3 in 1 – Drie comedians uit drie generasies op een stage. Score tickets!

In Kompetisie, Watkykjy Gigs deur griffin1 Eiertjies

Casper de Vries, Schalk Bezuidenhout en Hannes Brümmer is hierdie Vrydag (28 Julie) op stage te sien by Silverstar Casino in ‘n moerse befokte comedy show. Ons praat hier van drie Afrikaanse comedians uit drie generasies op een verhoog in ’n unieke kombinasie van stand-up komedie en improv. Met hierdie vertoning gooi die ouens nie net hulle grappe rond na mekaar in ‘n line-up soos dit gewoonlik gaan by stand-up shows nie. Die brasse is saam op die stage vir ‘n volle 90 minute en elke vertoning is uniek, aangesien die ouens die materiaal voortdurend aanpas. Improv, jy maak uit? Hulle vra die audience ook vir themes, voorstelle en onderwerpe.

Casper tune: “Dit is ’n baie uitdagende maar suksesvolle aanbieding. Jou brein moet nogal ‘aan’ wees om dit te kan doen en myne is nog net-net aan, maar dis vir my wonderlik om te doen. Ons skep iets wat ’n mens nooit weer sal sien nie. Ons doen dit nie aand na aand nie, so met elke vertoning is ons vars en vrolik en lus vir vermaak en om mense te laat lag. Jy voel jy het iets bereik en dit is ’n baie heuglike en jeuglike gevoel.”

Hannes tune: “Ek kan in alle eerlikheid sê dat ek met 3-in-1 van die lekkerste tye nóg op die verhoog gehad het. En die feit dat ek die verhoog deel met ’n ou hand wat legendaries is en die mees opwindende jong komediant in die land beteken dat ek ook nou ’n bietjie aandag kry. Jy moet regtig op jou voete kan dink. Vir my is 3-in-1 ’n nuwe formaat van komedie. Ons vaardighede word tot die uiterste beproef. Maar die gehoor hoef nie bang te wees dat ons nie weet wat ons doen nie. Ons werk met ’n effense struktuur. Maar meer as dit werk ons met die ondersteuning van mekaar.”

Schalk tune: “Daar is niks so exhilarating vir ’n comedian as om in ’n vol Globe op te tree nie. Dit is ’n venue van ’n internasionale standaard waar al die groot comedians kom optree. 3-in-1 is vir my ’n ongelooflike show, dit is ’n heel ander thrill as stand-up. Stand-up is beplan, maar as jy on the spot ’n joke moet uitdink raak dit iets anders. Daar is hierdie ding tussen jou en die gehoor: jy weet jy het iets nou net uitgedink, en hulle kan dit ook sien. Dit is opwindend, onvoorspelbaar en onbeperk.” 

Daar is slegs 1 show by The Globe, Silverstar Casino
Datum: Vrydag 28 Julie 2017 om 20:00
Kaartjies: R150 per persoon – jy kan kaartjies hierso book

Watkykjy gee 5 dubbelkaartjies weg!
Al wat jy hoef te doen is om hierdie post op die Watkykjy Facebook page te gaan soek en dit te share met die persoon wie jy graag saam met jou na die show toe sal wil neem. Ons kies die wenners teen Woensdag lunchtime se kant.

Deel met jou tjommies!

    griffin3 in 1 – Drie comedians uit drie generasies op een stage. Score tickets!

    Comments

    1. Dirk Winterbach

      Hi julle… dankie, ek was by jul show Vrydagaand. Ek verstaan dat jul graag iets uniek wil doen. Vrydagaand was vir my egter nie goed genoeg nie. Ek het die familie (8) so opgewonde gemaak vooraf, vertel van hoe ek my siek gelag het met die BeeGees wat Casper so goed doen. Jul show was teleurstellend, lomp, onprofessioneel , so “terloops” en afgeleef … Ek voel tog dat jul materiaal moet he wat geoefen en verfyn is, of dalk dan ‘n groter gedeelte van die show, iets doen wat nuut en geoefen is. Nou ja .. uiteindelik is dit jul show en die mense was daar, sal ek weer gaan… ag nee wat, ons het dikwels snaakser aande hier by die lodge… jammer julle. Komaan, tussen die drie van jul, kan julle beter goedjies uitdink. Hoop jul driemanskap is suksesvol ….

    Gooi Comment