Vat Vyf! Week 38 van 2017 – Helen Zille laat ons grille en dis ALWEER die einde van die fokken wêreld

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) HKGK. Jy gaan die afkorting in geen Afrikaanse woordeboek vind nie. Maar “Hier Kom Groot Kak” het al so deel geword van Suid-Afrikaners se daaglikse lewens, dat HKGK basies al volksbesit geraak het. Maar ‘n nuwe variasie het hierdie week kop uitgesteek: HakaGK. Want kyk, na die All Blacks laasnaweek hulle wenwalsie voor die game uitgevoer het, was dit beslis ‘n voorbode vir die grootste loesing wat die Springbokke nog in hulle lewe sou ontvang. 57-0. Sewe-en-fokken-vyftig-nul. Liewe bliksem! Nicholis Louw score meer, met of sonder die kous in sy broek. Dit was hartverskeurend om te sien hoe die groen-en-goud oorrompel is soos ‘n boer in ‘n two-tone-khaki-boetiek. Verloor is nooit lekker nie. Maar 57-0 verloor is kakker as ‘n root canal sonder narkose en beroof die deursnee Afrikaner van sy enigste hoop om goed te voel na ‘n week van 7de Laan, wellustige gedagtes en radio aanbieders wat hulle challenge om anders te dink.

2) Meer as 66% laerskool- en hoërskoolkinders in die Wes-Kaap het tydens dwelmtoetse wat randomly by skole uitgevoer is, positief getoets vir onwettige dwelmmiddels. Laat mens wonder oor al die skoliere wat ekstra klasse in tik loop.

3) As jy ‘n ding het vir vuil ou tannies, is jy in luck met die revelations deur Helen Zille dat sy net elke derde dag stort. Haar stortvloed van woorde het egter nog nie opgedroog nie en sy het ‘n joernalis wat ‘n artikel geskryf het oor hoe die Wes-Kaapse belastingbetaler blykbaar R90 000 betaal het vir ‘n watersuiweraar vir Zille se ampswoning, verbaal aangeval. Dis prysenswaardig as jy jou deel doen om water te spaar in die Wes-Kaap waar damme vlakker is as Karlien van Jaarsveld, maar of jy nou tot die extremes moet gaan soos Tannie Helen en erken jy was elke dag al die stink plekkies uit ‘n wasbak se water en stort net elke derde dag, weet ek darem nie. Sy spog ook oor haar olierige hare wat volgens haar nou soos ‘n statussimbool geraak het. Koppiekrap. Iemand moet hierdie tannie mooi dophou. Sy raak ‘n gevaar vir haarself en blyk tans mentally so fragiel te wees, dat mens haar gaan moet weghou van Verimark advertensies.

4) As jy hierdie komende naweek jou karretjie stamp en reken dis nie die einde van die wêreld nie, is jy dalk in vir ‘n onaangename verrassing. ‘n Hele spul doemprofete het na aanleiding van orkane, aardbewings, siklone en Romanz se nuwe CD, hierdie week wyd begin verkondig dat die wêreld hierdie Saterdag sy gat gaan sien waneer dit bots met Planeet X. Jy kan hierdie kak nie opmaak nie. Well, actually kan jy. Van die voorspellings is kammakastig deur NASA uitgereik. Either way, wag miskien maar voor jy die gras sny Saterdag.

5) Hierdie week was natuurlik ook Internasionale Myne-Is-Groter-As-Joune week. Noord-Korea en Amerika het almal se donder gesteel deur mekaar te dreig. “Ek gaan jou opfok. Ek gaan jou meer opfok.” Donald Trump en Kim Yong Un krap tans so in mekaar se slaai en die verhouding tussen die twee is tans so tense dat almal net hoop niemand bestel slaai met rocket nie.

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbeVat Vyf! Week 38 van 2017 – Helen Zille laat ons grille en dis ALWEER die einde van die fokken wêreld

    Gooi Comment