The Rutles is die 70s se Weird Al Yankovic

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Wanneer jy gatvol is vir die pad werk toe. Of jy is gatvol vir al die politici se kak. Of vir jou eie “moer my” gesig en ronde rolle om jou lyf. As jy jou baas by die fokken venster van die vierde vloer wil afbliksem. As jou laaste verhoging in 2009 was en jou girl laat is en jy is nou op die sweetlys. As jy jou boyfriend uit jou huis en in die knaters moes skop en met al sy besittings by die trappe af moes gooi want hy het jou beste vriendin gespyker, in die kamer langsaan, terwyl jy besig was om ‘n kak te vang en jy hulle gedempte hygkrete steeds kon hoor tussen al jou onstellende goorpensgeluide. As die ekonomie jou aan die kort krulhaartjies beetkry en alles gaan verkeerd op een slag, ten spyte van alle goeie bedoelinge en almal wil jou blameer vir alles, en jou laaste sjokolade in die laai by die werk het net spoorloos verdwyn en jy weet voor jou heilige siel dis daai etter van die IT department maar hy smile net asof hy vertraag is as hy jou sien….

Dan is daar net een ding wat jou sal opcheer: ‘n Komiese polivinielchloriedplaat! Vinyl Richie het alweer vir my ‘n skat geleen en soos oudergewoonte is dit iets waarvan ek nog nooit gehoor het nie. The Rutles se debut plaat gedruk in 1978. Ja fok, die plaat is al weer ouer as meeste van julle. Al ooit gehoor van Monty Python? Ek is ‘n moerse fan en incidentally ook van Eric Idle maar ek het nooit geweet hy was hierby betrokke nie. The Rutles het begin as ‘n fiktiewe band “gestig” deur Eric Idle en Neil Innes in ‘n kort skets vir Idle se Britse televisie komedie Rutland Weekend Television wat uitgesaai was tussen 1975 en 1976 op BBC TV. Maar hulle claim to fame was eers na die 1978 spotumentêr genaamd: All You Need is Cash. *Check ek kan ook fancy Afikaanse woorde gebruik*. George Harrison het in die SPOTUMENTÊR gespeel en gehelp met die skepping daarvan en as jy bietjie dieper delf sal jy agterkom dis eintlik baie meer as net parodie. Dis baie dieselfde as die “Weird Al” Jankovic tunes waarmee ek groot geword het. In ‘n mate vereer hulle The Beatles eintlik. Daar is baie meer respek en liefde betrokke. Meeste van die goed wat hulle gedoen het, noem mens pastiches. Ek het nog nooit daai word eers gehoor nie. Spastiesshhes watseding?

Neil Innes het saam met ‘n paar ander musikante twintig songs geskryf en dit was ook die soundtrack vir All You Need is Cash. The Rutles se debut album is dus ook die soundtrack waarvan ek nou praat. Kapiche? Dit lyk ook of The Rutles al in 1976 ‘n album genaamd The Rutland Weekend Songbook uitgereik het, maar ek is nie seker van daai een nie. Hulle het  toe eers weer in 1996 die album Archaelogy uitgereik het. Laasgenoemde was in antwoord op The Beatles se Anthology versameling. Later in die jaar 2002 het hulle ‘n opvolg rolprent gemaak genaamd The Rutles 2: Can’t Buy Me Lunch wat ‘n parodie is op die 2000 TV program The Beatles Revolution. Luister na die song Ouch! dan sal jy ‘n goeie idee kry waarvan ek praat.

Dis lekker sixties tunes gemaak in die seventies en altyd ‘n plesier om onder die naald te gooi. Gaan kyk maar of jy soortgelyke skatte kan kry in die kratte by die Vinyl Sale môre by Lucky Rodrigo. Vinyl Richie tune daar gaan moerse winskopies wees!

 

 

 

 

RolbeesThe Rutles is die 70s se Weird Al Yankovic

Gooi Comment