Thys Nywerheid se splinternuwe album!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Hierdie band is fokken lekker. Jy sien, karma beloon my nou die afgelope twee jaar vir al die befokte musiek wat ek gemis het terwyl ek in die 9 tot 5 tronk was en net na kantoorklanke moes luister. My geskiedkundige kennis van SA musiek is nog slightly beperk en disjointed, maar elke week leer ek meer en meer. Hoop van julle leer saam met my?

Ek was nog besig om Thys Nywerheid se splinternuwe album vanoggend te luister en rond te krap op die interwebs vir info toe kry ek hierdie vierjaar oue link op Watkykjy.  Detour! Detour! En daar haak ek vas op hulle vorige album, Wit Geraas Vir Donker Dae (2013). Check dit eers bietjie uit. Ek delf so verder en check Dawid Kahts was betrokke by Battery 9 en Nul. Ek was mal oor Battery 9 toe ek op varsity was en Nul is een van my favourite Afrikaanse industrial bands – al het ek dit eers twee jaar terug ontdek. Ek luister nou nog daai Twee CD van hulle. Vrees, Swart, en Pyn! En Kokainekop Kosie. Arme Kosie met sy gomgat Vim. Iemand was nog briljant genoeg om Kung-Fu Master se tune ook te sample. Verslawend, daai album.

Ok, so Thys Nywerheid se eerste album Husse met Lang Messe (2008) was volgens allerhande soorte credible en wannabe kritici groundbreaking. Ek glo dit as ek so na hulle cover van Bernoldus Niemand se Snor City op Youtube luister. So Beastie Boys tipe video – ‘n funky breakbeat rock and roll tribute. Ek is gewoond daaraan om die bands waaroor ek skryf se back story in ‘n dag of twee te probeer opvang en op te som. Dis nie maklik nie maar as mens die musiek verstaan is dit makliker. Thys Nywerheid was dadelik ‘n breë spektrum antibiotika wat ‘n hele paar van my musiekverslawings laat bedaar het. As jy in die nineties alternative musiek geluister het sal jy nie bang wees vir die regte fusion van elektroniese klanke, giftige beats en lekker kitaar riffs nie. As jy bietjie Tribe Called Quest en Red Hot Chili Peppers ook geluister het sal jy selfs ‘n jazzy funk rock inspuiting kan geniet.

Ek skiem Thys Nywerheid was een van die eerste SA bands wat die rock and turntable sound suksesvol kon vermeng. Ek hoor millennials hou nie van labels nie en luister alles, so there! Feast your ears on this, little ones. Hierdie band is nie net vir ons ou mense nie en hulle is bilingual. Partykeer klink hulle vir my soos ‘n electronic Supergroove (Nieu-Seelandse funk rock band wat in 1995 hier was vir ‘n toer), partykeer klink hulle soos Valiant Swart met ‘n fluitjie, sonbrille op en ‘n rave outfit aan. Nts,nts,nts! Ek hoor selfs country en Dire Straits influences. Nts, nts, nts, yeeeehaaaa! Can you picture that shit? Soms gooi hulle ‘n eighties synth pop rock beat – maar meestal is daar ‘n unieke hat tip na oorlede Bernoldus Niemand en derhalwe die hele Voëlvrybeweging. Soms groove hulle net met ‘n The Knack/Joe Jackson seventies rock vibe. Dis ‘n fun sirkus van genres, maar nie over the top nie. Hulle verryk ons met calculated satire. Politici, consumerism, Afrikaners en hulle kak musiek, godsdiens, corporate culture en social media loop almal deur. Hulle bring ook ernstige sosiale kwessies soos verkragting, armoede en korrupsie weer onder ons aandag.
Musiek is ‘n meer aangename medium as die nuus op TV of selfs sosiale media in my opinie. Ja, ek wonder ook waarom die wêreld so faktap is? Brekfis in Orania is hulle derde en nuutste offering. Ek wonder of as hulle die song Afrikaans is Groot aktief bemark in die Afrikaanse pop scene, hoeveel stupid mense sal dit koop en dink dis for realzies ‘n ware lofprysing? Julle kan fokken geld maak, bras! Ek wil graag hierdie CD op supermarkrakke sien. What say you? Julle kan by Orania se korporasie begin. Maak geld en prys Mamon! Wat? “Fokof Rolbees?” Fine. Ha!

Die title track is catchy, ‘n verhaaltjie oor wat kan gebeur as ‘n libtard met ‘n gewete dalk daar opeindig een dag. Het hulle al ‘n Checkers? Wonder of van daai Suzie Bruwer (Agter Elke Man) girls till slaan daar? Sy was mos ook Kookd on Kronix. Dié song is fokken snaaks en moer funky. As jy al ooit so gerook soos ‘n spook was sal jy verstaan. Een van die songs het my nuuskierigheid erg geprikkel, The Way of the Panga. Toe moes ek eers vinnig by Dawid Kahts uitvind. Dis toe eintlik ‘n song wat hy en ‘n Tshwana rapper genaamd Pateletso William gedoen het. Dit was vir ‘n ander projek genaamd Panga bedoel maar ongelukkig het die projek doodgeloop. Thys Nywerheid het dit as ‘n afterthought opgesit. Fok, ek wag al jare lank dat iemand so iets doen met juis hierdie spesifieke sound. Wat van ‘n hele fokken album van hierdie tipe vibes as ‘n side project, dudes? As jy nog nie vir Thys ontmoet het nie, dan is dit nou bietjie tyd. Thys Nywerheid everybody! Badumtish!

Hulle jol 31 Maart by Railways Café

En die album is hier beskikbaar:
Google Playstore 
Spotify
Amazon

Deel met jou tjommies!

    RolbeesThys Nywerheid se splinternuwe album!

    Gooi Comment