PK van die maand: Mei 2017 – Gretha Wiid

In Wat is nuus? deur PK Malherbe2 Eiertjies

PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.

Mei se PK gaan aan ons eie Angus Buchan in drag, Gretha Wiid.
Dis nou die kaskenner. Kaskenner? Ja man, soos in is jy in die kas of uit die kas uit? Is jy the real deal of is jy kammakastig. As jy ‘n tottie het, hou jy van Kasper of Kassandra? So paar jaar terug het die kastige kaskenner boekies met die naam Lyfslim vir Seuns en Lyfslim vir Meisies geskryf waarin sy in karavaantaal 9 – 13-jariges kasty met haar breedvoerige kennis oor die moeilike grootwordjare. Jy weet, as jy agterkom jy het meer hare op plekke as hare op jou tande om haar boekies met ‘n kasarm vol kak kaf te draf. Sy het ‘n hele pienk kasteel mense de moer in gehad toe foto’s van ‘n bladsy of twee uit die boekies op Facebook geplaas is waarin sy toe reken jy kan gay raak van klavierspeel en skaakspeel en as jou pa dood is of as jou pa jou nie liefgehad het nie. Oorvereenvoudig ek? Miskien, but when in Rome… Liewe Gretha, die woord is gayregte. Nie gayverkeerde. Soos wat dit gebeur in rugby as die straight manne (want net straight mans speel rugby) baklei of gestraf word, moet ons dalk vir Gretha koelkas toe stuur. Gaan dink bietjie oor jou woorde en sieninge tannie. Want op die ou end is dit maar ‘n geval van straight of stryd…

Kom kry vir jou enetjie… kas-dwa!

PK MalherbePK van die maand: Mei 2017 – Gretha Wiid

Comments

Gooi Comment