Add Violence- Nine Inch Nails is terug met nog

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Nine Inch Nails (NIN) is een van my favourite bands van alle tye en soos meeste van julle ouer kinders het ek hulle musiek stukkend geluister in die nineties, maar for some reason het ek nie saam met hulle gegroei nie; so vir die afgelope paar dekades luister ek net Pretty Hate Machine (1989), The Downward Spiral (1994) en die enkele tunes op The Crow (1994), Natural Born Killers (1994) en Lost Highway (1997) se respective soundtracks.  Ok, maybe het ek in 2005 daai song van die With Teeth album wat so baie airplay gekry het ook nogal geniet. The Hand that Feeds? Daarna het ek die spoor byster geraak, of hulle dalk eerder. Toe Hesitation Marks release is in 2013 het ek weer probeer belangstel maar dit het uit die staanspoor flou geklink. Het Reznor te veel sukses gehad met sy beroep as filmklankbaankomponis? Het sy terapie actually begin vrugte afwerp of is dit omdat hy dwelmloos en sober geword het? Die musiek het ook daai donker cult movie soundtrack kwaliteit verloor. As jou musiek op geweld, depressie, teleurstelling en haat vir die sisteem gebaseer was in die beginjare dan is dit nogal moeilik om AL jou fans jare later te oortuig met eenvoudiger, minder die-bliksem-in, elektroniese dans tracks.  Ek het dit maar net vermy en die tyd het aangestap.
Ek is ‘n moerse Twin Peaks fan en so paar maande gelede het NIN hulle verskyning gemaak in deel agt van die nuwe reeks getiteld Gotta Light? Dit was een van die episodes wat die neurale bane van my brein so erg rondgeskuif het dat ek vir ‘n feit weet ek gaan nooit weer dieselfde wees nie en om my te mindfuck is eintlik ‘n onbegonne taak om mee te begin. David Lynch sal dit aan jou doen sonder veel moeite. Fokken weirdo. Jissus, ek weet nou nog nie wat gebeur het nie. Elke episode was ‘n ander tipe nuwe en oorspronklike freakshow. Beste televisiereeks ooit! Dit het my amper laat voel soos toe ek Natural Born Killers vir die eerste keer gekyk het op die ouderdom van sewentien – nog onskuldig en baardloos. Lynch en kie het dit ten doel gestel om die nuwe reeks so vreemd en onaards te maak dat jy meestal in ‘n ander tyd en dimensie in uitgefreak word, maar hulle kry dit ook reg om steeds die warmte en charm van die ou bekende (en steeds eksentrieke) inwoners van die mistieke dorpie, Twin Peaks te behou. Daar is natuurlik ook talle nuwe interessante karakters om van te kies en te keur. NIN het She’s Gone Away, een van die songs op die Not the Actual Events EP, live perform aan die einde van die episode op stage in die ou Roadhouse (oftewel ‘The Bang Bang Bar’). Die song val weer terug op die angry rock distortion van ouds, en ek was van voor af verlief op hulle musiek, maar toe ek op die interwebs rondsoek vir die tune het ek eers die Seed Eight (Remix 2014) EP per ongeluk gaan gedownload, wat eintlik net remixes is van vier songs wat op die Hesitation Marks album voorkom.

Ek luister dit toe maar en snaaks genoeg het dit nogal befok begin klink. Dis meer trippy as die actual album, maar dis asof ek vir die eerste keer verstaan het wat Reznor-hulle try doen het met Hesitation Marks. Dis vir seker meer rooted in chilled elektronika en vêr verwyderd van hulle industrial/rock hibriede musiek. Die Remix 2014 EP was wel vir my soos ‘n kajuitvenster waardeur ek na ‘n paar ander universes kon kyk en waarin NIN ook bestaan en op ‘n manier met mekaar verbind is. Toe ek uiteindelik NIN se laaste twee EPs download (Not the Actual Events en Add Violence) was ek weer pens en pootjies terug in die nineties. Geen wonder Lynch smaak dit om NIN se musiek vir sy soundtracks te gebruik nie. Ek dink Trent Reznor en David Lynch kom van dieselfde alternate universe af. Voor ek vergeet – die laasgenoemde twee EP’s vorm deel van ‘n trilogie met die finale een wat nog op pad is. Not the Actual Eevents staan so wydsbeen oor hulle elektroniese musiek van die afgelope paar jare en hulle industrial rock legacy van ouds. Die song Dear World klink meer soos Hesitation Marks se tunes terwyl The Idea of You amper daai ou NIN sound repliseer. Die Add Violence EP hel duidelik terug na hulle Pretty Hate Machine sound met die song Less Than, maar herinner my ook aan The Downward Spiral met die songs Not Anymore en The Background World. Laasgenoemde song begin so vashaak in die helfte van die song en die loop verbrokkel so stadig in ‘n onstellende hellhole van distortion in. Dis fokken briljant!

Dit was nogal die geld en moeite werd om weer die NIN journey aan te pak en dis alles te danke aan die Twin Peaks-reeks. Dit het my net weer herrinner hoe belangrik die creative overlap tussen film, televisie en musiek kan wees. Dit kan mekaar ongelooflik suksesvol aanvul, ja selfs in 2017.

Deel met jou tjommies!

    RolbeesAdd Violence- Nine Inch Nails is terug met nog

    Gooi Comment