Superheroes, TV spin-offs, movie spin-offs en alles is eintlik remixes

In Uncategorized deur griffinRek jou bek

‘n Average loser argitipe beskik skielik oor die vermoë om die volle omvang van sy brein se vermoëns te gebruik. Hoe gebeur dit? Hy drop een of ander geheimsinnige pil en kan ewe skielik 100% van sy brein access en benut. Ons is altyd op skool vertel dat ons slegs 10% van ons breinkrag gebruik, so imagine hoe hierdie ou moet uitfreak as hy ewe skielik 100% tot sy beskikking het. Natuurlik is hierdie sulke lekker Hollywood fodder, so die FBI moet iewers feature, right? Yup, hulle skraap die bra en stel hom aan as ‘n konsultant. Instant sukses – die ou gradueer van sukkelende skrywer na finansiële whiz kid maar dit laat hom ook in kakgevaarlike situasies beland en hoe hy navigate om uit die kak uit te kom, is waarin die lekker van die reeks lê…
Soms kokkenodge jy ‘n movie en skiem “hierdie was orraait gewees, maar ek hoop nie die ding kry ‘n spin-off op die TV nie, want hulle gaan dit net lelik opfok en ek gaan in my broek kak”. Ons is almal moerse fyngevoelig vir re-makes en spin-offs en reekse en movies wat ge-frisbee word tussen die groot skerm en die idiot box. Dit pla kinders egter fokol want… hulle is fokken kinders. Hulle weet nie van beter nie. Dink aan animated Disney movies soos Lion King, Aladdin, Kung Fu Panda en The Little Mermaid wat hulle eie spin-offs gekry het op TV? Daai is ‘n goeie voorbeeld van turning a quick buck. Die storielyne is sulke piswater en die animation is probably deur interns gedoen op ‘n Vrydag terwyl die grootbase sit en suip en lyne kap in die kakhuis. Dis fine – hulle teikenmark is kinders en die production is nie uitsluitlik terrible nie. Storielyn? Gee die ouens ‘n break. Het jy al fokken Teletubbies gekyk (waar jy nie op acid was nie). Kinders gaan nie ‘n fok weet nie, but don’t touch me on my entertainment. Ons is grootmense. Ons fokken weet, pappie!
Of doen ons regtig? Daar is ‘n kakhuis vol goeie movies wat remakes is van ouer movies en jy weet moontlik nie daarvan nie. Kom ons noem so tien van hulle op. (Ons kies tien movies sodat jy saam kan tel op jou twee hande en vir jouself ‘n score kan gee aan die einde):

Cape Fear (remake van 1962)
Ocean’s Eleven (remake van 1960)
Charlie and The Chocolate Factory (remake van 1971)
Scent Of a Woman (remake van 1974)
The Fly (remake van 1986)
Assault on Precinct 13 (remake van 1976)
True Grit (remake van 1969)
Get Carter (remake van 1971)
Father of The Bride (remake van 1951)
Gone in 60 Seconds (remake van 1974)

So wat is jou score? Tien? Moenie so fokken lieg nie.
TV reekse word ook gereeld in movies omskep. Soms met disastrous gevolge. Kyk byvoorbeeld net watter fokop was Egoli Die Movie gewees? Jirrrrrrrr!
#SulkePoesbaieSleg
Wanneer dit wel suksesvol is… wel, kom ons gee maar net ‘n hat tip aan about alles wat Marvel of DC is. Superhero movies is vir ons vandag ekwivalent aan wat westerns was tot en met daai genre se peak in min-of-meer dood in die 1950s. Gaan superhero movies ook peak en kak? Moontlik. Gaan ons gatvol raak daarvoor? Moontlik. Tensy dit bietjie meer subtiel aan ons opgedis word met so bietjie afwisseling. Gee vir ons superhero movies en TV reekse sonder dat ons weet ons kyk kyk superheroe movies en TV reekse.  En dit bring ons juis terug by TV reekse in die lyn van Limitless wat ‘n TV-reeks spin-off van ‘n movie is. Is die ou ‘n superhero? Why not? Hy vat ‘n drug genaamd NZT wat hom poes slim maak vir ‘n rukkie lank en daarna is daar side effect. Klink dit nie maar soos ‘n resep vir ‘n supehero nie? Die main man ry dan nie ‘n fancy kar of vlieg rond oor geboue nie?

Twee basic goed wat jou laat kwalifiseer as ‘n superhero (in my mening)  is:
a) iets stel jou in staat om iets bonatuurliks of extra spesiaal aan te vang, either tydelik of permanent
b) een of ander swakheid, karaktertekortkoming of eksterne faktor kniehalter jou spesiale ability
Kyk maar na die volgende ouens as voorbeeld: Superman kan about alles doen wat super is behalwe as jy Kryptponite in sy Rice Crispies gooi. Dan verander hy basies in Bobby Van Jaarsveld – biceps, gel-kuif en ‘n klein piel. Spiderman kan manbotter by sy polse uitskiet maar sit ‘n goose in ‘n skirt voor daai bra neer en jy kan hom met ‘n graaf oor die kop poes en sy snoepiegeld vat. Captain America se kak karaktereienskap is dat hy basies nie kan ophou fight nie en omdat hy sulke 1950s hero is, beteken dit dat hy probably ‘n republican is en vir Donald Trump gestem het. Incredible Hulk moet bedaar en kwaad word. Hy is net uit flaws gebou. Woede trigger hom. Hy is die klassieke lesbian-vegan-feminazi-crossfit independant woman van 2017 – net groener en met ‘n groter piel.

Bogenoemde is almal superheroes in die tradisionele sin van die woord, maar as ons na moderne TV reekse kyk openbaar die “gewone” hoofkarakters soortgelyke eienskappe: die akteur, Jake McDorman se grootste flaw of sonde in die regte lewe is dat hy nie Bradley Cooper is wat die rol in die movie weergawe van Limitless vertolk nie. In Suits is Mike Ross se geheime wapen sy fotografies geheue en breinkrag en sy flaw is die waarheid dat hy nie oor ‘n regsgraad beskik nie. In House is Gregory House ‘n briljante dokter maar hy like pynpille en homself te veel. In Shameless is Frank Gallagher ‘n absolute stuk kak mens wat erger schemes afpull as die Guptas, maar drank en dwelms fok hom daagliks six love op. Min of meer dieselfde resep word gevolg vir Californication – goeie eienskap: brilliant skrywer. Flaw: drank en poes. You get the idea…

So die feit dat die bewegende kunste (lekker groot selfopgemaakte term, ja) so rondspring tussen TV, flieks en stage (waaroor ons nie eers gefokkenpraat het nie), behoort ons nie regtig te veel ontstig, behalwe as dit regtig kak gedoen word. Dit word al jarrrrrrrrrre lank gepleeg en op elke liewe denkbare wyse en platform aan ons opgedis. ‘n Bra genaamd Kirby Furgeson het ‘n absolute briljante documentary oor hierdie onderwerp gemaak. Hy is van mening dat mense gereeld ales copy, transform en combine en kom tot die gevolgtrekking dat about alles wat bestaan ‘n remix is. Die doccie is so net onder die 40 minute lank en jy fokken MOET dit kyk!

So, hoe lyk die toekoms as dit kom by die superhero-fenomeen, spin-offs tussen die TV-reeks en movie platorms? Man, Karike – pretty much die fokken-selfde as wat dit altyd was. Jy was dalk net nie bewus van die graad van fuckery wat agter jou rug aangaan of reg voor jou oë gebeur nie. Kom ons kyk na so stuk of tien movies wat binnekort ge-reboot gaan word. Ons sal ook kortliks ‘n superhero feature en/of flaw aandui:

Splash (1984)
Super: sy is ‘n magical mermaid
Flaw: sy het nie ‘n poes nie

Mary Poppins (1964)
Super: sy vlieg met haar sambreel rond
Flaw: sy is Brits en basically ‘n slaaf en dit lyk kak om met ‘n fokken sambreel rond te vlieg

Commando (1985)
Super: Arnie kan nie vrek nie
Flaw: He won’t be back. Remake not starring Arnie. Arnie kan ook nie act nie.

Overboard (1987)

An American Werewolf in London (1981)
Super: die bra is ‘n fokken sterk weerwolf
Flaw: Hy kan uitsluitlik aapkak gaan tydens volmaan.

Jumanji (1995)
Super: kinders verander in videogame-mannetjies
Flaw: Ek vat ‘n wilde raai en skiem almal vrek as die game afgesit word terwyl die kinders in die game is as videogame-mannetjies

Porky’s (1982)

Drop Dead Fred (1991)
Super: Imagenry vriend word lewendig
Flaw: jou grootmensverbeelding maak jou imagery vriend dood

Honey I Shrunk The Kids (1989)
Super: mense word fokken klein ge-shrink
Flaw: about alles kan jou opfok, want about alles is groter as wat jy is

Police Academy (1984)

Baie van hierdie reekse en movies wat in die artikel genoem is, is beskikbaar vir jou kykgenot op Showmax:
Limitless (TV reeks en movie), True Grit, Get Carter, Timon & Pumbaa, Aladdin The Series, Kung Fu Panda Legends of Awesomeness, The Little Mermaid (die movie), Egoli (die reeks – nie die fokken kak movie nie), Ultimate Spiderman, Suits, House, Shameless en Californication. As jy onder superheroes tipe genre soek kry jy: Agent Carter, Agents of Shield, Flash, Arrow, Heroes, Heroes Reborn, Transformers, Hellboy en Watchmen. As animation meer jou ding is, is daar ook ‘n hele paar.

Jy kan hier opsign vir ‘n 14-dae 100% verniet trial periode, en teen R99 per maand na die trial periode verby is, is dit totally die moeite werd om Showmax te kry. Dis cheaper as ‘n popcorn, ‘n Coke en ‘n boksie smarties vir een en movie se outing.

Deel met jou tjommies!

    griffinSuperheroes, TV spin-offs, movie spin-offs en alles is eintlik remixes

    Gooi Comment