Midrand en Bellvile se Fismits en Dragoons

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

The Fismits – Anywhere EP
Vandag se reviews is under the radar – nuwer bands wie se albums my nie dadelik weggeblaas het nie maar dit het op my gegroei. Daar is oorgenoeg potensiaal en ek is seker baie van julle sal dit geniet. Die eerste band is The Fismits, ‘n indie pop/alternative/rock band van Midrand/Tjoeras met hulle EP, Anywhere. Die eerste tune is die title track en dis so mix van Stonejets happy pop rock (veral die guitaring), Louise Carver klavier en vocals wat baie naby aan Pere Ubu s’n klink. Ek kon nie vatplek kry aan die songwriting op dié song nie en die hele kombinasie en konstruksie klink nie vir my so appealing nie.

With Me begin met mooi klavier (to set the tone) en dan gaan dit oor na so the Narrow (You Don’t Get to Quit album) kitaarsound toe. Die song val bietjie meer in my smaak en die songwriting is nogal lekker. Die vocals is so kruis tussen Pere Ubu en Roger Waters en ek skiem die rock sound met die klavier, komper background sounds en dromme se kombinasie is ‘n baie beter poging. Satellite is by verre die beste tune op die EP. As ek hierdie band se record producer was sou ek hulle encourage om op hierdie sound te fokus. Dis meer uniek, die songwriting is solid en die vocals, keys en weird eighties sound effects saam met daai guitar tone en riffs laat my ore tuit. Hou hulle dop, ek is seker die Fismits sal ‘n consistent groove op hulle recorded material kry in die toekoms!
https://thefismits.bandcamp.com/album/anywhere-ep
https://www.facebook.com/fismitsband
Dragoons – Anomoly
Dragoons kom daar van die Wynlande van Stellenbosch en Bellville suburbia af. Jirre, wat ‘n kombinasie. Steek julle lewers en julle messe weg, ek sê! Ek moes hierdie album ‘n hele paar keer deurluister want my eerste poging om dit te absorbeer was redelik onsuksesvol. Probably net omdat ek in ander musiekbui was daai tyd. Dit klink na eenvoudige rustiger rockmusiek met die eerste luister, maar dis eintlik fokken glad nie so eenvoudig nie, so ek los toe maar die tunes vir so paar weke op ys en het dit toe eers hierdie week weer mooi gaan luister. Dis vir seker nie een van daai earthshattering albums wat jou on the spot hard bliksem tussen die ore nie, maar ek dink nie dis waarvoor Dragoons gegaan het anyway nie.
Jy moet self bietjie werk doen en tyd vat om al die intricacies te gaan raakluister en op jou eie te experience, verkieslik met jou oorfone op. Die songwriting is tops, complicated song constructs wat gelukkig nie te lomp is nie, layered melodies all over the show, klavier wat dit alles bymekaarhou, Ian Anderson type vocals, old school kitaarsolos en hard en aanhoudende dromme. Dis ‘n full on seventies classic rock vibe maar tog kan jy hoor hulle eksperimenteer ook binne die boundaries van wat reeds gedoen is oor die dekades. Tarabuka dromme van Israel af? Lechaim! Ek weet nie, dit gee my eerder ‘n Afrikagevoel. Hierdie musiek gaan vir seker nie deur mense wat net radio hits luister gekoop word nie. Jy moet ‘n fan wees van die good old rock and roll musiek, seventies en eighties. Kom ek stel dit so: ek vermoed hierdie album gaan my mede musiekjunkie explorers baie genot gee. As dit nie dadelik vat nie, gee dit net so rukkie, trust me, jy sal verstaan wat ek bedoel.

Die album is opgeneem by Penny Lane Studios en Christiaan Rossouw (aka Chris Ross) wat sing en kitaar jol op die album het dit produce en ek is nogal impressed met die hele production, al het dit my ‘n rukkie gevat om in die ding in te kom. My gunsteling tune? In the Machine. Is dit nie ironies dat as jy aan die begin van jou lewe in die groot masjien probeer inkom dit amper godsonmoontlik is nie, maar as jy om die regte redes probeer uitklim as jy ouer is, dan doen die sisteem alles om jou daar te hou nie?

Rol versigtig en pasop vir die groot masjien.
Dragoons FB page: https://www.facebook.com/dragoonsband/

Deel met jou tjommies!

    RolbeesMidrand en Bellvile se Fismits en Dragoons

    Gooi Comment