Taxi Violence surprise ons met ‘n nuwe EP

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Taxi Violence – Shape and Form I
Ek voel ‘n bietjie vandag soos op skool toe ek nie al my huiswerk gedoen het nie. Wat heel gereeld was. Ek dink ons Gen-X kids is soms te gevestig in ons weë en gee die millennials dalk te veel kak oor hulle boer op die internet, tablets en snapchat ensovoorts. Het ons nie maar dieselfde gedoen net in ‘n ander tydperk nie? En doen ons nie dieselfde nou nie? Komaan admit dit. Ons is bietjie hypocritical soms. Ek het way te veel TV en videos gekyk in die middae na skool en te min studeer – en natuurlik befokte musiek in my kamer geluister. Ek het ‘n vermoede Taxi Violence het ook. Maar meer daaroor later.

My Engelse juffrou in matriek het my eenkeer getune ek kan net sowel inskryf vir ‘n korrespondensiekursus. Miskien moet ons ophou grompotte wees. It’s all about looking around you and adapting to the times! Griffin kry dit beter reg as ek. Maar ek probeer hard. Gewoonlik as ek ‘n kort EP wil review gooi ek nog ‘n EP by maar ek het eers gisteraand agtergekom Taxi Violence se nuwe EP het net drie tunes op. Oh shit. Ja, ek het al weer te veel TV en movies gekyk. En OK, Facebook ook, ja. Die grootste mors van tyd ever. Hey, I’ll just have to fake it! Fake it till I make it. Badumtish! Maar jy sal verbaas wees. Selfs drie songs kan mens genoeg inspirasie gee om iets aanmekaar te slaan waaroor mense kan dink.

Die rede vir slegs drie tunes? Julle millennials wat in amateur bands jol moet nou oplet in die klas. EP’s is niks nuuts in die musiekbedryf nie. My nuuskierige agie vragie vir vandag is: Is EPs iets wat slegs gepas is vir nuwer jonger artists of kan meer gevestigde artists ook die pad meer gereeld volg sonder dat fans moan daaroor? Taxi Violence (en ‘n hele paar ander bands op hulle level) gaan hierdie jaar weer ‘n paar tunes as EPs release en dan eventually werk na ‘n vollengte album toe. Check bietjie, baie artists doen dit deesdae. Hierdie EP se naam is Shape and Form I. Die press release tune: ‘Releasing music in increments allows the band to give their fans “new material more regularly”’. Fair enough, dis seker waar en natuurlik ook die perfekte PR explanation, maar ek gaan nou ‘n klomp aannames maak en wanneer ons George van der Spuy en kie interview, as die vollengte album release word, kan hulle my tune of ek sin maak of tos gepraat het vandag. Dis meer interesting as om net die press release te copy, don’t you think?
Ek en ‘n paar tjomme het onlangs probeer om ‘n ou blues cover te record onder Griffin se leiding, net om te kyk of ons dit kan doen. Meestal amateurs maar ook met die hulp van enkele pros. Ons is nog besig met die projek en sal later iets daaroor skryf, maar die experience het my sover baie meer insight gegee oor wat die recording proses actually behels. Ek is seker daarvan ek gaan nog meer leer as dit by mastering kom. Dis nie net sommer van “hey fok ouens, kom ons record ‘n song, ha ha” nie. Dis nogal scary as jy daar voor die mic staan en jy moet sing. Dis ook harde werk selfs al voel dit soos speel. Voor ek begin skryf het vir Watkykjy was ek uitsluitlik ‘n vinyl en hardcopy junkie en alhoewel ek digital musiek besit het, het ek strictly old school gedink. Regte musos record mos ‘n album (of deur middel van ‘n record company of independent) alles op een slag, verkieslik live en dan druk hulle CDs of vinyl, promote dit of self of deur ‘n promotor en dis hoe jy jou geld maak. Live shows is net om jou album verder te promote, nie waar nie? Dis nog steeds die persepsie daarbuite by baie mense wat niks van die bedryf af weet nie. Ek weet nou ek het duidelik nie die challenges in die musiekbedryf daai tyd verstaan nie.

Hoekom kan ons eenvoudige besigheidskonsepte in ander bedrywe so vinnig snap maar as dit kom by die kunste dan slaan ons ‘n blank? Die musiekbedryf moes ook ‘n manier kry om aan te pas by die kak ekonomie, vraag en aanbod en al daai kapitalistiese kak. Hier is ‘n newsflash vir julle: om te record kos geld en neem tyd op. Tyd wat artists kon gebruik het om ‘n inkomste te verdien somewhere else. So uit daai oogpunt is dit meer ekonomies om bietjie vir bietjie te record. Taxi Violence kan meeste van hulle tyd aan ‘n album recording spandeer en dit dan release en dadelik airplay kry by sekere radiostasies – maar om deesdae net daarop te steun werk nie meer nie. Dit vat te veel van jou tyd en jou reach is inevitably te klein. As jy musiek in increments release kan jy gou agterkom as jy nie op die regte spoor is nie en adapt deur na jou verkope en die response van jou fans te kyk. Deesdae sien meeste jonger SA artists hulle albums anyway meer as business cards of promotion vir hulle live gigs in clubs of by festivals. En live gigs en festivals is hoe musos geld maak deesdae – en dis ook verdere promotion. Behalwe vir sekere festivals wat nie fokken betaal nie…

Anyways, die gevestigde artists het dalk ‘n slightly meer balanced income revenue stream van live shows, albums en merch maar my punt is die ouer traditional rock and roll business model werk al jare lank regtig nie meer nie. Globally in fact! Voeg by dat meeste musos in SA ander day jobs het of ‘n klomp ander kreatiewe ysters in die vuur het of in verskeie bands jol. Dis teen hierdie backdrop dat “releasing music in increments” baie meer begin sin maak het die afgelope paar jaar. Danksy die internet.

Ons weet George het sy eie studio so in hulle geval was recording costs dalk nie so groot oorweging nie maar dis steeds ‘n slim manier om te werk te gaan. Want in stede daarvan om twee jaar te wag voor hulle ‘n nuwe album kan uitreik kan hulle meer konstant tunes release en die hele cycle word nie so maklik onderbreek nie. Taxi Violence kan shows doen waar hulle van die nuwe stuff speel, mense kan dit solank op iTunes koop en hulle kan feedback in ag neem wanneer hulle nuwe tunes skryf en wanneer die band se budget meer gunstig lyk, kan hulle besluit of hulle net op CD of dalk selfs vinyl wil druk. Ek dink ook dit vat langer deesdae om iets truly unique te probeer doen. Dis 2017, nie 1973 nie. Rock and roll het al so evolve, ek weet nie hoe artists dit nog regkry om original te klink nie.
Daar is natuurlik cons wat incremental releases aanbetref ook,  maar meestal net vir ons ou toppies en tannies. Die gevoel om ‘n CD op vinyl oop te maak en die hele offering die eerste keer deur te luister is nie meer daar nie. As jy eers die songs in increments luister en jy koop dan later die hardcopy… Maar jy het seker die keuse om eers te wag voor jy die hard copy later koop ook. Nog ‘n ding – daar is ‘n sekere energie as jy ‘n band ‘n kort tyd gee om ‘n album te record of dit ‘n meer live gevoel probeer gee deur die core members van die band songs saam te laat record en dan net iets soos orrel of horn sections by te sit later – want dan kom daar sekere tipes creative chemistry na vore. Baie van die SA blues artists doen dit nog so. Ek love dit as hulle dit regkry! Beteken dit as bands nie op die “ou manier” record dat die magic verlore gaan? As jy met ‘n click track record en lego blokkies bou en skaaf en skaaf aan ‘n album is dit nie genuine musiek nie? I don’t think so. Dis wel baie anders. Ek mag miskien net een song try cover het vir fun maar ek weet nou mens het steeds kreatiwiteit nodig om dinge te maak werk in die studio. Ek sal byvoorbeeld nooit musiek kan waardeer wat uitsluitlik deur ‘n robot geskryf is en perform word nie. Daai menslike juggling van onvolmaaktheid en volmaaktheid om by die finale produk uit te kom is een van die dinge wat ons dryf na musiek toe. It’s never perfect but it’s not imperfect either. And that makes it perfect for some.

Die feit is, die publiek is lankal gewoond aan ‘n meer polished tipe album sound. Dit het seker begin in die seventies met Brian Eno en Roy Thomas Baker-hulle en ook in die eighties met mense soos Mutt Lange se amper OCD production skills. But it’s still art, my friends. It’s still beautiful art! Ek moet bieg – ek het nog nie Taxi Violence se ouer albums onder die knie gekry nie. Ek het hulle een of twee keer al live gesien back in the day. En dan het ek Loedi en George saam met die Blood Brothers sien optree die afgelope twee jaar, maar ek ken net hulle bekende tunes. Ek sal graag in die toekoms hulle ouer, minder bekende stuff alles wil deurgaan. Al vyf vorige albums. En daai Goodnight Wembley album ook. Bang! Ek het nog altyd getune Taxi Violence en Goodnight Wembley maak befokte big arena rock musiek. En ek sou graag ‘n huge live concert wou sien saam met ‘n paar van die ander big guns soos Black Cat Bones en Fokofpolisiekar maybe. Daai tipe van size. By FNB Stadium met full international sound en sê 80 000 mense wat uitfok. Hoe klink dit? Jirre, as ek Trump se geld gehad het, nê!

Maar kom ons kyk na die tunes op die EP. Die eerste een is nogal ‘n hardrocking anthem. Die Nickelback van Suid Afrika, Seether, het ook ‘n soortgelyke ‘Fake it’ song in 2007 release. Taxi Violence se tune skop meer gat en as jy meer in detail luister is die subject matter iets heeltemal anders. Eersgenoemde gaan oor general fakeness (probably in die music industry, who knows) en hierdie is meer spesifiek gerig op mense wat maak asof hulle kennis het in nuwe situasies om te survive. Dis nogal iets waarmee ek kan relate. Dit som my hele working career op, man. Ek dink meeste van julle kan relate. Face it, julle almal maak of julle fokken alles weet by die werk meeste van die tyd. En eintlik weet julle fokol. Veral as jy management of ‘n executive is. Hell, I’m faking it right now.  Fake It se music video is gebaseer op een van daai movies wat ons stukkend gekyk het na skool in die eighties, Weekend at Bernie’s. Ek sê mos Taxi Violence het te veel videos gekyk en nie hulle huiswerk gedoen nie.  Gaan download die original movie bietjie en dan check jy die Fake It music video. Dis fokken cool.

Hier is ‘n trailer solank:

Daar was ‘n klomp sulke Fake it till you make it movies back then. Ek dink daar was ‘n sequel ook en nog ‘n movie waaraan ek kan dink is The Secret of my Success met Michael J Fox in die hoofrol. Kief konsep vir ‘n music video so met die Japanese met engelse subtitles by. Hier is nog ‘n tip vir jong musos: Kry vir julle ‘n cool sponsor en dra hulle t-shirts in jou videos. Net nie Doom of Brylcream of iets tos nie asseblief. En sorg dat die bassist in jou band befokte videos kan maak. Ek het juis gister gelees dis wetenskaplik bewys dat bassists die belangrikste doel in ‘n band verrig. Loedi van Renen weet dit mos lankal. Captive by Design is my favourite tune van die drie. Ek wou dit eers met Wolfmother vergelyk maar dit het ‘n baie meer nineties sound. Meer grunge en meer alternative rock – minder seventies. Veral daai trippy kronkel kitaar en dromerige bridge – so tussen die rowwe rock riffs deur. George kan ook nogal baie met sy stem doen. Of meer prominent vocals gooi soos met Fake it of meer spacy subdued vocals soos op Captive by Design. Single tracking of double tracking. It all works for me. Bietjie Soundgarden influence ook, maybe.

Taxi Violence is ‘n tight creative rock band, so ek is nie verbaas dat hulle so befokte tune kon uitdink nie. Goeie werk! Grindstone skop ook die poepstring af maar die ander twee tunes overshadow die song bietjie vir my. Personal preference, I guess. Bring on the rest, Taxi Violence! Watkykjy wag in spanning!

Deel met jou tjommies!

    RolbeesTaxi Violence surprise ons met ‘n nuwe EP

    Gooi Comment