PK van die maand: September 2017 – Die fokken Springbokke

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar of hulle pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.

So wie kry September se PK? Die Springbokke. Patrioties sal ek bly. Want wen is nie alles nie. Maar om 57-0 te verloor teen Michael Flatley en sy manne is darem verregaande. Een van my ex-pat pelle in Nieu-Seeland was so bedruk na die tyd dat hy ‘n hele bottel Mrs Balls blatjang gedown het. En toe ‘n streaker vir meer aksie gesorg het as die hele Bok-span, toe is die gort gaar.
Hoe deal mens met so iets? Dis sommer terstond bygevoeg by die lysie van die goed in die lewe wat die moeilikste is om te verwerk. Soos as jy agterkom jou ma en agterkleinniggie is dieselfde mens. Of as jy uitvind dat jy en Glam Guru verwant is. Of as jy in die kleedkamers agterkom selfs die biblioteekprefek is ‘n groter boekwurm as jy. Of as iemand by die werk op jou split dat jy jou hol op die afrolmasjien wou kopieer en die glas gekraak het. En so kan ek aangaan. Maar aan die Bokke, manne, iewers het julle spelpatroon meer voorspelbaar geraak as ‘n episode van Murder She Wrote. Bons asseblief net terug voor julle game teen Australië. Want 57-0 teen die All Blacks is een ding. Maar ‘n sak-sarel verloor teen die Wallabies kan ‘n lelike nadraai hê.

Boys, hierdie gaan my seerder maak as vir julle. Nee genuine, om so klomp PK’s uit te deel laat ‘n man se hande effe gloei. Nietemin, line vir my op. Wie’s eerste? Ka-dwa!

PK MalherbePK van die maand: September 2017 – Die fokken Springbokke

Gooi Comment