PK van die maand: Junie 2017 – Atul fokken Gupta, Ajay fokken Gupta en Rajesh fokken Gupta

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

PK van die maand: Junie 2017 PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.

Junie se PK gaan gedeel moet word. Maar die 3 moerskonte wat die PK ontvang het geen probleem om goed te deel nie. Ironies dat die ou Afrikaanse spreekwoord sê die deler is so goed soos die steler. Want Atul, Ajay en Rajesh Gupta steel vir die eerste span. Die nuutste revelations in die senutergende #Guptaleaks sage is dat die Vrystaatse regering grotendeels die rekening van die 2013 troue by Sun City van die Guptas se niggie betaal het.

Want die Vrystaat is mos die land van melk en seëning. Wel, melk miskien. Want meeste van die geld kan nou gekoppel word aan ‘n ou Vrystaatse melkplasie buite Vrede wat as front gedien het vir ‘n geknoeiery. Melk is daar gemelk met geld wat meer kere getransfer is as wat ‘n beginner receptionist ‘n oproep kan transfer. Maar die fok weet, daai is maar net die tippie van die staatsgekaapte ysberg.

#Guptaleaks het ook onder andere die volgende reveal:

  • Dat Mosebenzi Zwane, destydse Vrystaatse what-what vir landbou en nou Minister van Mineraalbronne, saam met die Guptas na Switserland gevlieg het, nie om oor koeitjies en kalfies te gesels nie (daar is die melkplaas al weer), maar om hulle te help om die Optimum Steenkoolmyn op te raap.
  • Dat Malusi Gigaba, Minister van Finansies, sy mag gebruik het om burgerskap aan die Guptas toe te staan, baie vroeër as wat die wet toegelaat het.
  • Dat Faith Muthambi, vorige Minister van Kommunikasie, vertroulike staatsdokumente met die Guptas gedeel het.
  • Dat Des van Rooyen wat vir 38 sekondes Minister van Finansies was, se trippie Dubai toe in 2015 deur die Guptas betaal is.
  • Dat die Guptas ‘n voorkeur vir wit personeel gehad het en daarop aangedring het dat sekere poste deur blankes gevul word.
  • Dat die Backstreet Boys se vorige CD cover deur een van die Guptas se penvriende se niggie ontwerp is.
  • Dat 7de Laan op aanbeveling van die Guptas nie Oubaas se kontrak hernu het nie.
  • Dat ‘n dierewelsynsorganisasie omgekoop is om die Guptas se naam te bump op ‘n lysie om volgende ‘n worshond by hulle aan te neem.
  • Dat daar hard gewerk is om een van die twaalf sterretekens te verander na Gupta.
  • Dat Atul Gupta een keer by die Wimpy ‘n tjip op die vloer laat val het en toe onder een van die banke ingeskop het.

‘n Drie-dubbele PK aan drie broers. Staan nader, manne. Moenie indruk nie. Ja, Rajesh, vir R50 kan jy voor in die ry staan. Wag. Dit was omkopery ne? Bliksem!

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbePK van die maand: Junie 2017 – Atul fokken Gupta, Ajay fokken Gupta en Rajesh fokken Gupta

    Gooi Comment