Toyota Cressida nog ‘n statussimbool was, is na 37 jaar uiteindelik in ‘n hoek gedryf toe die Zim weermag hulle gatte gewip het en met tenks opgeruk het na sy majestieuse woning. Maar hierdie is een van daai ontwikkelende stories, want die een oomblik hoor ons Bob is gereed om duur handdoek in te gooi en die volgende oomblik dat hy weier om sy huis te verlaat. Die een oomblik is vroulief Grace blykbaar landuit en die volgende oomblik hoor mens sy is doening met kragwoorde en kragkoorde in hul majestieuse woning. Die een oomblik wens ons dieselfde gebeur in ons land van melk en seëning en die volgende oomblik word jy wakker en besef dit was als net ‘n droom. Nes Pamela.
2) Wie is die wêreld se sexyste man, aldus People Magazine? Wel, dit Blake ‘n country-sanger te wees. Nee, nie Lance James nie. Blake Shelton. Ek moes gaan Google om te sien hoe die vent lyk en suffice to say, as ek enigsens sou consider het om vir meer as net seep te buk, het hy my genees. Hy is seker nie skreeulelik nie, maar fokkit, was al die ander mans besig? Sy sin vir humor het Blakebaar (giggel onbeheersd) ‘n groot rol gespeel. Jirre. Casper de Vries, waar is jy tjomma? Jy het ‘n kans gestaan.
3) Dis nou so droog in die kaap, KY oorweeg om die hele fokken provinsie te borg. Die burgemeester, Patricia de Lil-lets het hiedie week met die polisie en die troepies vergader ter voorbereiding vir 13 Mei 2018, die gevreesde datum waarop verwag word die krane in die Kaap gaan opdroog. Dit sluit Nuweland uit, want daai kraantjies is lankal droog. Met die damme wat nou al vlakker is as Patricia Lewis, is Kapenaars gevra om hul bes te doen om nog meer spaarsamig te wees met water. En omdat almal weet die Kaap begin eers 10-uur in die oggende te werk, is almal gevra om hul wekkers vroeër te stel en reeds hier om-en-by 8-uur al te begin stres.

4) Sportenderwys, was dit nie ‘n goeie week vir Suid-Afrika nie. Chris Hani het hierdie week uitgevind hy gaan nie na die 2018 Wêreldbeker Sokker toe nie. Hoofsaaklik omdat hy dood is. Maar hy is in goeie geselskap, want Bafana Bafana gaan ook nie. Hulle het nie daarin geslaag om te kwalifiseer nie nadat hulle teen “insert country of your choice here” verloor het. En daarom is hulle ook dood vir meeste Suid-Afrikaners behalwe miskien vir Rocco de Villiers en die Glam Guru wat meer behep is met ander balsporte. Nee, nie rugby nie. Fokweet, daar gaan dit nog kakker. Die rekordboeke herskryf hulself op die oomblik met ‘n titaniese 38 – 3 verloor teen Ierland. En met daai verloor, het die Bokke bewys dat hulle nie eers wenners is as dit by verloor kom nie. Nope. Die grootste verloor hierdie week behoort aan SA Rugby wat sommer die hele fokken Rugby Wêreldbeker van 2023 verloor het teen Frankryk. Piss-poor form. Skies, ek bedoel Oui-poor.

5) En na al hierdie droewigheid, is dit miskien gepas om af te sluit met ‘n brokkie goeie nuus. Sunette Bridges het nie hierdie week ‘n nuwe CD uitgebring nie. Sien? Als is nie altyd sleg nie. Ek gaan nou in die hoekie sit en saggies murmureer…

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat Vyf! Week 46 van 2017 – Bob Mugabe se kak is geboek. Die Kaap s’n ook…

    Gooi Comment