Vat Vyf! Week 23 van 2017 – Gupta leaks, Helen Zille en ‘n Sunnyside hoer

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1) Nie alle rassiste dra khaki of boikot die Spur nie. En Suid-Afrikaanse soapies sukkel om aan kykers die intrige te bied wat nog ‘n week se GuptaLeaks revelations aan die lig gebring het. Van die e-posse bewys glo onteenseglik dat die Guptas ‘n swart merkie agter hul naam kan sit vir die wyse waarop hulle aangedring het op witmense om sekere posisies te vul voor belangrike Gupta-funksies. Swart sekuriteitswagte is ook glo deur Tony Gupta uitgekryt as monkeys. Nee genuine.
#SulkePennySparrow.

2) Daar’s ‘n tannie in die Wes-Kaap wat goed de Helen in is na sy deur die DA geskors is omdat sy anti-sosiaal op sosiale media verkeer het. Aan die positiewe kant, die tannie is nou beskikbaar vir kermisse, kerkbasaars en kinders oppas, mits hulle wit is, want die laaste swart baba wat sy opgepas het het nou grootgeword en haar geskors.

3) Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters was-hierdie-week baie-braaf toe-sy kop-gehou-het toe-drie-gewapende-mans haar-in spitsverkeer-probeer-kaap-het. Shit. Sorry, het ek die koppelteken-knoppie aanvergeet? Skies Demi-Leigh, was-nie-aspris-nie. Fok-kit. Toe sy genader is vir kommentaar, het sy gesê sy wil die Guptas bedank aangesien sy geleer het hoe om ‘n bullet te dodge na die kaping waardeur hulle as familie is. Die staatskaping natuurlik.

4) Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord in Sunnyside toe ‘n man deur ‘n prostituut by ‘n venster uitgestoot is. Dit opsigself is merkwaardig en die prostituut is blykbaar na die tyd oorval met huweliksaansoeke voor dit aan die lig gekom het dit was nie daai tipe stoot nie. Die twee het blykbaar ‘n meningsverskil gehad oor ietsie wat tot die stoot gelei het. Die man het blykbaar sy gewrig gebreek en het gemompel dit gaan dinge effe moeilik maak wanneer hy ‘n dratie wil kap. Hy het belowe om ‘n spraakterapeut te gaan sien want die prostituut hou vol sy het sy versoek vir die p-woord verwar met ‘n versoek vir push. Toe push sy.

5) Daar’s baie goed wat tydens die winter krimp. Goed wat kleinkoppie trek. Dit geld ook vir Winter 2017. Ha-ha. Geld. Want sulke resessie. Jip, ons geldeenheid vat meer houe as ‘n Blou Bul se vrou. En nadat ons land se bruto binnelandse produk vir twee agtereenvolgende kwartale gekrimp het, is ons nou vir die eerste keer sedert 2009 in ‘n resessie. So as jy kan, druk elke ekstra sent wat jy tot jou beskikking het in jou huislening in. En betaal jou skuld af. Selfs al is dit wit skuld. Was iemand se voete.
#SulkeAdriaanVlok.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
PK MalherbeVat Vyf! Week 23 van 2017 – Gupta leaks, Helen Zille en ‘n Sunnyside hoer

Gooi Comment