Selfmedikasie – Fokofpolisiekar se splinternuwe crowd-funded album en ‘n free show in Gauteng

In Kief musiek deur griffinRek jou bek

Die komende naweek kom Fokofpolisiekar hul belofte vir ‘n free show na aan hul Gautengse fans. In die meantime is die ouens nog dik besig in die studio om hul derde vollengte album te record wat (as ons nou reg onthou) iewers in Oktober release word, maar kom ons kom tot die punt – die nuwe album se naam is Selfmedikasie. 

Wynand Myburgh verduidelik:

“Hunter Kennedy, Fokofpolisiekar se hoof liriekskrywer, het ‘n liedjie geskryf met ‘n chorus waarin die woord “selfmedikasie” is en dit het ‘n werkstitel geword vir die liedjie. Toe ons begin rondkrap vir name vir die album het ons het probeer om uit die boks te dink en nie ‘n liedjie se titel te vat nie, maar op die ou einde het Selfmedikasie, soos al die ander album se titels, gestick omdat ons gevoel het dis die sterkste. Fokofpolisiekar vir ons was nog altyd ‘n tipe van ‘n selfmedikasie. Ons skryf hierdie musiek oorspronklik vir onsself en dis hoe ons Fokof benader: waarvan hou ons vyf? Wat wil ons graag hoor? As al vyf sê “ja dit maak vir my sin” of hou hoe van hoe dit klink, dan raak dit ‘n song. So fisies en ook spiritueel het Fokofpolisiekar selfmedikasie geword vir ons en ons dink dieselfde geld vir ons fans.”

Jaco S. Venter het verlede week sy drums by Heritage Studios getrack: 

“Alles klink lekker en natuurlik. Ons poog om ‘n meestal organiese tromklank op hierdie album te hê”

Hierdie week is Wynand se beurt om sy bass te wys en sy deel van die album neer te lé by Soft Light City:

“Ek voel geseënd om by so baie opnames betrokke te kon wees oor die jare, maar ek voel super geseënd om op Fokofpolisiekar se derde album in ons 14 jaar se bestaan te kan werk. Baie dankie aan almal vir al die ondersteuning oor die jare. Julle gee musiek ‘n lewe van sy eie. Ek raak regtig into hierdie album en ek dink dis by vêrre Fokof se beste materiaal tot op datum”

Daar het julle dit. Dis nou die album wat ons almal (al 1531 van ons) so saam help crowd fund het.  Die brasse het aanvanklik gemik om R500k in te samel om die nuwe album uit te sit maar het daai bedrag vêr verbygesteek en op die ou einde die insameling met R1,082 780 afgesluit. Omdat hulle so kontbaie zak ingesamel het, het die ouens besluti om free show in Gauteng te doen en daai show gebeur  hierdie Sondag, 18 Junie by  Rumours Rock City in Cresta

Line-up: Fokofpolisiekar, Stones & Gold, Howie Combrink, The Sextons, Made for Broadway & WONDERboom
Adres: Hoek van Weltevredenweg & Valley Laan
Kontak: Fred – 079 825 7995
Deure maak om 1:30pm oop. Fokofpolisiekar is om 6pm op die verhoog.
Kaartjies is FOKKEN GRATIS – MAAAAAR  Slegs 750 kaartjies is beskikbaar, so roer jou fokken ass.

Ons gaan volgende week bietjie in studio by ouens kuier met so paar kameras om te kyk wat hulle aanvang. As jy iets op die hart het of graag wil vra, droppit in die comments… 

 

griffinSelfmedikasie – Fokofpolisiekar se splinternuwe crowd-funded album en ‘n free show in Gauteng

Gooi Comment