Kortbroek re-gift sy Super Rugby prys

In Sport deur Kaptein Kortbroek1 Eiertjies

Ons SuperBru pool loop al vir iets soos vyf jaar en vir die eerste keer fokken ooit het ek die yellow cap gewen. Fok my, in die oor, met ‘n besem. Ek wen nooit niks nie! Al wat ek gewoonlik wen is mal tjerries, babelasse en so elke nou en dan ’n shot in die eiers by die bar.

Maar wen is awesome. Ek like dit om te wen. Soveel so dat ek die volgende met julle wil deel.

Wen wen wen – dedicated to all the faktap people wat op ander se koppe trap om hulle eie saak te bevorder. Jy weet wie jy is en as jy dit voel, is dit fokken once vir jou bedoel:

Jy wys ‘n vinger maar daar’s vier wat terug wys.
Jy loop so heilig met geheime in jou kluis, alles mooi toegesluit die sleutel weggesmyt.
Jy’s so fantasties al die bure sê vir my, so edel en so rein dis moeilik om jou klein te kry, sê vir my, het jy die nuus gekry of net verbygery?
Al die mense aan jou lippeval gerieflik in jou strikke.
My genade al jou dade ongelooflik vasberade, kamerade staar net gade, afgesper deur doringdrade, en op jou hoge troon sit jy.
Jy’t seweduisend slawe wat jou op die hande dra blinkgepoets opgejuice en gespruce en as die mense vra, het jy dit self gedaan?
Sê jy ja my bra.
Jy’s op die rug van mense in jou skaduwee.
Jy vertrap die arme sotte wie jou vloere vee.
Sê vir my het jy geluk gekry?
Hoeveel nog moet ly?
Wen wen wen teen alle koste. Wen wen wen jou pa sal trots wees. Wen wen wen wys ons weer jy’s eerste. Got jy weet jy is die beste! Wen wen wen dis al wat saak maak.
Wen wen wen jy ken daai soet smaak.
Wen wen wen nevermind wie wegraak.
Got jy kort ‘n fokken dwarsklap!
Jy sê kom speel maar jy kom eerste.
Jy sê jy deel maar jy kry die meeste.
Sê vir my, issit lekker tuis tussen gatkruipers?
Al jou fans en jou followers verafgod jou, maar daar’s baie mense wie jy afknou, sonder berou, hulle sien vir jou, soos ek nou.
Ek het die song spesiaal vir jou gemaak.
Ek hoop jy like dit en dit laat ‘n lekker smaak.
Ek sê vir jou. Ek vergewe jou, maar fokkof nou!
Fokkof nou!

As lees nie jou ding is nie, luiser na die tune:

Intussen het ek #WatVapeJy juice gewen omdat ek die pool gewen het. Maar ek het befokte cool connections en besit tans elke liewe flavour juice wat jy aan kan dink. Ja, alles wat jy by Griff kan koop plus nog meer. Ja, ek het selfs poesjuice (proe egter so bietjie soos kak as jy dit verkeerd ingooi).
Daarom skenk ek my prys aan ‘n random marabs wat hierdie storie se tweet retweet. Bra griff staan reg om dit te pos. So druk daai knoppie, wen ‘n sappie en onthou, ek is seriously next level erg lief vir elke liewe bra wie se gat ek laasweek in Superbru geskop het.

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekKortbroek re-gift sy Super Rugby prys

    Comments

    Gooi Comment