Wat skiem ons van Boxer se Animals EP?

In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

Boks het bietjie ‘n comeback gemaak die afgelope tyd nê? Wie het jy ge-back? Floyd “Money” Mayweather of Connor “let me wobble back to me corner” Mcgregor? Ek sal ook toestem om so hard gebliksem te word vir al daai dollars. Alhoewel ek skiem ek sal minder boks en meer wegrol, sommer reeds na die eerste rondte.  Persoonlik is my favourite bokser Makoena Makopane. Hy laat my dink aan daai Bros-meisies in die eighties. Ja, hier is vir julle ‘n lessie uit die oude doos. Voor Justin Tumberlake was daar so aaklige band met die naam Bros en hulle het ons beswaard meegedeel: “I quit! I’ve had enough!”. Askies Makoena, bra. Askies! Life is not fair.

Vandag kyk ek bietjie na Boxer van Johannesburg se Animals EP. Nee, gelukkig is dit nie ‘n Pink Floyd reboot nie. Boxer is nou maar eers drie jaar aan die gang maar hulle lyk wel soos ‘n long-lost seventies boy band uit die goue oue jare. Ek moes eers seker maak ek het nie die verkeerde band se pics beet nie. Jissus! Hey, wag ‘n bietjie – die lead guitarist lyk soos ‘n Patlansky *check gou references*. Hulle is broers? No way! What are up wif de polo neck sweaters, okes? Eish, wêna!
Boxer se tunes is nou nie juis tipies Boksburg nie en dis ver van eighties Rocky vibes (en Survivor) af, so hulle naam het seker iets met ‘n woefie te doen. Met die intro en eerste track kan ek hoor Boxer se musiek is van daai moderne indie vibes wat julle millennials so kwaai smaak. Dis darem nie te erg mod nie en ek kan nog my generasie se musiek sterk hoor deurkom. Veral Red Hot Chili Peppers en SA bands soos Urban Creep en B-World, met daai fieta-rige funk kitare. Wat die nuwer modern indie rock invloed aanbetref is dit so mix tussen MGMT en Desmond and the Tutus. Die song, R2D2 se bass en riffs skop lekker gat maar die lirieke is bietjie lam. Die oorwurm kruip anyway in en ek is bevrees dit gaan nog lank in my kop maal. Thanks, Boxer! Ek gaan nou die hele fokken dag, “R2D2, that’s my name” sing vir alles en almal. Asof mense nie genoeg staar nie. Net so terloops, dis ‘n song vir stowwerige dronk festivals daai! “A-away, A-away!”

My favourite song op die album is by verre Me and Mighty Pulse Grenade. Puik tune! Hoekom?  Die bass lines lock my in van die begin af, die verskillende riffs behou my aandag deurgaans (ek hoor selfs Led Zeppelin-inspired kitaar tones), die drum stick perkussie klanke hou die song eenvoudig en van die os op die jas, so saam met die vinnige vocals herinner dit my aan JCA se I Begin to Wonder.  Nie die tipe tunes wat ek elke dag gaan luister nie maar as jy hou van groovy ritmes en kraakvars melodieë wat kan rock and roll bolle rol, dan gaan jy die band kwaai like.

Onthou net daar is twee tipes mense: Die wat na gevaar toe rol en die wat wegrol daarvan af. Wegrol is veiliger! “A-away, A-away!”

RolbeesWat skiem ons van Boxer se Animals EP?

Comments

  1. Gemaskerde Sopbeen

    Hoop net dia maaitjies het hulle self mooi afgestof na die speel by Chimes…..daai myn sand is nie baie gaaf nie….. maar cool song!

Gooi Comment