‘n Recap van een befokte rock ‘n roll party – Even Cowgirls Get The Blues Part V

In Rolbees Reviews, Snotstories deur Rolbees1 Eiertjies

As jy hierdie een gemis het vat, gou ‘n teflon pan en moer jouself teen die kop. Sommer nog ‘n keer, want jy verdien dit. Veral as jy te bang was vir die koue. Die koue het vir seker baie mense weggehou maar dit het ook gesorg dat bittermin kampeerders hierdie keer die musiek net so half-half van buite af geluister het. Daar was heeltyd mense binne die warmer kroeg-area en voor die stage. Maak geen fout nie, hierdie show was ‘n team effort in alle opsigte. Watkykjy het saam met die SA Blues Society opge-team, Mystic Boer Brandy het hulle official launch ook die Saterdagaand daar gehou en die klank en gear is ook deur laasgenoemde gesponsor. Die eindresultaat was ‘n avant garde mengelmoes van millennial rock bands, country, blues en old school rock and roll classics. Die tipe tunes waarvoor ek lewe! Potskerf Potgieter en kie se pizzas het die knorpense se hongerte gestil. Wat meer wil jy hê? Lekker mense, baie booze, smullekker kos, venue met karakter en natuurlik befokte tunes!

Alhoewel dit die Vrydagaand al begin het, kon ek net die Saterdagaand gaan support. Dis nou maar my kreupel beperkinge, anders sou ek die hele naweek gegaan het. Wat my anyway al weer opgeval het is die vrygewigheid van die meer senior en gevestigde musikante om die stage te deel met ander wat nog leer of wat nog aan die begin van hulle rock and roll journey is. Ek kon ook van die nuwer musikante se performance vergelyk met laasjaar se blues festival en Camp Rock show en dit was ‘n baie interesting oefening.

** Sorry, Griff hierso. Ek moet net gou vir Rolballas in die rede val oor Vrydagaand – Die Horries was fokken fantasties gewees. Die Fourie-sussies van Nelsparta kan nogal ‘n paar note laat buig met daai klein verpiepte lyfies van hulle. Ag ma, jy moet hulle skouertjies sien. Klein botteltjies groot gif! Ek het op ‘n stadium gedink dat Vici Fourie se stem en attitude my effens herinner aan Juliette Lewis (van wie ek ‘n fokken huge fan is), maar na die debut show wat hulle opgesit het, kan Juliette so effens gaan kak. Net vir so week. Terug oor na Roldrol toe in die Watkykjy ateljee…**

Ek het Assegaai ongelukkig net-net gemis maar was darem betyds vir Die Afrikaner. Lekker varsity rock vibes wat ek geniet het. Hulle het ‘n lekker cover van Fokofpolisiekar se song met dieselfde naam gedoen. Dudes, as julle gigs by Afrikaans is Groot shows wil book kan julle julle band se naam na ‘Fok die Afrikaner’ toe verander! Ok, just kidding, moet asseblief nie my raad volg nie. Ek weet nie mooi wat die naam van Illimar Neitz se student band is nie, of dit nou The Good Doctor’s Beatle of die SA Blues Society band is, maak nie rêrig saak nie. Ek like net hoe musikante wat nog leer ‘n geleentheid gegee word om op stage te shine en boonop op dieselfde bill as ander groot name te jam. Jy kan nie daai smiles koop vir enige geld nie. Illimar se studente is letterlik van alle ouderdomme en ook verteenwoordigend van alle Suid-Afrikaners en selfs buitelanders ook. Die tunes wat hulle gecover het het gewissel van Muddy Waters, Howlin Wolf, Chuck Berry, Creedance Clearwater Revival tot Jimi Hendrix en Gary Moore. Illimar is soos ‘n dirigent wat in die agtergrond aan die kant staan en deur sy kitaarspel en met subtiele oogwinke en handtekens die hele concerto op stage in die regte rigting begelei, van begin tot einde. Kief rock and roll legacy, Illimar!
Donovan Borne het hope Bad Luck & Trouble gebring saam met sy authentic country vocals. Yeeehawww! Een van die min genuine country cover bands in Suid-Afrika. Jacques du Plessis, die bassist, lyk of hy uit Texas ontsnap het met daai woeste baard, cowboy hoed en boots van hom. Om James McMurtry uit konteks uit te quote: “He had to leave Texas, but he won’t say why”. Hulle het ‘n dik hillbilly good ol’ boy vibe, dis vir seker! Nie die tappit ene nie, die regte ene!  Jo Lom gooi ‘n mean banjo, ‘n dobro en ‘n lapsteel guitar ook. Johnny Cash en Kris Kristofferson is hulle tipe kos maar as jy vir Donovan Borne ken dan sal jy weet Warren Zevon moes sonder twyfel deel wees van die aand se verrigtinge. Nie prokurowers, gewere of pitte kon hierdie klomp cowboys stop nie. Nog ‘n yeehaaaw!
Die Mystic Boer het daai dag verjaar en die crowd het twee of drie keer vir hom gesing tydens sy set. Ek weet nie of hy huis toe verlang het nie maar hy het meer connect met die musiek as met die crowd. Ek het Valiant al meer kere live gesien as wat ek kan onthou en ek hou van beide die shows waar hy op die crowd fokus en dan weer dié waar hy op die musiek fokus. Hy het van sy ouer songs soos Ek is van Mening (Whisky Smaak soos Heuning) en van sy nuwer tunes soos Dubbel en Dwars met baie intensiteit gespeel en dit het sommer weer nuut geklink vir my. Daar was ‘n hele paar hoogtepunte maar ek gaan net twee uitsonder: hy het ‘n beautiful version van Oor ‘n Koue Oseaan (Dorpstraat Revisited) gedoen in ‘n heel ander key as gewoonlik. Ek is useless met note maar ek kon hoor dit was anders. Dis ook ‘n song wat ek hom nog nie baie live sien doen het nie. Manna uit die hemel vir ‘n ou fan soos ek! Die heel laaste tune was soos wat dit soms oudergewoonte is, Die Mystic Boer en Illimar Neitz het hom op stage gejoin. Illimar het op kitaar gevolg maar op ‘n baie respekvolle toned down wyse. Glad nie oordonderend nie en niks offshow-erig nie. Dit het net ‘n hele ander sound geskep. Ek like dit nogal as Valiant Swart ander artists intrek op ‘n song of twee. Variety is the spice of life (of so iets, het ek eenkeer my ouma hoor prewel).
Wie was volgende? O ja, Bright Lights Big City – die konings van die psychedelic blues rock boogie. Veral tydens die songs Heartbreaker, The Forgiving en Fader. Daai experimental jams van hulle wanneer hulle in die zone ingaan en die bluesgeeste treiter. Partykeer is dit langer as ander kere maar dis wat fans na live shows toe trek, is dit nie – die shit wat mens nie op die CD hoor nie? Die spontane en onvoorspelbare theatrics. Donovan Borne is ook mos ‘n akteur en fikser as die average blues muso so hy kan jou nogal intrek in die hele ding as hy aapkak op stage gaan. Met Jako Loots weer op tromme, Christiaan van Rooyen op bass en Jo Lom wat alles underscore met sy bekfluitjie het die Melkery full tilt ge-boogie… en toe is die aand verby … just kidding!
Die volgende artist se set was nogal ‘n verrassing. Blackwater SA se Martin Botha is een van Illimar Neitz se vorige studente.  Hy kon al verlede jaar by die Even Cowgirls Get The Blues IV bluesfest op sy eie voete staan maar hy was nog nie heeltemaal daar nie. Iets was missing en toe ek hom nou, ‘n jaar later, weer live check het ek geweet wat dit was. Baie dinge kan verander in ‘n jaar. Behalwe vir die ondervinding wat hy by gigs en in die recording studio opgedoen het, het Martin begin om sy eie groove uit te kerf. Hy speel meer tight saam met die band en hy is meer op sy gemak op stage. Wat het Morpheus getune in the Matrix? “He’s starting to believe”. Laasjaar het sy cover van Tracy Chapman se Give Me One Reason my impress maar hierdie jaar was dit sy eie song, Dark Place, wat my hook, line en sinker gevang het! Die mood, die powerful riffs en die gevoel wat die song jou gee. Great stuff! Op twee covers, Spoonful van Willie Dixon en Blues at Sunrise van Albert King het Illimar Neitz gejoin en leermeester en leerling het saam begin duel. Glo my, dit was iets om te beleef! Wie is Martin Botha of Blackwater SA, vra jy? Watch this space, dis al wat ek kan sê.
Die laaste band was van ‘n hele ander planeet af. Dis so classic nineties GenX, maar tog so millennial. Imagine ‘n mix van Garbage, Smashing Pumpkins, L7 en Pixies mooi toegedraai in ‘n modern glam-goth synth pop and rock vibe – wat eintlik glad nie ingeboks moet of wil word nie. Wat die band so befok maak is nie net hulle musiek wat catchy is nie maar elkeen van hulle het karakter. Individually en collectively.  Christiaan van Reenen lyk of hy net op stage wil wees vir die res van sy lewe met sy kitaar, Bronwyn Bing is die frontwoman waarvoor ons almal gewag het – bloedrooi gekleurde hare, sex appeal maar met ‘n onortodokse aura, sonder om terterig te wees. Daai powerful stem van haar pas perfek by die tunes! David De Veredicis het ‘n stage personality wat sê: I’m fucking playing my keyboard here, so fuck off, you! Jirre die dude hol rond op stage, nie noodwendig nugter nie, sigaret in die mond en torring aan al die ander band members – ‘n kruis tussen ‘n eighties new wave keyboard player met die attitude van ‘n jong Andy Warhol of ‘n meer ordentlike fashionable punk rock maniac. Andy Cappo het weer so moerse bos hare soos Sammy Hagar en val sy tromme aan asof hy Bonzo op flakka is. Treveshan Pather speel ‘n mean bass en lyk of hy die normaalste tussen die lot reprebates is. On second thought, nee wag, ek twyfel.
Die ding van Apocolypse Later is dat hulle nie lyk nie soos traditional rockers nie, maar tydens ‘n set, apocalypse hulle jou stukkend en dan weet jy later jy is hard gerock. Ek het Psychward Citizen en I’ve Done the Math (the Kids are Fucked) baie geniet maar toe doen hulle een van my favourite tunes van een van my favourite bands en smyt my in die sewende hemel in! L7 se Shitlist saam met niemand anders nie as ons eie Griffin op drums en die legend homself, Valiant Swart op electric kitaar. Die show het geëindig met nog ‘n favourite tune van my, ‘n original song van Apocolypse Later genaamd Mammal Girl met Griffin en Valiant nog steeds besig om van die fontein van jeug te drink.
Jis, vir almal wat die show Saterdag ‘n sukses gemaak het en vir al die bands wat ek gemis het Vrydagaand, dankie en fokken geseënd is julle almal! Dankie vir Towerjas Design wat dit wel reggekry het om so paar kief kiekies vir ons te snap. Hier is ‘n kakkerige samestelling van so paar selfoonvideos. Griff was te besig of te lui (pick one) om proper kameras en dinge te reel.

Tot die volgedne party!

Deel met jou tjommies!

    Rolbees‘n Recap van een befokte rock ‘n roll party – Even Cowgirls Get The Blues Part V

    Comments

    1. Nathan Berelowitz

      Two years ago I attended this event and this one was even better. Ek het dit moerse gelike and the overcast skies made for a lekker time indoors to appreciate the talented bands. Pizzas were numbah whan and went down like sideways, so good. Drinks a plenty and prices good and the mense there were so great and no attitudes just good solid fun en gees en…
      Can’t wait for next one.

    Gooi Comment