Ons review Fokofpolisiekar se miljoenrandalbum, Selfmedikasie

In Rolbees Reviews, Watkykjy Interviews deur Rolbees5 Eiertjies

Jy kan Fokofpolisiekar soos in niks like nie, of jy kan hulle verafgod, of jy kan hulle kritiseer, of jy kan hulle erkenning gee, of jy kan hulle net verduur, of moerse baie geniet. Die feit bly staan – hulle is die mees suksesvolste Afrikaanse rock band in die geskiedenis van SA rock. As mens dit wyer vat na die multilingual Suid-Afrikaanse rock kategorie, raak dit bietjie meer complicated en dan gaan jy mooi moet spesifiseer watter maatstaf jy gaan gebruik, maar dis mos glad nie ‘n stretch om hulle way up there saam met al die rock and roll royalty te kategoriseer nie. Ons het almal net weer besef hoe populêr hulle nog steeds is na die crowdfunding-sukses van Selfmedikasie. As jy crowdfunding as maatstaf gebruik is hulle vir seker nommer een. Hulle hou die rekord vir die hoogste bedrag ingesamel tydens ‘n SA gebaseerde Rewards Crowdfunding platform. Net so bietjie oor ‘n cool million! Hoekom is hulle so suksesvol? Voor ek daai vraag try antwoord wil ek eers so bietjie teruggaan in tyd. In 2003 het ek die debuutalbum elke dag vir seker ‘n maand lank werk toe en terug geluister en ek het daai tyd al gedink hulle idees en musiek gaan ‘n opskudding veroorsaak. Mens hoef seker nou nie ‘n rocket scientist te gewees het om te besef het dat die rowwe uitvaagsels die hele Afrikaanse musiekbedryf ‘n langverdiende shake-up sou gee nie. Ek het net nie gedink hulle gaan dit so suksesvol en so lank aanhou doen nie. Ek kan ook onthou dit was eers jare daarna toe ek Fokofpolisiekar vir die eerste keer live gesien het. Ek kon onmiddelik connect met die musiek, maar dit was ‘n anderste tipe ‘die moer in’ as ons nineties Nirvana grungekoppe. Ek het bietjie soos ‘n outsider gevoel. Die old school punk rock en harde rock sound het ‘n unieke klank gehad (die Bellville Rock City klank, sou ek later leer) en die issues waaroor hulle gesing het was relevant en dit was broodnodig om dit in die publiek hard te skreeu in daai dae.
Fok, wie kan nie die volgende onthou nie? Die nihilistiese angst van Vernietig Jouself (As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand, 2003), die tegnologiese rewolusie wat ons menslike connections, kommunikasie en emosies begin oorrompel het en beskryf is in die song Lugsteuring (Lugsteuring, 2004), die raakvatbeskrywing van die verstrengelde mengsel van politiek en vrees in SA op die song Brand Suid-Afrika (Brand Suid-Afrika, 2006), die geldgierigheid en kriminele globale korporatiewe krisis waarteen hulle ons gewaarsku het op Vasbeslote Korporasie Deel 1 – nog voor dit actually plaasgevind het, mind you (Swanesang, 2006), die wit middelklasidentiteitskrisis en struggles wat Illusie van Veiligheid briljant beskryf (Monoloog in Stereo, 2005), die totale uitbarsting teen die ignorance van die sisteem, die engheid van die deursnit Suid-Afrikaner en die onderdrukking van die stemlose jeug op die song Antibiotika (Antibiotika, 2008).

Jirre, dis 2017 en Fokofpolisiekar maak nog steeds amok. En nog meer geskiedenis. Die bende is nou ouer, wyser en “voorbeeldige” belastingbetalende burgers en waar hulle Suid-Afrika se ouers nagmerries gegee het in die vorige dekade, is meeste van hulle nou self ouers met huislenings en ander rekeninge wat hulle wakker hou in die aande. As jy dieselfde tipe angst wat hulle in die ou dae in almal se gesigte gegooi het verwag het op dié album is jy onrealisties en verdien jy om teleurgesteld wees. Dit beteken nie daar is nie meer rebellie in die musiek nie. Die rebellie is duidelik nog steeds daar, tesame met die anti-establishment idees en rou punk klanke (deesdae miskien bietjie meer skillfull gepoleer). Ja well, die musiek is net nou meer grown-up. Goddank, want as hulle die glory days try oordoen het sou dit oneerlik wees en die kak uit my verveel het. Punk rock is in hulle bloed, baby. Metal ook! Die cover van Selfmedikasie laat my nogal dink aan die Metallica Black album cover. Nou ja, wat maak jy as jy vasgevang is in die eindste sisteem waarteen jy almal gewaarsku het vir jare? Ek skiem jy hou maar aan rebelleer met jou unieke blend rock and roll, sommer so van binne uit die tronk uit.
Parkiebank, herfs 2017 herinner my nogal aan Talking Heads se Once in a Life Time met Francois van Coke wat nogal praterig raak. Dis ‘n bietjie ‘n ander rigting vir hulle, maar dit werk fokken lekker. Moerse kief tune. Ja, die alienation duur voort al is jy nou ‘n grootmens. Met Afgesonder draai Die Bende weer die volume harder en raak meer spesifiek wat geografie en ouderdom aanbetref. Die Kapenaars wat so lekker in hulle klein bubble-tjie bly mag dalk nie die waarheid wil hoor nie. Ek Glo In Die Son is die mooiste song wat Fokofpolisiekar nog ooit geskryf het en dit het die hoendervleistoets binne sekondes met vlieënde vaandels geslaag! Dit herinner aan Van Coke Cartel se musiek en is nogal naby aan Tot die Son Uitkom, maar ook nie heeltemaal nie. Dink aan die mees cheesy soetsappige song wat jy nog gehoor het en dan dink jy aan die exact opposite. Dis presies hoe die tune klink. Did I narrow it down for you? Is dit dalk ‘n oplossing vir ons wat besef ons is vasgevang in ‘n insane wêreld waarin ons geen keuse gehad het om in te lewe in die eerste plek nie? Koester jou geliefdes, familie en vriende en behandel mense soos jy behandel wil word? Die klein dingetjies is belangrik.

Sal ek probeer om nou my eie vraag te beantwoord? Ek dink Fokofpolisiekar was nog altyd goed daarmee om die krake in die wêreld (en veral die land) waarin ons leef te identifiseer en nog meer uitstekend daarmee om in te tap in die jeug se manier van dink en dan net fokken cool songs daaroor te skryf. Klink so eenvoudig, right? Soms bied hulle oplossings en soms nie. Ek is cool (ons is fukt-up) is weer heavy nostalgies en dan is daar is ‘n paar songs wat meer neig na die pop tunes wat Francois van Coke in sy solo career deesdae doen. Belowe jou, belowe my; Komma; FLVJ en Lied van die Slang. Alles lekker tunes en daar is iets vir almal en elke generasie op die nuwe album.

Wag so bietjie, daar is nog B2CY ook – dis weer ‘n meer stadiger nineties alternative tune met Hunter Kennedy wat die keer praterig raak. Die album gaan vir seker al die verskillende generasies Fokofpolisiekar fans nog baie luistergenot gee! Dis nou omtrent 14 jaar vandat ek die debuutalbum vir die eerste keer gehoor het en ek voel nie meer soos ‘n outsider wanneer ek hulle musiek luister nie. Ek het eers nie van die title track op die nuwe album gehou nie, maar dit begin nou ook lekker klink. Ek is eintlik nog steeds besig om in die ribbekaste van die album in te klim en die hart en siel van die offering te dissekteer, maar ek gaan nou ophou skryf. This will have to do!

Die van julle wat moet wag tot die nuwe album offisieël uitkom – dit gaan ‘n fokken lang maand wees. Shame man, to ease the blow het Griffin ‘n befokte interview met die Bende gedoen tydens die recording proses by Johnny se studio in Bellville so 2 maande terug. Check dit uit! Ek kan nie wag vir die vinyl volgende maand nie! Cheers vir eers – as mens nie duur sielkundiges kan bekostig nie is daar nog altyd selfmedikasie!

Lekker dosis hierdie!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesOns review Fokofpolisiekar se miljoenrandalbum, Selfmedikasie

    Comments

    1. Colin

      Hulle nuwe album is vir my ‘n bitter pil om te sluk. Ek was ‘n fan van FPK voor dit cool was om een te wees. Daar was ‘n lekker fokken sound aan hulle musiek van die begin af, en die tiener angs lirieke het altyd reg gevoel. Ek voel ek kon nog steeds relate (meestal) met die woorde van die nuwe album. Die musiek is vir my ‘n disapointment. Daar is soveel ander side projects waar hierdie tipe klank welkom sou wees.

      Ek het vir ‘n nuwe FPK gewag, maar het ‘n cd gekry met goeie idees, wat klink soos iets tussen FVK se solo album en die laaste Van Coke Kartel cd. Snaaks genoeg, die een song wat jy noem jy nie van hou, is die enigste song waarvan ek hou. Dit klink soos FPK moet klink. Ek het harde punk / punk-rock gesoek, ek het soet sappige afrikaanse musiek cd gekry.

      Ek het nie ‘n probleem met mense wat hiervan hou nie. Ek het ‘n probleem hoe hierdie op enige manier vergelyk kan word met FKP se musiek waarmee ek groot geword het. As ‘n moerse fan, sou ek kon doen sonder hierdie album.

    2. griffin

      Kom ek leer gou vir jou ‘n vinnige lessie – jy kan of saam met ‘n band groei oor die jare (14 jaar in Fokof se geval) of jy kan agterbly in ‘n plas nostalgie en soos ‘n baba skreeu. Ek het laasgenoemde gedoen met Deftones. Ek het bloot agtergeraak met hulle musiek maar at least het ek die nostalgie van die eerste paar albums wat my hartjie warm hou. Met Fokof het ek die pad saam met hulle geloop. Hulle was nog alytd vir my ‘n 80/20 band. Ek like 80% van hulle musiek en 20% van hulle tunes is vir my flouerig. At least bly hulle vir my konstant en ek kry wat ek verwag.

    3. Rolbees

      “As jy die selfde tipe angst wat hulle in die ou dae in almal se gesigte gegooi het verwag het op dié album is jy onrealisties, en verdien jy om teleurgesteld wees.”

    4. Colin

      Ek verstaan jou punt.Dis maar net sad dat baie bands dieselfde pad vir my gegaan het.Net Foo Fighters het great gebly vir my. Eks seker die rigting wat hulle nou in gaan,gaan baie nuwe fans maak,en daar sal heelwat fans bly.Eks uit met die nuwe tipe musiek,nie die boodskap nie.

      Vir die ander bra,ekt nie angs gesoek nie,ek het n lekker punk/rock album gesoek in terme van die FPK sound.Hierdie is net te ver.Soos ek se,tracks soos Selfmedikasie is wat ek voor gehoop het.Anyhow.

    5. Rikus

      “As jy die selfde tipe angst wat hulle in die ou dae in almal se gesigte gegooi het verwag het op dié album is jy onrealisties, en verdien jy om teleurgesteld wees.”

      En as jy dink almal moet hou daarvan net omdat dit gelable is as ‘n Fokofpolisiekar album, dan is jy ‘n domnaai. Hierdie is nie die kakste Afrikaanse album wat al ooit gemaak is nie, maar dit is verseker ook nie die beste Fokof album nie. Ek het nie verwag hulle moet dieselfde bly nie, maar ek het verwag hulle moet dit eerder los as wat hulle ‘n Heuwels Fantasties album met Francois wat vocals doen uitbring, en label as Fokofpolisiekar. Daardie fout is mos al gemaak met daardie kak “Dagdronk” song.

      Hierdie is verseker nie ‘n kak album nie. Daar is oomblike wat voel soos Fokofpolisiekar, maar dit is meestal ‘n Heuwels album. St. Anger van Metallica was nie ‘n kak album nie, ek hou daarvan, ek hou net baie meer van Master of Puppets, Ride the Lightning en Justice for All.

      Al wat hier teleurstellend is, is hoe diep jou kop in Fokof se hol is. Want as jy eerlik was, eerder as probeer om die ouens in die band te impress, dan sou jy ook gesê het hierdie is ‘n album vol Heuwels songs, met Francois op vocals en so paar vloekwoorde in gestrooi for “Memberberries” sake.

    Gooi Comment