Disarmageddon – kaklekker local trash metal!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Disarmageddon – Contagion Demo
Ek dink dis tyd om weer bietjie ‘n nuwer band ‘n kans te gee wat onder die radar operate. Hierdie demo klink meer soos ‘n polished EP vir my maar met vandag se tegnologie is demos seker nie meer so low budget met kak kwaliteit klank nie. Aaaah, die goeie ou dae van proudly Metalhead wees op skool.

Hierdie klomp thrash metal heads het my nou weer terug in tyd gevat – toe meeste cheesy eighties pielkoppe met hulle Studio Line hair gel en new wave hairstyles op BMX’s rondge-cruise het – of met pienk Le Coq Sportif hempies en wit moccasins ‘n Miami Vice probeer pull het op Pick and Pay special skateboards. Posers. Damn, ek het nou die pap dik aangemaak, maar ek dink julle kry die idee. Die girls het daai aaklige Dynasty big hair styles rondgebalanseer op hulle koppe en met cat suits en breë skouer tops in winkelsentrumteekamers en Wimpy bars uitgehang. Pop Shop plate was soundtracks vir house parties as jy redelik ‘with it’ was. Gé Korsten en Bles Bridges was vir die spesiale kinders en Jacqueline’s of Limelight was die bekende jols om op te hook as jy wou broeknaai. Dit was ‘n kak tyd om ‘n metalhead te wees. Die parate onderwysers wat deur die sisteem ge-confuckulate was kon ek nog handle, die ACSV se heksejagte ook want die arme mense kon nie help om die duiwel in alles te sien nie en ons metalheads het die profiel perfek gepas (en jirre was ons aspris en maar te ywerig om daai rol vir hulle te vervul!). “Help,help hulle jaag my!” Sulke laaities met 666 Iron Maiden t-shirts en horings wat uit hulle voorkoppe groei wat die ander kinders jaag in hulle nagmerries. Bhwahaha! (Evil laugh).
Nee, wat my die meeste afgepis het was dat ons metal fans moes tevrede wees met die scraps van oorsee af. As jy lucky was het iemand wat by die CD winkels aankope gedoen bietjie verder gedink het as net die bekende thrash, hard rock of glam rock bands en onbekende musiek ook bestel. Maar dit het min gebeur in die eighties en early nineties. As ons maar net internet gehad het daai tyd. Sug. Ek onthou nog presies waar ek was toe ek die eerste keer Metallica gehoor het. Nuwejaarsdagpiekniek. Silkaatsnek Natuurreservaat. 1989. Huisvriende van ons se seun (en een van my ouer tjommies) het Kill ‘em All op sy double tape deck gegooi so entjie van die grootmense af – net voor die waatlemoene gesny is vir nagereg. Ek het dit onmiddelik getape. Fok die waatlemoene. Sommer so op high speed dubbing. Enige musiek junkie wat sy sout werd was in die eighties het leë tapes in sy kassettassie rondgedra. Net vir ingeval ‘n tjommie iets befoks by sy ander tjommies getape het. Ek het nog nooit so iets gehoor nie. Thrash metal blew my mind!
So twee jaar later was ek al ‘n metalhead met “ondervinding en kennis” en at least een Stryder show agter die rug. Die enigste local thrash metal band in Pretoria daai tyd. Dit was net voor Nirvana die meeste van ons weer in ‘n ander rigting laat rock het en ons moes maar tevrede wees met covers van Seek and Destroy want die international cultural ban het gesorg dat, wat ons nou die Big Four noem nie, naby ons land sou kom nie. Fok, Anthrax en Megadeth was anyway nog nooit hier sover ek weet nie. Ek weet in elk geval ook nie of hulle al genoeg geld gehad het in die eighties om Afrika toe te fok nie. Ek het so een VHS music video compilation by Top CD gewaar in 1991 toe ons gaan klere koop het en dadelik my ma gesmeek vir ‘n lassie. Dit was iets soos Metal Vision, ‘n Roadrunner records release. Dit het bands soos Annihilator, King Diamond, Killing Joke, Mötorhead, Wasted youth, Sepultura ens opgehad. Die rede waarom ek dit noem is een van my favourite thrash bands was ook daarop. Gothic Slam. For some reason het hulle het nie moerse goed gedoen nie en net een album release in 1989, maar hulle was befok!

Toe ek die eerste song van hierdie demo hoor was ek dadelik weer in Standerd Sewe voor die TV besig om te headbang in plaas daarvan om huiswerk doen.”Hey you over there, why don’t you cut your hair? Who died? And made you God? Well, Who died?And made you God?” Disarmageddon laat my baie aan Gothic Slam dink. Dis full on old school late eighties thrash met al die lesse van die eighties al reeds geleer. Jy kan ‘n bietjie van elkeen van die Big Four hoor in Disarmageddon se tunes. Die galopping riffs, die donker acoustic of stadiger kitaar additions tussenin, die meer technical dual kitaarwerk en solos ensovoorts. Nick Müller en Matt Jordaan onderskeidelik op ritme en lead doen nie ‘n slegte job nie, né. Jay Troskie se vocals is so thrash soos kan kom en baie naby aan Daniel Gomez van Gothic Slam sin, maar hy het ook ‘n range daar beet wat hy nog baie kan explore. Die apocylyptic en political lyrics is kenmerkend thrash metal maar hulle skryf uit ‘n African perspektief, wat dit nogal kief maak. Baie mense tune metalheads expand nie genoeg creatively nie, dis argaïes en na dertig jaar nog presies dieselfde sonder enige ontwikkeling. Aan die eenkant is hulle reg want dis asof hierdie bras in ‘n time capsule was vir dertig jaar en die invloede van die alternative en grunge movement, die nu-metal fase en sommer die diversifikasie van die metal scene oor die algemeen (met al sy bose vertakkinge) heeltemaal vrygespring het. Ek dink hierdie album is recorded in 1989 en Disarmageddon het vorentoe in tyd ingefok met ‘n elaborate plan om thrash metal weer terug te bring in 2017 se SA metal scene.

“What are we going to do tonight Ash?”
“Same thing we do every night Desmond”

Haha! Check, dit is ‘n realiteit dat mens bittermin live thrash metal hoor deesdae – en dis jammer. Metal venues speel net die classic thrash bands tussen die black, death en groove metal acts se sets by die metals shows, seker maar as ‘n tribute to a bygone era. So is daar nog ‘n plek vir thrash metal in die metal scene? Hoekom die fok nie? Bring dit terug in groot maat, sê ek! Dis ‘n befokte subgenre! Mens raak ‘n bietjie versadig na ‘n ruk van al die donker swart bose metal ook. Ek sal graag wil hoor hoe klink Disarmageddon as hulle al langer saam jol en nog tighter is as nou, maar daar is nog baie tyd en ruimte vir verbetering. Gaan check dit uit!
https://disarmageddon1.bandcamp.com/releases
https://www.facebook.com/Disarmageddon/

Deel met jou tjommies!

    RolbeesDisarmageddon – kaklekker local trash metal!

    Gooi Comment