Brooklyn Nine-Nine: In praise of the pro-nool.

In Snotstories deur Watkykertjie bydrae1 Eiertjies

Deur Melt Sieberhagen

Vrye tyd. Lekker as jy ‘n bietjie daarvan kan kry so tussen die dik zak verdien en hard graft. Kak as jy te veel daarvan het omdat jy nie eintlik werk óf zak het nie. Moer vreemd as jy dit in oormaat het, saam met dik zak. Dit beteken jy werk beide hard én slim. Of jy’t die lotto gewen. Of jy is ‘n trust-fund laaitie met jou eie braaiprogram op die televisiemasjien. Lang storie kort – vrye tyd bestaan. En daarom bestaan daar ‘n woord soos “vryetydsbesteding”.

Vryetydsbesteding. Nie net ‘n ses-lettergerpige samestelling met ‘n verbindingsklank om die pikkies in die speltoetse mee te vang nie. Dis ‘n actual ding. En wat doen ‘n mens met jou vrye tyd? Hoe spandeer jy dit effektief en produktief? Jy kamp uit met snacks, drankies en ‘n bersie (of ‘n geliefde, as jy een van daai gelukkiges is) en binge die blou wilde waks uit ‘n goeie stukkie televisie uit.

Heroes is lankal nie meer net die goeie ouens nie. Eintlik al van Macbeth se tyd af (steek die koning dood, dan kry jy jou eie play, Macbeth!). Maar deesdae is dit nogal orals. Tony Soprano was nie ‘n nice ou nie, maar ons het hom die moord, doodslag en bedrog gegun, want hy was nice met sy vrou en sy kinders. Ons is nou al mooi gewoond aan die anti-hero. Die good guy wat eintlik die bad guy is, maar hy’t sy eie bad guys wat hom laat lyk soos ‘n good guy in vergelyking met hulle. Maar die eintlike good guys is ook so half bad guys, want hulle is teen ons bad guy – so hy’s eintlik ‘n dubbele good guy en al die ander ouens is bad guys. Behalwe as die eintlike good guys teen die bad guys te staan kom, dan is ons good guy maar net ‘n bleeksiel in die middel. (Spoiler alert – Dis basies Breaking Bad. Vir Walter White. Vir Jessie Pinkman se perspektief, ruil net die woorde ‘good’ en ‘bad’ om.)
Nou’s daar ‘n nuwe tipe anti-hero: Die pro-nool. Hy’s daai ou van wie niemand eintlik hou nie. Nie wil hou nie. Nie gaan leer om van te hou nie. Maar ‘n mens sit maar met hom opgeskeep, want hy’s daar en ten minste so nou en dan is hy ‘n bietjie entertaining. Maar hy’s regtig ‘n nool.

Dis soos daardie ou in jou vriendekring wat eintlik almal irriteer, maar niemand het die guts om vir hom te vra om te boggerof nie. Hy flick ouens op die ballas en lag homself stupid daarvoor. Hy probeer altyd ‘grappies’ maak met die waitress en stel uiteindelik net die hele tafel in die verleentheid. Niemand is eintlik seker wie se pel hy is of hoekom hy daar is nie, maar hy word verdra. In al sy stupidgeit. Hy’s eintlik soort van entertaining, maar ook net tot hy te groot kak aanjaag en jy hom einde van die aand uit die Brooklyn polisiestasie moet gaan uitbail. (Ha-ha, Brooklyn. Check sulke lekker vet intertekstualiteit…)

Daardie ou is die nool. Die ploert. Die ghwar. Die lieplapper. En Brooklyn Nine-Nine gaan oor hom.

Ontmoet Detective Jake Peralta (Andy Samberg). Hy’s die personifikasie van alles wat ‘n speurder nie moet wees nie: Deur die kak, arrogant, lomp, oningelig en die enigste kere wat hy iets oplos, is dit so ‘n groot vloekskoot, ‘n mens sou amper glo Die Groot Man daar bo is spesifiek daar om sy gat te red. Hy’s die main peanut in 99th Precint, die cop-shop in Brooklyn, New York. En die reeks waarin hy so voluit irriterend is, is op pad na ‘n vyfde season toe, met die eerste vier klaar beskikbaar op Showmax.

Samberg het bekend geraak op Saturday Night Live en is ook verantwoordelik vir die Lonely Island musiekgroep. Die enigste ouens wat nog ooit vir Michael Bolton die woorde “This whole town’s a pussy, waiting to get fucked!” kon laat sing. 2’55’’ in:

Daar is niks wat jou van hom kan laat hou in Brooklyn Nine-Nine nie. As flatscreens nie so kakduur was nie, het ek lankal ‘n pellet gun uitgehaal en myself geniet deur vir hom ‘n paar loodpuisies op sy fokken gesig te gee…

So hoekom binge ek op Brooklyn Nine-Nine? Want dit gaan nie net oor hom nie. Al sy kollegas behandel hom met die argwaan wat hy verdien en dít maak die show. Die show word gedra deur al die ander actors en hulle doen ‘n absoluut piele job daarvan. Stasie-hoof en actual main-man Kaptein Raymond Holt (Andre Braugher) is die personifikasie van professionele gedrag en kliniese, emosielose leiding. Dit totale dead-pan teenoorgestelde tot Samberg so palooka. Dan’s daar Rosa Diaz, die tipe vat-nie-kak-nie polisievrou wat maak dat ek sommer ‘n lunch bar wil gaan steel, net sodat sy my kan vaspen en my regte vir my lees. Sy’t nie tyd vir Jake Peralta se kak nie en skop gat so ver as wat sy gaan. Amper soos Wonder Woman, net met ‘n bietjie meer Mossad-training.

Twee ander professionele comedians in die cast is Joe Lo Truglio as Charles Boyle (Samberg se beste buddy – en met ‘beste’ bedoel dit ‘creepily toegewyd en grensend aan homo-erotic stalker) en die baie snaakse Chelsea Peretti as Gina Linetti. Na vier seasons kon ek nog nie mooit uitfigure wat haar job eintlik is nie. Sy’s nie ‘n cop nie, maar sy’s altyd daar. Gewoonlik ook met ‘n snydende opmerking of belediging van so diep tot op die been sny dat selfs Bakkies Botha so hard aan die snik sal gaan dat hy nie eers #Blessings sal kan tik sonder om ‘n emosionele breakdown te hê nie. Daar’s ook Hitchcock en Scully. Die twee ou ballies. Die comic relief binne in ‘n comedy. Iewers tussen Laurel and Hardy en twee veiligheidspolisie-oompies uit die 70’s uit. Die kersie bo-op hierdie koek van weird karakters, is natuurlik Terry Crews. Weet nie of die ou sukkel om woorde te leer nie, maar hulle dit sommer vir hom maklik gemaak, want sy karakter se naam is…uhm… Terry. (Boom! Sulke lekker ‘meta’ vibes).

Terry Crews is snaaks. Baie snaaks. Hy’s soos die Tobie Cronje van body-builders. Jy wil nie net jou hande oor sy gespierde lyf laat gly nie, jy wil hê hy moet vir jou ‘n grappie vertel terwyl jy dit doen. Lank en aanhoudend. Hy’s ‘n bondel komiese energie toegedraai in ‘n ferm, gespierde, glimmende bondeltjie super-man. Oemf. Hy kan my maar ook arresteer…

Hierdie show werk. Omdat dit glad nie eers probeer om voor te gee dat dit ‘n serious besigheid is nie. Dis mal. Dis laf. En die hele ensemble werk so mooi saam, dat jy nie omgee dat Peralta so ‘n groot nool is nie. En laat ons nou maar eerlik wees, dis nie asof enigiemand wat in Suid-Afrika bly enigsins geregtig is op ‘n opinie oor useless polisie nie. As jy nie jou tjommie middernagtelik gaan uitbail nie, sou hy anyway voor lunch die volgende dag uit wees, net omdat iemand die sel se deur oopgelos het…

Dis lekker mindless entertainment. Goeie scripts. Great delivery. En lekker kort. Jy kan sommer drie in ‘n uur inwerk. (Soos toe jy ‘n tiener was…).

Sign op vir Showmax se 14-dae verniet trial as jy nog nie het nie. Dis meer as genoeg tyd om deur die eerste vier seasons van Brooklyn Nine-Nine deur te werk en te kokkenodge wat nog jou aandag trek…

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydraeBrooklyn Nine-Nine: In praise of the pro-nool.

    Comments

    Gooi Comment