Albert Meintjies – The Very Silence of Waiting in this Place

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Daar is ‘n beginsel in die wêreld van beleggings wat enige gesoute belegger vir jou sal voorhou voor jy enige belegging wil maak. Past performance is no guarantee for future results. Nooit gedink ek sal dit insiggewend kan toepas wanneer ek Suid-Afrikaanse musiek review nie. Maar dit lyk my 2017 is die jaar waarin ek my paradigmas sal moet aanpas as ek wil byhou. Eerder ek wat sukkel om by te hou as wat ek oor ‘n boring klomp kak moet skryf. Myns insiens, was Albert Meintjies se musiek, overall gesien, nog altyd redelik mediocre. Hy is ‘n talentvolle musikant maar sy musiek het my nooit hoendervleis gegee nie. Hy het siel gehad maar hy kon dit nie aan my oordra nie. It never reached me. Something was missing. Ek is seker die Psycoustic fans sal van my verskil en as ek weer na daai eerste paar albums luister sal daar tunes wees wat ek dalk sal like. But I know an underachiever from a mile away. En tog het ek al uitstekende albums review waarby Albert Meintjies betrokke was of op een of ander manier deel was van die kreatiewe proses (of as opname vervaardiger of medeliriekskrywer op ‘n aantal songs). Om net ‘n paar te noem: Ann Jangle se Kicking Sawdust (2015), The Martin Brothers se No Kind Season EP (2015) en meer onlangs Albert Frost se The Wake Up (2016). Mense kan nog steeds nie ophou praat oor die SAMA toekenning wat laasgenoemde ontvang het vir beste rock album nie. Dis glad nie ‘n kak CV daai nie.

So hoekom nou eers, na al die jare, release hy sy eerste solo album? Ek het hom die afgelope tyd raakgeloop by ‘n paar social events en kortliks gesels oor die space waarin hy nou is en dit het eintlik net bevestig wat die musiek self vir my oorgedra het. The Very Silence of Waiting in this Place het ‘n hele ander effek op my gehad as sy vorige musiek. “World music”, of die tipe African style acoustics wat hy die laaste paar jaar gemaak het, is ‘n moerse niche mark. In fact, dis ‘n niche mark, binne in ‘n niche rock musiek mark, binne ‘n klein industrie, in ‘n klein Afrikaland. En boonop ‘n land met allerhande historiese divisions wat jou mark nog kleiner maak. Behalwe vir die artistic plafon wat hy geslaan het, dink ek mense het die Albert Meintjies brand opsy geskuif na die slot op ‘n kleiner stage, heel eerste op die bill, of nadat die main rock band alreeds almal se minds geblow het. En as jy eers daar is dan kort jy iets spectacular om jou weer uit daai rut te kry.
Ek het noudiedag weer na Juluka en Savuka se ouer plate geluister en alhoewel Johnny Clegg en Sipho Mchunu aanvanklik maskanda en mbaqanga met westerse folk, rock en pop gemeng het, het Clegg later met Savuka selfs ander Afrikalande en Suid-Amerikaanse klanke ook bygevoeg. Clegg-hulle se “world music” was ‘n internasionale sukses en het ‘n groundbreaking verskuiwing in SA musiek veroorsaak. Hulle het dit reggekry om Zulu en Engels saam te gebruik in songs en steeds daai universal nerve raak te slaan waar al die verskillende influences perfek bymekaar kom en inblend met klanke wat relevant was in die eighties en nineties – en wonder bo wonder het dit net sin gemaak vir mense oor die hele wêreld. Hoe verklaar jy dit? Ek het geen idee nie. Of course het die politieke metafore in hulle musiek ook ‘n groot invloed gehad – maar dit kan nie al wees nie.

Alhoewel baie van die songs op hierdie solo album my laat dink het aan van Clegg se musiek wil ek by no means ‘n vergelyking tref met die twee nie. Ons leef in ander tye nou en hulle is two different artists altogether. Maar daar is iets magical daaraan as ‘n musikant sy ‘world music’ influences relevant kan laat klink. Of contemporary. Call it what you like. Ek dink dis die groot game changer wat Albert Meintjies kon regkry met sy solo album. Die stories waaroor hy sing is believable en eerlik en jy voel of jy saam travel in die Namib woestyn (waar hy meeste van die songs geskryf het). Ek voel nie uitgesluit deur inaccessible world music op hierdie album nie. Dis ‘n open invitation tot ‘n leeftyd se refleksie en ‘n terugblik op sy eie lewe – iets waarmee ons almal kan relate, veral as jy jou fourties bereik het. What have I done with my life? Why am I here? Klink dit bekend?
Ek het mooi geluister of hy iewers die bal laat val het maar ek hoor fokol wat my laat cringe. Hy is besig om ‘n baie meer sag-op-die-oor signature sound te bewerkstellig op meeste van die tunes. Ek hoop hy hou aan daarmee. Op Namib Blues gee hy bietjie vir Frosty die blues stuurwiel. Understandably. Duh. Op Dune 45 kleur Kobus de Kock Jnr, Chris van de Walt en Nick Becker die basic Jack Hammer-ish balad structure van die song beautifully in met hulle individuele talente. Maybe as ek nie ‘n Led Zep fan was nie, sou ek gemoan het oor Sunrise en Sunset. Daai page acoustic romp style instrumentals is al baie gedoen, maar fok, dit bly darem maar goed vir die siel. Wat nog? Jirre, Sweet Mother of Mine is ‘n baie persoonlike tribute aan Albert se ma wat oorlede is ‘n paar jaar terug. As dit jou nie move nie is jy van klip gemaak. En dan weer die uplifting tone en die klank van die penny whistle op Terrace Bay wat goud werd is. Ek dink ‘n artist kry eers genuine sy voice as sy critics van sy musiek begin hou. Of is dit dalk eerder anders om?

O ja, en voor ek vergeet as jy die Playar app download het jy cool content wat jy can access met jou selfoon van die CD cover af. Music videos, gig guides met allerhande cool updates ensovoorts. Streaming is boring. Hard copies met interactive content is die shit!

Rol sonder perke! Oor en uit.

Deel met jou tjommies!

    RolbeesAlbert Meintjies – The Very Silence of Waiting in this Place

    Gooi Comment