Zengeance – A Suburban Manifesto

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

In 1994 het ek en twee tjommes in ‘n grunge band gejol vir ‘n paar maande. Sommer in HB, die guitarist, se kamer en later skelm in die skoolsaal.  Ons het onsself Roadkill genoem en ons het about net Led Zeppelin, The Cult en Nirvana covers gedoen. Polly Wants a Cracker, Stairway, Lil’ Devil en ons enigste “hit single” was ‘n rou punk nommertjie, ’n love song, ook genaamd Roadkill.

Ons het nou nie juis musiek gemaak wat ons in die openbaar wou deel nie, my vocals was grungy, junk en hees (maar met moerse baie gees), ons drummer Odis was in die kadetorkes en hy het eers met sy dromstokke op die skool se elektriese oefenpads gejol, voor hy so cheap drumset gekry het met sulke duur Zildjian cymbals. Ek het ook eers met ‘n kak vierkantige plastic cream-kleurige microphone gesing wat HB by sy mahulle gezooi het; dit was deel van ‘n vintage radiostel wat hulle op auction uit iemand se bestorwe boedel gekoop het. Later het HB so cheap Dion’s mic gekoop. Ek dink ons het nog die hele show op ‘n gewone radio amp ook gegooi. HB het die cheapste Yamaha kitaar gehad wat daar was,en eers later sy amp opgradeer na ‘n Ceramic toe. Fok, dit was goeie tye but how times have changed, behalwe dat ons, soos Zengeance, dit ook begin doen het om cool te wees en om girls te probeer impress.

Ek luister na Zengeange en dink: “man, dis die tipe band wat ons moes geword het eventually”. Excuses and life happened en Roadkill het sy profetiese naam gestand gedoen en verewig verdwyn van die anale van rock and roll, nog voor dit eintlik begin het. Dankie tog vir rock and roll reïnkarnasie. Net as jy dink die kakhuis het in vlamme verswelg dan verras een of ander obskure nuwe jong band jou met passie en ballas, maak die ouer rock and roll geeste wakker, en daai bekende gevoel van rebelse lewenslus vul ons almal se gemoed en hoop vat weer vlam. Albert Frost het hierdie album produce en ek is amper 100% seker hy het presies dit raakgesien wat ek kan aanvoel hierso. Die album is by VH Studios record saam met Gerbrand Grobler en Lafras Uys, Erick Zulch & Wian Brand se musiek op A Suburban Manifesto is full on samsara – ek hoor dit in die expression van die wêreld om hulle en die dinge wat hulle pla. Wie weet, met meer ondervinding vorentoe mag dié trio dalk net rock and roll Nirvana bereik.
Die bras is nog jonk, dis vir seker, maar hulle flans blues, funk, psychedelic rock, indie alternative, pop, garage, hard rock, en punk rock met redelik min moeite saam. Die basic raw riffs van Good Lie is dadelik ‘n nostalgiese trekpleister, maar net een van die songs, toevallig die laaste een, is te ver weg vir my. Goodbye is nie so lekker nie, but it matters not, die drie musikante kan nog baie aan hulle craft skaaf vorentoe, tyd is aan hulle kant, en daar is soveel verskillende klanke en inlvoede wat hulle reeds onder die knie gekry het en waarop Zengeance hulle toekomstige empire kan bou. Ek probeer ons laaities se musiek wayback when vergelyk met hierdie tunes. The mind boggles. Met Killing Spree, I Feel a Killing Coming On, Halfbaked en Like a Man is hulle al so naby ek kan dit op die punt van my tong proe.

Julle is op die regte “verkeerde” pad, Zengeance! Bly so rou as wat julle kan, maar moet net nie Roadkill word nie!

LINKS:
Website:  www.zengeance.co.za
Facebook:  https://www.facebook.com/Zengeance-644653928999213/
Twitter:   https://twitter.com/ZengeanceBand

Deel met jou tjommies!

    RolbeesZengeance – A Suburban Manifesto

    Gooi Comment