L.A. Cobra is Suid-Afrika se eie pielrukrockmusiek

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

L.A. Cobra – Shotgun Slinger
Hair metal (of sleaze rock soos meeste mense dit ken) is een van my guilty pleasures. Om eerlik te wees, dis in my zef bloed en ek smaak dit al hoe meer so met die ouderdom saam. Ek luister nog gereeld L.A. Guns, W.A.S.P, Warrant, Ratt, Poison en Def Leppard se early stuff en al daai lekker soortgelyke sluwe tunes. Hey, fok julle almal wat dit nie like nie! Hou op lees en gaan luister watookal cool is vir die sensitiewe deurmekaar kinders deesdae.

Ek het verlede jaar L.A. Cobra se album, How Much Snake Can You Take?, review en alhoewel ek baie van die konsep, meeste van die songs en overall sound gehou het, was die produksie en afronding net nie mooi up to scratch nie. Dit was met tye disappointing en bietjie amateurish. Dis te verstane, want hulle het daai album op ‘n shoestring budget record. Die derde album was ‘n aangename verrassing. Dis nou so twee weke vandat ek dit die eerste keer gehoor het en ek is nog steeds verslaaf aan Shotgun Slinger. Hulle het elke song laat shine op hierdie een en dit is in my beskeie opinie die eerste behoorlike hair metal album wat deur Suid-Afrikaners release is in die geskiedenis van SA rock musiek. Dis om die waarheid te sê ‘n befokte rock album, period.  Don Cobra tune dit was ‘n genuine team effort gewees want al die lede van die band het bygedra met die skryf daarvan en mens kan inderdaad die sinergie hoor van begin tot einde. Die Sweedse rock and roller, Martin Sweet (van Crashdïet en Sweet Creature faam) het ‘n befokte job gedoen met die mixing, mastering en producing van die album en ook baie van daai ekstra layered backing vocals gedoen.
Aan die een kant moet jy in ag neem die tegnologie het obviously verbeter sedert die dae van Robert John “Mutt” Lange se mndblowing produksie van Def Leppard se Hysteria (1987), maar aan die ander kant is talent duidelik herkenbaar en moet mens krediet gee waar dit verdien word, selfs in vandag se high tech tye. Ek gaan noodgedwonge ‘n klomp ander hairmetal-heyday-albums met Shotgun Slinger vergelyk: Mötley Crüe se Dr. Feelgood, L.A.  Guns se Cocked and Loaded en Ratt se Out of the Cellar. Hoe meer ek hierdie album luister, hoe meer dink ek dit steek glad nie sleg af teenoor al my favourite hair metal albums van back in the day nie.  Dit is wel so dat hierdie genre in sy suiwer vorm redelik static gebly het en nie moerse develop het oor dertig jaar nie maar is dit nie deel van die appeal vir ons ou garde wat mal is oor hierdie tipe rock and roll sound nie?

L.A. Cobra wat in 2017 ‘n niche genre promote wyk ook nie te veel af van daai resep van ouds nie maar ek hoor ook iets hier wat fokken kief en nuut is. Hulle het sonder om spesifieke bands te gaan copy wragtig melodieë en riffs gaan raakboor wat nog modern en befok kan klink! Shotgun Slinger is nog een van daai albums wat my in tyd wil laat terug gaan in ‘n time machine en die album in ‘n record producer op die Sunset Strip in Kalifornië se hand te gaan druk in die mid eighties en tune:
“Dê, hoor hierdie befokte kak”.

Dit sou soos soetkoek verkoop het daai tyd sonder twyfel. Daar is lekker zef solos, nothing elaborate, maar dis daar en dis lekker. L.A. Cobra het die nodige restraint en afronding reggekry met alles van vocals tot basic timing asook om die regte moods raak te nail. Ek voel nie rêrig of daar iets missing is nie en ek skat daar sou ‘n hele paar hit singles op die metal charts wees back in the day. Ride? Running Wild? War? Ek weet nie, die hele album is ideaal om hard te pomp op jou stereo. Tot jou ma sê julle moet afklim daar.

Rock and Roll Pretoria en Wrong Things Feel Right het vir my bietjie kak geklink aan die begin met daai tappit guitar tone wat klink of dit gebruik was as ‘n temalied vir ‘n Afrikaanse TV produksie uit die tagtigerjare. Ek dink ek verstaan wat hulle try doen het, though. Dit laat die zef hair metal sound ‘n bietjie nader aan’t huis kom. We are marching to Pretoria? Sarie Marais? Jirre Cobras! Ha! Dis mos lankal nie meer exclusive tot die States in die eighties nie, so kom ons maak dit ons eie in Afrika in 2017. Dis fokken weird, maar dit werk somehow. Happy Birthday vir gister, bra Don!

 

Deel met jou tjommies!

    RolbeesL.A. Cobra is Suid-Afrika se eie pielrukrockmusiek

    Gooi Comment