Ontmoet Friends With Leaves!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Ek het nog nooit vroulike Indie Alternative artists of bands as ‘n genre op hulle eie beskou nie. Dit sou nogal seksisties wees, maar ek is seker daar is nog steeds ‘n sekere influence waarde tussen vroulike artists, of om dit anders te stel – ‘n sekere tydvak se vroulike artists inspireer weer die volgende generasie vroulike artists, nie waar nie? Jy kan ook nie stry dat hulle ‘n hele ander aspek van rock and roll uitlig nie. En ek bedoel nie net sex appeal nie. Ek bedoel dit seker ook, maar dis meer as dit. Daar is ‘n finesse en femininity in hulle rebelsheid wat mans net glad nie kan namaak nie. Vra maar vir Boy George of Pete Burns.

OK, so die wortels van Indie rock kan hoogs waarskynlik in die punk dae gevind word. Daar was onder andere legendariese bands soos Blondie (Debbie Harry) en een van my gunsteling bands uit daai era, Chrissy Hynde and the Pretenders! Aaah man, en moenie die goths soos Siouxsie and the Banshees vergeet nie! OK wag, gooi sommer eclectic alternative folk soos Suzanne Vega ook in die mix. So reg uit die weird-as-fuck-post-punk-eighties dae uit.

Teen die nineties was daar ‘n moerse verskeidenheid Indie rock vroulike artists om van te kies. As ek nou terugkyk het ons nie die verskil agtergekom tussen manlike en vroulike artists se musiek nie. It wasn’t really a thing to differentiate. Al word ons Gen X kids altyd daarvan beskuldig dat ons te veel ge-label het toe ons jonger was. En ja, ons het ‘n aparte metal scene en ‘n punk scene en ‘n goth scene gehad. To name but a few. Die rede hoekom ons nie die verskil in Indie Alternative musiek agtergekom het nie, was probably omdat daar genoeg quality en quantity bands met verskillende geslagte was daai tyd. Ons het dit vanselfsprekend aanvaar. As jy nog grunge en goth musiek saam met Indie geluister het was daar ‘n moerse verskeidenheid influences by wie jy kon gaan intap as jy female inspiration nodig gehad het. Ek praat nie eens van die ouer rockers soos Joan Jett en die Wilson sussies van Heart nie. Off the top of my head the Breeders (Kim Deal van die Pixies faam se band), No Doubt (Gwen Stefani), The Cardigans, The Cranberries (Dolores O’Riordan), Frente!, Lisa Loub, Alanis Morrisette, L7, Björk, Garbage (Shirley Manson), Hole (Courtney Love). Ek kan nie almal onthou nie want ek is fokken oud, maar daar was nog baie.

Locally was daar ‘n band wat ons stukkend geluister het – Henry Ate. Karma Swanepoel was die girl se naam. Fokken excellent gewees! Ek dink Willem Möller het nog haar eerste album produce op ‘n shoestring budget as ek reg onthou. En toe het sy ‘n deal met EMI gekry vir die tweede album. Daarna het sy die band se naam na Karma toe verander en wel, ek skiem sy was maar net nog ‘n slagoffer van die mid-nineties SA music scene wat nie rêrig iewers heen beweeg het nie, want ek het nooit weer van haar gehoor nie.

Na die 2000s het ek minder van ‘n clue gehad wat gebeur in die music scene. Te veel grootmenskak gehad om my mee besig te hou en my aandag was heeltemaal te min op moderne Indie musiek gefokus. Ek weet net van die Yeah Yeah Yeahs en the Kills basically. Mens kan seker ook van Avril Lavigne se tunes sien as Indie Alternative? Locally in vandag se terme is ek nog meer clueless. Ek review so nou en dan ‘n local Indie band, so ek weet die kids maak befokte musiek en die wat ek al gehoor het, weet wat hulle doen, man! Ek dink in 2017 is die vraag nie so seer gender based nie (of scene based) nie maar meer of bands wat Indie rock musiek maak nog steeds so relevant is soos back in the day? Alhoewel, in SA sien ek minder vroulike bands as manlike bands, for some reason. Kan die millennial kids hierdie tipe musiek se fakkel oorneem en weer laat opvlam? Manlik of vroulik, maak nie saak nie. Julle hardcore modern Indie fans sal ‘n beter idee hê. Ek is aan julle kant anyway, want ek is een van daai old school Toppies wat dit nog dik smaak.
Maar anyways, dis die agtergrond vanwaar ek Pretoria se eie Friends with Leaves se EP, Sleep on It, benader het. Friends with Leaves bestaan uit beide manlike en vroulike artists en almal se talent is duidelik te bespeur. So ek reken jy kan sê dis ‘n ware millennial band. Very equal and no labels. En hulle musiek is ook nie beperk tot een styl nie. Back in the day sou ek gedink het dis ‘n hele paar verskillende bands op een EP. Jy gaan van Gwen Stefani, Lisa Loub, bietjie Avril Lavigne en ook Karma Swanepoel met tye hoor. Daar is een heavy grunge rock song genaamd Transylvanian Summer wat nader is aan my musieksmaak. Sulke male grunge metal vocals. Fokken gatskop tune! Seker maar omdat ek musiek luister soos wat wynproeërs wyn proe. Ek hoor sulke stukkies van die verlede in elke song construction. Ek gaan seker altyd maar musiek label maar jirre, dis fokken amazing wat die millennial kids deesdae op ‘n shoestring budget kan regkry. Hulle staan nie terug vir dit wat die groot name in die verlede gedoen het nie. Gaan luister self.

Ek dink tog die nuwe Indie sound het ‘n tikkie meer positiwiteit in meeste van die songs. Ons leef nie meer in die nineties nie en musos doen minder heroin. Die mense wil net goeie musiek maak en hulle lewens geniet. As jy my druk vir ‘n antwoord sou ek sê hierdie tipe musiek gaan nie meer die top of the international charts haal nie maar as ek ‘n student was, is hierdie die tipe musiek wat ek sou wou hoor terwyl ek die beste jare van my lewe geniet! Dis ook die tipe musiek wat jy wil luister as jy die beste tye van jou lewe twintig jaar later onthou en jy is gatvol vir die ou musiek wat ons toe geluister het.

Wat het the Who gesing?
The kids are allright!
Ek stem saam!

Friends With Leaves Facebook page: https://www.facebook.com/friendswithleaves/

Deel met jou tjommies!

    RolbeesOntmoet Friends With Leaves!

    Gooi Comment