Watkykjy chat bietjie met Jonathan van die Oosrand van Radio Raps

In Watkykjy Interviews deur griffin1 Eiertjies

As jy Afrikaans magtig is, het jy moontlik al vir Jonathan van die Oosrand iewers raakgelees, gekyk of gehoor op die intertubes – of dit nou op Watkykjy was, YouTube of daai “Whats ups” wat jou grapgatvriende of jou swaer vir jou aanstuur. Jy ken hom dalk beter as Radio Raps of jy het dalk laat in 2016 Jonathan: Die Movie gekokkenodge.

Jonathan doen ook al hoe meer gereeld stand-up comedy shows by feeste en venues in die vorm van lewenslessies, amper soos wat ons dit hier op Watkykjy doen vir die afgelope 18 jaar. Ons het bietjie met die man gechat oor so paar dinge…

Hoesit.. uuhh… Jonathan! So vertel vir die Watkykertjies wat jou dayjob was voor jy die stage en die TV en die movies begin beklim het?
Lekke!! My day job was eers as polissmous en toe het ek ‘n company gehad waar ons Tyres recycle het na olie… dis maar ‘n kak job want niks stink soos ‘n tyre wat brand nie.

OK, die tyre deel – glad nie verwag nie. Siesa. Het jy nog altyd geskiem “fok my graft, ek wil eerder kakpraat virre lewe?”
Ek wou nog altyd kakpraat vir ‘n lewe, maar waar de fok begin ‘n ou? Meeste comedy clubs is Engels en ek wou vir ‘n fok nie gaan oudisie vir 7de Laan of een van daai sepies om te naam te maak nie.

So hoe is jou talent vir kakpraat discover? Het ‘n talent scout jou by die Boksburg vlooimark raakgesien en jou opgesign virre job of hoe het die storie nou eintlik begin?
Ek het ‘n klomp pelle op ‘n Whatssap group ge-entertain met voice notes van Radio Raps en toe eendag toe iemand dit vir my ‘n bar speel, sê ek vir die perd “Maar dis ek!” –  toe dink hy natuurlik ek praat kak. Toe dog ek “fok dit ek gaan ‘n video maak”. Daarna begin ek die page en toe nog paar videos en toe begin dit!

Tune bietjie vir ons wat jou lekkerste gig en jou kakste gig sover was en hoekom?
My lekkerste gig was by carnival city want dit was voor 3500 mense maar ek het dié naweek een in die Kaap voor 5200 gedoen by Grand West en daar is niks lekkerder as ‘n klomp mense lekker saam lag oor die kak wat ons almal aanvang nie! My kakste gig was eendag in Heidelberg toe die Heidelbergmanne en die Springsmanne 15 minute in die show in besluit het hulle gaan mekaar probeer doodbliksem binne 2 minute. Dit was fokken chaos!

Jy maak nou seker vet zak. Watse kar het jy gery voor jou famous geword het en waste kar ry jy nou?
Nee my tjom, hierdie is nie Amerika nie. Ek maak ‘n lewe maar daar is fokol choppers op my gras en niks plat karre in my driveway nie. Ek het voorheen ‘n bakkie gery en ek ry nog steeds nou my Ford Ranger – darem 4×4 nou, want ons bly in Afrika en soms het mens meer as diff lock nodig om uit die kak te kom in die land.

Bly jy nog in dieselfde huis in die Oosrand of het jy getrek? Of het jy net die granny flat groter gemaak en duurder toilette in jou kakhuise laat insit?
Ek bly nou in Pretoria, bietjie groter erf vir my honde nodig gehad want hulle fok die kleiner plekke op. Al my kahuise is steeds standard.

Pretoria is piele, ja. Vertel bietjie vir ons wie jou drie favourite local bands.
My favourite local manne is Fokofpolisiekar, Klopjag, en Jan Blohm

Hoe lank lees jy nou al Watkykjy?
Ek is nog altyd ‘n fan… dankie vir die waarheid, boys!

Daai Showmax vibes van jou met Life101 en Life201 loop fokken lekker. Kan ons dalk nog so paar verwag om op die Showmax platform te kokkenodge?
Yes! Ons gaan alles eventually op Showmax sit! Die shows en DVDs moet maar net eers die normale paaie volg, maar dan sal dit hulle verskeining maak.

Ek weet jy like van om ‘n vuil coke te drink, maar wat is jou tweede keuse? Ek wil die vuur aansteek en dier op vuur gooi. Kom ons maak ‘n hap.
Kyk, my hart het mos gekak, so ek moet minder en “gesonder ” drink, maar fok weet ‘n Premium en Coke (light) is lekkerder as Spur se witsous. Tweede op my lys is maar ‘n Castle light… maar eventually gaan ons ry en ‘n Premium gaan koop, my tjom…


Julle kan Jonathan se stand-up shows wat live by Emperror’s Palace record is, Life 101 en Life 201 op Showmax stream. As jy nog nie so gedoen het nie, sign hierso op vir jou 14-dae trial. Daar is kakbaie entertainment wat jy in twee weke sal kan kokkenodge en dan probably op sign…

Deel met jou tjommies!

    griffinWatkykjy chat bietjie met Jonathan van die Oosrand van Radio Raps

    Comments

    1. Lisa

      Hi Jonathan. Een vragie. Hoe ons sit in Duitsland en is mal oor jou sê goed en videos. Hoe gemaak om dit in die hande te kan kry?

      Gaan groot. Ons is mal oor jou.

      Groetnis
      Lisa

    Gooi Comment