Die Blood Brothers show is uiteindelik presies waar dit moet wees. 2017 was gees!

In Rolbees Reviews deur griffin1 Eiertjies

Wat het ons gedink van Blood Brothers hierdie jaar? Third time is the charm of flou tee? Het ons van die hele produksie gehou of net van ‘n klein stukkie daarvan? Hat-trick of slap riempie? Voor ons julle tune, soos ouder gewoonte, net weer ‘n paar huldeblyke – ‘n buig, hoed afhaal en elegante swaai in die rigting van die Vrede Foundation en vir Herman Pretorius hou ons ‘n peace sign omhoog in die lug met twee vingers. “Vrede!” As jy weet waarvan ons praat sal jy hom voel. One more time. “Vrede!” Jirre, Watkykjy fokken haat kanker.

Was dit dieselfde show as vorige jare? Was daar baie veranderings? Kom ons begin by die begin. Drie van die nuwe artists op die bill die jaar het saam met ‘n Blood Brothers veteraandrommer sommer so met die inskopslag die Good Luck Bar begin stukkend rock. Ja, ons praat van Hanu De Jong, Chris van der Walt en Jaco Mans. Die veteraan? Jason Hinch natuurlik. Hulle rendition van Rage Against the Machine se Wake Up het die rock and roll gees in almal stadig begin wakker maak. Nog twee hardebaarde, Francois van Coke en Albert Frost het beide die drummers gejoin vir Foo Fighters se All My Life. Dis net daar dat almal sekerlik moes besef het op watter level die beligting, background video imaging en sound was en hoe befok die stage ge-rig was. Toe Loandi Boersma verskyn het met daai leernommertjie van haar was daar nie een droë broek oor in die hele Good Luck Bar nie. Laasgenoemde observasie is geborg deur Watkykjy se nuwe unisex refresher towel reeks.

Wie kon fokus op Hanu en Francois se befokte saamsing oomblik met Loandi ook op stage? Ons wonder of Rudi Norval so ideeloos in sy bed gelê en rondrol het en toe kry hy nog so Eureka oomblik: “Wat hierdie show nodig het is ‘n bassist wat so oor die hele stage rondtrippel en tong uitsteek vir almal in die crowd”. Jy het nog nie gelewe voor jy nie die Chris van der Walt shuffle beleef het nie, dis vir seker! Billy Idol se Dancing with Myself comes to mind. Albert Frost was ook weer op sy stukke met ‘n mengsel van blues en rock, most notably twee songs van daai SAMA wennende album van hom – dit het ‘n bietjie kontinüiteit verleen met verlede jaar se show. Kobus de Kock Jnr en Loandi Boersma se prom night losdans-twostep tydens Audioslave se Black Hole Sun (met Emil de Jong op kitaar) was ‘n push and pull treffer.

Garth Barnes (en Bugsy op dromme) van CrashCarBurn en Tweak het weer ‘n paar lekker memories teruggebring uit die nineties en vroeë naughties. Dit het vir seker die party vibe nog ‘n paar kerfies laat opskuif. Daar was nog verder kontinüiteit van die vorige Blood Brothers shows met ‘n paar ou crowdpleasers van beide die Bellville clan en die Black Cat Bones. Francois van Coke en Kobus de Kock Jnr het die pas help versnel met songs soos Antibiotika en Old Man Malone en ons het ge-headbang en gebons. Die ander veteraandrommer was soos voorbepaling niemand anders as Jason Oosthuizen en Andre Kriel was ook weer saam op stage. Daai drum sets was sulke twee oorstraffende trone daar agter op die stage. Die hele spul was daarna op stage om hierdie jaar se theme song op te voer. Breathe is ‘n spanner in kanker se papwiele – ja die siekte se dae is getel – daar is stemselterapie, geenterapie en nog ander treatments op pad om dit goed op te fok. Dis net ‘n kwessie van tyd, geld en ‘n paar slim wetenskaplikes met goeie oplossings. Die chorus van Breathe laat ons dink aan Depeche Mode se Wrong, maar dis ‘n powerful rock song en dis duidelik hoorbaar dat Hanu De Jong ‘n groot rol gespeel het met die skryf daarvan. Hanu het die song opgedra aan almal wat met die vieslike siekte moet saamleef… for the time being.
Dit was ‘n welkome treat om bietjie die De Jong broers se The Narrow songs te hoor ook hierdie jaar. Ons het wel gewag dat Hanu die Robert Plant vocals opfok tydens die Immigrant Song cover. Daai oomblik het toe nooit gekom nie. Rolbees is mos ‘n Led Zep fan en het sulke aapkak gegaan. Wat het ons nog gelove? Nie net het Loandi Boersma ontpop as ‘n female duet partner saam met Francois van Coke op Toe Vind Ek Jou nie maar ook as back up singer saam met Kobus de Kock Jnr op Please Don’t Touch (Motörhead en Girlschool colab) nie. Sy het uiteindelik die stage in eie reg oorgeneem met ‘n Cortina Whiplash song, Sherry Lady, oor girls wat al hulle geld op rock and roll parties spandeer.

Die enigste kritiek wat ons het is die swak sekuriteit na die show na die stage toe. Daar was some ‘onder die prop’ hooligan toegelaat daarbo waaroor ons baie ongelukkig is. Dit was totaal en al onaanvaarbaar dat hy net op stage kon klim en saam met Jason Oosthuizen begin dromme jol terwyl Punk&Roll op was. Hoe laat julle hierdie mense toe by ‘n gerespekteerde vestiging soos die Good Luck Bar? Watkykjy is net fokken bly ons ken glad nie vir Griffin nie.

Last but most definitely, not least. Beide Chris van der Walt en Jaco Mans wat vier-en-dertig odd songs moes leer en vir drie ure deur die hele show op top form moes wees. Al wat Watkykjy wil weet is: van watter planeet is julle werklik? Julle was die gom wat die hele ereksie aanmekaar gehou het. Oprigting is seker ‘n beter woord. Die hele ding waaraan almal so hard gewerk het man, fok.

Blood Brothers 2017 het dream team status bereik en ‘n unprecenented skaal van profesionaliteit bereik… en dis ‘n feit!

Well done aan elke liewe persoon involved! Julle kan die hele show weer hierso beleef:

Deel met jou tjommies!

    griffinDie Blood Brothers show is uiteindelik presies waar dit moet wees. 2017 was gees!

    Comments

    1. Christoph

      Jy’s delusional as jy dink dat Loandi ‘n goeie performance opgesit het. Nee man, jy sê mos ‘n ding soos hy is en hierdie ding was kak gewees. As ek iemand wou sien wat maak of hulle liedjies se woorde ken, sou ek eerder die volgende dag kerk toe gegaan het.

    Gooi Comment