Foo Fighters is terug met klipharde tunes en toekomstige goue treffers

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Dis moeilik om te glo dat dit al drie jaar is sedert Foo Fighters ons Suid-Afrikaners kom wys het hoe mens ‘n oproerige skare rock and roll verslaafdes van hulle voete af kan rock. Dave Grohl het ons aan sy voete gehad, een van die laaste groot grunge icons wat nog globally relevant gebly het. Wie like nie ‘n nice guy met ‘n halwe brein en ‘n wicked sin vir humor nie? Ek dink ek het eers laat in die game ‘n Foo Fighters fan geword toe ek van hulle ouer musiek ontdek het wat nooit rêrig airplay gekry het nie. Dit was net so kort voor hulle Wasting Light in 2011 release het. Laasgenoemde is my gunsteling en hulle mees consistent full-on rock album wat ek oor en oor kan luister vir langer tye aaneen. Ek het ook so selektiewe playlist vir my eie luistergenot aanmekaargeslaan wat uit al hulle beste werk (tot en met 2007 op daai stadium van die geveg) bestaan het. Teen 2011 was Foo Fighters al sestien jaar aan die gang, can you believe it? Sonic Highways het ook sy verskyning gemaak in 2014 en alhoewel dit ‘n great rock album is (die hele konsep om in verskillende studios in verskillende dorpe en stede musiek op te neem, asook die kief DVD en alles) kon ek nie so maklik connect met al die songs nie. Foo Fighters het al so baie hits gehad en hulle het al hul kreatiwiteit na so baie verskillende horisonne toe verbreed dat geen redelike mens alles kan like nie.  Ek kan ook nie help om te wonder elke keer wanneer hulle iets nuuts release, of dit nie dalk totaal en al flou gaan uitdraai nie? Knock on wood, surprise hulle my time and again. Hoe en vanwaar pull hulle daai hase uit die hoed na soveel jaar in die game? Of is dit juis as gevolg van ervaring dat hulle dit nog elke keer kon regkry om ons te impress?

Foo Fighters se negende studio album, Concrete and Gold, is groot-studio-vibes en dit het obviously dik pond gekos het om die eindproduk so te laat klink. Big shot producers wat ek nie eers ken nie het ‘n goue vyfster offering met ‘n helse verskeidenheid rock and roll genres help blink vryf hierso.  Luister uit vir die Queen-esque (ook E.L.O.) late seventies back-up vocal harmonies wat time and again gehoor kan word, die Beatles-inspired tune Sunday Rain (met Paul Mcartney wat die tromme piets nogal) kom ook uit dieselfde era uit. Justin Timberlake is ook een van die back upsinger divas – didn’t see that one coming! Alhoewel dit ‘n paar minder ounces klipharde concrete bevat, is die bekende metal en punk riffs nog daar – dit is after all ‘n Foo Fighters record. Hulle het ook bietjie eksperimenteer met electronics en ander alternative rock riffs op ‘n paar tunes – seker maar om daai modern creative skills af te wys. Rock Anthems? Dis minder prominent maar ook nog aanwesig.
Paar van my gunsteling tracks? La Dee Da is nogal ‘n kief tune met ‘n baie welkome anti neo-nazi sentiment. Sunday Rain is net pleinweg briljant. Geen ander manier om dit te beskryf nie. Hoor ek die gees van John Lennon wat so wil-wil ontsnap? Die title track klink soos iets uit Pink Floyd se The Wall.  Dirty Water is weer ‘n goeie voorbeeld van hoe hulle old school Foo Fighter magic gemeng het met daai seventies sound waarvan ek vroeër gepraat het. Run is classic Foo Fighters maar ek het so gevoel ek gaan vinnig gatvol raak daarvoor want dit gaan obviously sif gespeel word oral waar mens gaan. Happy Ever After (Zero Hour) is ook ‘n lekker catchy tune. Earworm alert! Sal maar my draadloos exposure nog minder maak. Rol so tussen die harde concrete en die goud!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesFoo Fighters is terug met klipharde tunes en toekomstige goue treffers

    Gooi Comment