Vat Vyf! Week 21 van 2017 – Lichtenburg brand, die nuwe Bokspan en Zim bel hemel toe

In Wat is nuus? deur PK Malherbe1 Eiertjies

1) ‘n Gyselaarsdrama het hom hierdie week afgespeel in Lichtenburg toe betogers oor dienslewering die uitvoerende burgemeester van die Ditsobotla-munisipaliteit, Daniel Buthelezi, gevange geneem het in die munisipale geboue en gedreig het om hulleself aan die brand te steek, sou die polisie te naby gekom het. I don’t see the problem. Toe steek die groep van 40 sommer maar die geboue aan die brand. Jip. Lichtenburg is toe in Lichtenlaaie. Sulke pun intended. Die burgemeester is toe darem bevry en die betogers is in hegtenis geneem. Deels omdat sulke wetteloosheid nie geduld word nie en deels omdat hulle list of demands nie aangedring het daarop dat Patricia Lewis haar hare moet straighten nie.

2) Allister Coetzee het die nuwe Bok-groep aangekondig en dit blyk verskeie oud-Springbokke, rugby-kenners en twee mense van Delmas is in hulle fokken noppies. Veral die aankondiging dat Warren Whiteley, die Leeus se kaptein, nou ook die Bokke sal lei is goed ontvang. Asof die Leeus-ondersteuners nog meer rede nodig het om te brag. Soos een kenner opmerk: “Whiteley is ‘n uitstekende keuse. Hy is ‘n welsprekende ou, hy is goed met die media en vertoon goed onder druk.” Okay, I am sold. Enigiets om nie na ‘n game te hoef te cringe as hulle met die kaptein gesels nie. “Ja fenks, the udder team was like the better team today and we can like to fenk our fans for sticking by us like shit to an Angora sheep’s butthole and we need to work on our game plan and not loess the ball so much in the, erm, whatchamacallit, die lynstane and to my whaaf: Dankie vir gistraand Martie.”

3) DStv. Skottel-TV. Maar na ‘n R180 miljoen boete wat hierdie week opgelê is aan DStv Media Sales, is dit dalk meer ‘n geval van Blikskottel TV. Dis baie geld. Dis soos, ek weet nie, 12 maande se DStv subskripsie daai. DStv het erken dat hy die Mededingingswet oortree het deurdat dit pryse en handelsomstandighede vir verskeie mediamaatskappye in 2011 vasgestel het. Wonder of Carte Blanche hierdie enetjie gaan feature? Ek skiem daar’s ‘n remote kans. Remote. Snaaks.

4) Nuus uit die Kaap Deel 1: Meer as 12 000 bottels (of 8169 liter) se drank is hierdie week in Kaapstad by die drein afgegooi. Die drank is alles oor die laaste paar maande gekonfiskeer na aanleiding van die stad se bepalings dat alkohol nie in openbare areas gebruik mag word nie. So, geen drank op die strande nie ok? Sien, educational what-what op watkykjy! So suip is uit, versuip is fine. Tog voel ek die drank hoef nie so gemors te gewees het nie. Daar is kinders in Etiopië wat nie eers drank het nie.
Nuus uit die Kaap Deel 2: Dis bekend gemaak dat ‘n span van die Universiteit van Stellenbosch en die Tygerberg Akademiese Hospitaal onlangs ‘n tweede penisoorplanting gedoen het. Kom weer? Inderdaad. Wat dit so merkwaardig maak is dat dit die eerste keer ter wêreld is wat hierdie prosedure ‘n tweede keer suksesvol deur ‘n mediese sentrum uitgevoer is. Maar darem nie op dieselfde ou nie. Die vorige kere het die dickters (hou op giggel!!!) met die tweede probeerslag blykbaar hulle name tottie gemaak. Sulke slaan-jou-knieë-en-spoeg-bier-deur-jou-neus-lag.

5) Watter celeb se nommer het jy op jou foon? Joel Stransky? Die ou in die Bulletjie-kostuum by Loftus? Eric Barnard van Eric Barnard Meubels? Brümilda van Rensburg? Die voorsitter van die Oppikoppi feeskomitee?
Dis fokkol pappie. Die Victory World International Ministries Two Chickens Cassper Nyovest Random What-what Vatso Flaffie Kerk in Zimbabwe se Pastoor, Paul Sanyangore, het God se nommer. Nie Dan Roodt nie. Soos in ‘n direkte lyn hemel toe, reguit deur na God toe. Geen onlangs afgestorwe PA wat eers antwoord of orrelmusiek terwyl jy aanhou nie. Die gelukkige bliksem het hierdie week sommer video footage van hom laat neem waar hy tydens die erediens namens een van die gemeentelede gou-gou God gebel het en toe vir haar en die hele gemeente vertel het wat God teruggesê het. Sulke belaglik. Laat Ray McCauley soos die Engel Gabriël lyk. Hy brag toe ook sommer dat hy die nommer met mense sal deel, maar tot op hede het hy nog nie. As jy hom dalk wil bel om die nommer te kry, sy nommer is 666.

PK MalherbeVat Vyf! Week 21 van 2017 – Lichtenburg brand, die nuwe Bokspan en Zim bel hemel toe

Comments

Gooi Comment