Ja-nee, swaer – laat die Mamba jou pik…

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Van Arende se Sloet Steenkamp, die Castrol olie advertensie se Boet, Swaer en Moegae tot die begin van Radio Kalahari Orkes en hulle debut album, Stoomradio (2005) – wat goue status bereik het, as ek reg onthou. Going Nowhere Slowly was ook daar iewers tussenin uitgesaai. Ja-nee, swaer, die lede van die Radio Kalahari Orkes (RKO) – die wat gekom het, gegaan het en/of die wat gebly het – vermaak ons al jare. Oueres, jongeres, mooies, lelikes, plattes an langes. Seker maar die band en die fans, nê? Ek was nie so mal oor die eerste paar albums nie, maar miskien het die folk-rock pastiche van boeremusiek my dit dalk laat oorslaan in my jonger dae. Die eerste album van RKO wat my aandag getrek het, en wat ek pal geluister het, was Heuningland (2011).

Wie kan die amper volkslied gevoel van Staan My By saam met Chris Chameleon vergeet? Of Jolie Marie saam met Valiant Swart (die een met die Franse brrrrry vocals)? Die wulpse Jack Parow braai-folk-rap song, Blaas my Vuvuzela? Of Transboer se oplossing vir Afrikaners se identiteitskrisis? Ian Roberts en Rian Malan skryf gewoonlik die tunes en die nuwe album bou verder op die unieke klank en genre wat RKO geskep het oor die jare. Sommer lekker hierso aan die onderpunt van Afrika: bietjie Spanse dans, blues, Ghoema, jazz en folkerige boeremusiek. Alhoewel hulle nie so erg op colabs met ander groot name steun op Mamba nie, het hulle hierdie keer Jaco van der Merwe (Bittereinder) ingetrek om ‘n paar tunes te skryf en ook Lebogang Maoludzi met haar ongelooflike stem vir die vocals op Kilimanjaro gekry. Filmmaker en jarelange lid van RKO, Dan Roberts, het ook ‘n paar songs geskryf (of help skryf). Family vibes!

‘n Paar dinge op die nuwe album wat my ore laat tuit het was die manier hoe RKO Alicia van Dyk se backing vocals baie meer suksesvol en subtiel aangewend het. Of daai gedempte authentic fifties backing vocals op Shuffle Shuffle, chilled out onderstreping van die anti-politici boodskap in Ja Jy en baie warm vibes op Too Damn Hot. RKO gebruik ook meer Afrika influences en die keuse van Lebogang Maoludzi se vocals was ‘n stroke of genius. Saam met die Ierse viool gee dit die song ‘n unieke dualiteit en ek kon werklik die enorme berg en natuurskoon voor my sien terwyl ek na die song geluister het. Kilimanjaro is vir seker my gunsteling op die album. Kort op sy hakke is Ja jy, ‘n moerse chilled tune en dan ook Oor die See –  hompe nostalgie, onbeantwoorde liefde en ballingskap wat oor die see aangesweef kom. Daar is ook weer van die bekende komiese ditjies en datjies met minder ernstige temas en vlak humor.

Ek het meeste vna die tunes geniet, behalwe vir Charlize Please. Goeie liewe jirre, dis seker die mees irriterendste song wat ek in ‘n langtyd gehoor het! Skip! Skip! Skip! Vir al my vriende in die Moot – Rian Malan het ‘n song geskryf net vir daai girls daar, met wie almal al ‘n beurt gehad het. The Moot provides. Eish wena, Jezabel emancipate me from your spell! Dis ‘n fokken lekker album hierdie! Gaan skaf dit sommer nou aan!

RolbeesJa-nee, swaer – laat die Mamba jou pik…

Gooi Comment