PK van die maand: Riaan Lucas

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

PK. Afkorting vir perdekrag. Of poskantoor. Maar hier by Watkykjy, verkies ons die Poesklap-weergawe. En elke maand gaan ons een lekker stywe PK uitdeel aan iemand wat uit sy of haar pad gegaan het om die nasie kollektief af te pis. Soos in fokken all-the-way pappa.
Februarie se PK gaan aan niemand anders nie as Riaan Lucas.

Die naampie het vinniger opgang gemaak as ‘n aspirerende country-sangeres by ‘n tweederangse vlooimark. Die belhamel is mos die man wat met Joost van der Westhuizen se dood, hom tot anti-sosiale media gewend het en ‘n meme gepos het oor hoe happy hy is dat nog ‘n witmens gevrek het. Voor jy kon sê: “Jirre Kallie Kriel, het jy gewig verloor?” toe wend ‘n magdom mense (dit was nie Slegs Blankes nie) hulle tot Facebook, die Rooi Kruis Kinderhospitaal, die Ermelo Lesbiese Veerpyltjie Forum en daai kollega by die werk wat altyd langer pis as wat hy moet, om te kla oor omgekeerde rassisme.

Nou kyk Riaan, ek is seker jy het jou motiewe gehad, maar die feit van die saak is dis ‘n laer-as-slangkak mens wat iemand anders se dood uitbuit vir ‘n LOLLIE (Afrikaans vir LOL, sien?). En dan is die LOLLIE nie eers snaaks nie. Sulke meewarige kopskud. Ek wou vir jou persoonlik jou PK op Facebook stuur Riaan, maar jy het obwiejaaslie jou profile gedelete. Maar wanneer jy wel eendag weer uit jou gat kruip, ons hou hom vir jou hier ok? Want sulke nice mense.

Naskrif: Julle fokkers wat almal toe oog-vir-oog begin speel en vir Riaan van sy eie medisyne begin gee het, julle is almal in die draw vir ‘n paar mini-PK’s hoor. Sal laat weet wie wen!

Deel met jou tjommies!

    PK MalherbePK van die maand: Riaan Lucas

    Gooi Comment