Kaptein Kortbroek chat met ‘n tjerrie wat fokken hoog op crystal meth is

In Snotstories deur Kaptein Kortbroek3 Eiertjies

Dit maak my hart baie bly dat die Lions nog nie ‘n game verloor het nie. Dit maak my hartjie ook bly dat die Stormers nog nie ‘n game verloor het nie. Elke Bloubulhart behoort die naweek ook bly te wees want vir ‘n slag gaan hulle nie six-love opgefok word nie – loof hom die losloodjie.

My hairdresser het by my mampoer kom suip, so ek kon net een oog op die ruggas hou, maar dit was cool om te sien dat die Sharks ook kan wen, al het dit my SuperBru totally opgefok. Baie mooi, manne. Baie mooi. Dan is ons Duidelik SuperBru Pool Yellow Cap wenner se Wicks flavour #WatVapeJy juice in die pos – well played, Rust. Jy is toe nie so geroes nie. Net ook so bietjie info oor ons pool – hierdie is die laaste week wat jy kan join, so roer jou fokken litte. Die Yellow cap wenner score elke week ‘n verniet vape juice. Maak ‘n plan.

Genoeg eers oor die ruggas. Ek het ‘n boeremeisie op drugs ge-interview.

Agtergrond: Dit was iewers in Januarie. Ons was besig om ons tassies te pak toe ‘n wildvreemde tjerrie by ons kantoor instorm. Sy het gaan sit en begin praat sonder dat enige iemand iets vir haar gevra het. Ja, die vrou het fokbaie issues en obviously was ek slim genoeg om die gesprek te record. Toast Coetzer tune mos “die volk is in die kak” – wel hier is ‘n fokken goeie voorbeeld daarvan.

Okay, net so paar riglyne voor jy jou oogballe op hierdie next level interview fokus:

  • Die name van die mense waaroor die tjerrie praat is obviously fake, maar dis al wat fake is.
  • Alles is woord vir woord oorgeskryf. #truestory
  • As ‘n sin nie sin maak nie, is dit omdat die tjerrie heeltemal fucked was.
  • Kids, hierdie is hoe jy kan uitdraai as rugby nie ten minste ‘n klein deel van jou lewe uitmaak nie.

Boeretjerrie op drugs: My kinders sê nie eers meer vir my hulle is lief vir my nie, ek hoop julle fokken record hierdie.
Kortbroek: Wag so bietjie, wat gaan gaan? Wie is jy en van waar af is jy oorspronklik?
Boeretjerrie op drugs: : Eastland, Pretoria, die siesplek. Hulle sê mos al die hoere kom van daar af. Ek is nie ‘n hoer nie.
Kortbroek: Okay, so hoe het jy hier uitgekom?
Boeretjerrie op drugs: Ek het weggeloop van my man af want ek mag hom nie skei nie, Piet Smit…
Kortbroek se tjomma: Kan ek ‘n foto van jou neem?
Boeretjerrie op drugs: Nee, vat ‘n mooi foto, almal ken my. Nee komaan, ek het nie gisteraand geslaap nie. Sit ten minste vir my fokking make-up op. Ek is nie ‘n sies nie, komaan. Wag okay, neem ‘n fokken foto. Maar my pa sal vir julle sê ek is op drugs want hy gaan sien ek het nie geslaap nie. Nee ek het nie gister drugs gevat nie.
Kortbroek: Wie het jou hierheen gestuur?
Boeretjerrie op drugs: Fok, Katrein. Katrein het gesê ek moet hienatoe kom. Katrein met die klein dogtertjie. So klein blonde dogtertjie. Hulle is baie gelowige mense.
Kortbroek: Nee, ek ken haar nie.
Boeretjerrie op drugs: Ken julle vir Saartjie, almal ken vir Saartjie.
Kortbroek: Nou wie is Katrein?
Boeretjerrie op drugs: Katrein is ‘n fokken angel, sy’s awesome. Mense fokken haat ons want ons bekke is te groot.
Kortbroek: Waar is Katrein nou?
Boeretjerrie op drugs: Katrein het getrek. Karen sê hierdie dorp gaan my doodmaak. Ek kan nie slaap nie. Anton het my gelos. Hy is terug na sy eks toe. Sy eks tjerrie nê. Anton sê nou eks ‘n crystal slut, crystal hoer. Hy dink… hy weet wie ek is, ek weet wie hy is. Hy dink ek sal (laggie) hy dink ek sal ‘n fokking ou man gaan naai vir ‘n lyn. Ek dink ook nie hy dink so nie, hy weet wie ek is. Maar ek is ‘n disgrace vir hom. Uhm, hy hardloop weg vir my, hy hardloop weg want ek is ‘n fokken monster. En ek wil hom hou, en hy kry skaam vir my. Sy eks wil nie sy dogtertjie vir hom gee nie. Hy moet dit skelm doen want sy haat my. My twee kinders is ook weggevat van my af. Ek sien hulle ook nie. Anton sien sy twee laaities, maar sy eks het gesê sy soek nie daai kind naby my nie. Sy verneder daai man. Ek verneder nie my man nie. Hy het ses, ek noem hom my man. Piet is history. Hy is nie my man nie.
Kortbroek: Hoe lank is jy al in die dorp
Boeretjerrie op drugs: Twee jaar. Ek is nogsteeds getroud. Ek kry nie ‘n fok ontslae geraak van Piet nie. My kinders sê nie eers meer vir my hulle is lief vir my nie. Ek het my kinders altwee ‘n jaar en nege maande geborsvoed. Ek weet wat dit is om ‘n mamma te wees. Ek voel ‘n fok as die mense my stretch marks sien nie wan ek is ‘n vrou. Ek is ‘n disgrace vir my pa want ek rook boom. As hy dan boom rook, hoekom mag ek nie? Hulle het hom toegesluit op straat nê, vir boom. My pa het nie my ma gebliksem as hy boom gerook het nie of ander hoere gaan naai nie. Toe gaan sluit hulle hom toe nê, toe los hulle hom nê toe word hy ‘n… my pa het nie ‘n probleem met boom gehad nie. Ek het nog nooit my pa dronk gesien nie. My pa rook, my pa het Chesterfields gerook.
Kortbroek: Soek jy ‘n sigaret?
Boeretjerrie op drugs: (Lite ‘n skyf op) O jirre mense dink ek is mal. Ek is nie mal nie, okay. En ek is nie bipolar nie… Anton sê vir my so. Ek is nie, die mense dink ek is. Ek is nie ‘n disgrace vir hom nie. Ek is nie hier om sy naam weg te gooi nie. Ek is hier om vir hierdie mense te sê wie en wat Anton is. My pa sit by Valeria polisiestasie en my pa sê vir Ansie my boyfriend Anton… hy is ‘n ouman van 40 ek is 31, hy is op. Hy is nie soos hierdie jong mannetjies wat karretjies try spin soos Dawie en Sarel nie. Anton het respek vir ‘n kar. Sy pa was ‘n mechanic, my pa is die beste mechanic. Almal ken hom. Mense haat my pa. My pa het twee blondekopdogters met groen oë en my ma was ook ‘n nympho soos ons. Ons is nymphos ons hou van sex, maar ons gaan nie net almal spyker nie. Ons weet waaroor dit gaan. Ek het ‘n tattoo op my, ek het ‘n vlinder op my sponsie. Ek wys dit vir almal, ek is ‘n fotografiese model (noddefok). ‘n Famous fotograaf het my fotos geneem, nude pics. Hy het van ‘n bike afgeval. As ek die dag genoeg gehad het van my pa en Anton se kak dan hardloop ek na die fotograaf toe. Hy is ook ‘n regte ou fucking perv. Hy is fokken lelik, maar hy is die beste vriend wat ek het. Ek gaan sê vir die polisie ne, wat Steve vir my gesê het, nê, want hy sit en tos voor ons shop. Anton wil my nie meer shop toe vat nie hulle bekke is te groot.
Kortbroek: Waar is die shop?
Boeretjerrie op drugs: Die shop? Anton se shop, net hier om die draai (haal ‘n brief uit). Dis ‘n lasbrief, maar die polisie sê dit is nie hulle s’n nie. Nou waddefok, deel hulle dan stamps uit vir almal? Of leen hulle hulle stamps vir almal? As dit nou legal is dan laat ek die polisie toesluit want hulle wil my nie in veilige bewaring sit nie. Hulle sê vir my ek het nie blyplek nie, nou wil ek daar slaap. Ek wil nie terug gaan na my pa toe nie, ek verlang na my kinders, maar ek wil nie vir Piet terug hê nie, ek is nie lief vir hom nie. Ek is nie lief vir hom nie. Piet is bang om my te skei. Ek is lief vir Piet, maar weet jy, voel ek nou soos ‘n hoer, ek kan hom nie skei nie. Ek wil nie by Anton bly vir geld of vir blyplek nie.
(‘n klomp medics join die party)
Boeretjerrie op drugs: Gaan julle my uitsit omdat ek te veel praat? Ek het nie op my kop geval nie
Medics: Nee, ons gaan net kyk of jy oraait is.
Boeretjerrie op drugs: Anyway, ek het my gesny. En o, ek is nie mal nie. Ek sal vir almal verduidelik. My pa is ‘n fokken psigopaat. My pa is ‘n doos, my pa is die duiwel, okay? Ek bedoel in ‘n grappie gesproke moet asseblief nie alles koptoe vat nie. Asseblief. Gaan soek vir Steve. Hy ry met ‘n gun in sy boot rond, ek weet dit. Anton het gesê Dawie, julle ken vir Dawie, hy is die enigste ou hier wat ‘n Golf ry wat regtig ‘n Golf kan spin, wat weet hoe (Medics plug diagnostic stuff in). Ek het oor ‘n muur gespring, ek het nie myself beseer nie, ek was in ‘n fight. Hier het ek seergekry in die bar – ek is vol fokken scratches, ek is ‘n tomboy en ek is ‘n model ook en…
Kortbroek: Wat is jou plan?
Boeretjerrie op drugs: Ek was op 7de Laan, ek het op produksie gewerk ek het agente, julle kan hulle bel en julle kan hulle vra wie ek is. Hoorie asseblief julle moet nie dink ek is fokken mal nie.
Kortbroek: Wat is jou pa se nommer?
Boeretjerrie op drugs: My pa! Jy is van jou fokken kop af! Ek is oor 18 ek bel nie my pa nie. Daai vrou by die polisiestasie het gesê hulle wil my pa bel, julle bel nie my pa nie. Bel julle nou die polisie? Ek het in interdik teen my pa so hy mag nie naby my kom nie. Ek was nounet by die polisiestasie, ek het gehardloop van daar af, ek klink soos ‘n mal poes, maar ek is gatvol. Ek is regtig jammer, ek is gatvol vir mense wat ons meisiekinders opfok, wat ons meisiekinders nie los omdat ons liefde het nie. Fok my pa, ek sal hom nie verder vertrou nie. Asseblief julle, moenie my pa betrokke maak nie.
Kortbroek: Is daar iemand anders wat ons kan bel?
Boeretjerrie op drugs: Hoekom dink julle ek het nie slaapplek nie? Anton het my gelos, want hy dink ek wil nie my eks man skei nie, hy dink ek wil nie vir Piet skei nie, maar hier is my skeibriewe. Asseblief julle, ek is nie stupid nie. My pa wil nie hê ek moet my kinders sien nie. My kinders sê nie eers meer hulle is lief vir my nie, okay? Ek is nie fokken mal nie ek is ‘n ma. My kinders het maniere, my kinders sê nie vir ‘n grootmens jy en jou nie. Ek is nie ‘n fokken stuk kak van Brakpan nie – sorry jammer as julle van Brakpan af kom. Ek het niks teen Brakpan chicks nie, ek dink hulle is fokken hot en hulle het nie op hulle bekke geval nie. Sorry. (Begin so bietjie amper huil). Ek vloek, my pa ken my so, die eerste woord wat ek gesê het was poes, jammer maar as ek kwaad is gebruik ek daai woord, as ek… (medics begin uitstap).. seblief julle moenie loop nie. Kan julle my uitsit? Uuhh… ek rook boom en ek het gisteroggend nê, ‘n bullet van James se crystal gevat. James van Benoni. Hy verkoop die beste crystal ever. Hy verkoop nie aan jou sealed bars wat jou ‘n hartaanval kan gee nie. Nee, ek is nie op drugs nie.
Kortbroek: Wat van Anton, moet ons hom nie bel nie?
Boeretjerrie op drugs: Anton, Anton Smit. Hoorie asseblief moenie hulle bel nie. Daai seuns van daai tannie maak haar dood. Ag weet julle wat nê, ek kan van hulle sê wat ek wil, hulle kinders is skelms. Oom Stefaans is lief vir sy kinders, maar hulle fok hom op en gaan die ou tannie uithaal. Anton kom van Durban af. Ek is nie hier by Anton vir sy geld nie, ons het nie geld nie. Hy het twee M3 BMWs – die een ry nie eers nie, die ander een is ook faktap. Ek is ook nie by Anton vir een van sy karre nie (medics begin loop). Wag net voor julle my dart of watokal, bel my ma, moenie my pa bel nie. Ek het my ma se telefoonnommer. My ma werk in Kaapstad. Julle kan haar bel, sy is nie bang om haar bek oop te maak nie. My pa het haar gebliksem. Ek het myself gesny, ek is nie mal nie. Nee ek is nie lief vir bloed nie, nee ek is nie ‘n serial killer nie en nee ek is ook nie mal nie. Maar weet jy wat, ek is ‘n disgrace vir Anton want hy dink ek is nie lief vir hom nie en hy dink ek wil hom net gebruik. Ek is nie mal nie regtig, dink julle ek is mal?
Kortbroek en kie (gelyk): Nee.
Boeretjerrie op drugs: Julle, asseblief moenie my pa bel nie, ek vra julle mooi.
Kortbroek: Ons het nie sy nommer nie.
Boeretjerrie op drugs: Weet jy wat, sit my op die TV maar my pa se gesig wil ek nie sien nie. Ek is nie ‘n satanis nie, ek lees uit die bybel uit. As my hart seer is en as ek bang is nê, soos nou die aand toe ek geloop het en my boyfriend my weggejaag het nê, toe kom ‘n swarte uit die bos uit, ek is mos nie ‘n bangat nie, nê. Ek het geloop, ek het vir Anton gesê jy weet wat ek is, hoekom sê jy vir my ek is ‘n hoer, almal sê ek is ‘n hoer want ek kan so rondloop (wys na haar fokken kort broekie en amper t-shirt). Ek gee nie om as julle na my kyk nie. Ek het kinders. Ek is nie ‘n hoer nie. Ek is nie hier om vir jou man te wys ek het stretch marks op my pens nie. Ek het twee kinders, ek het geborsvoed. Julle ken vir Katrein, my niggie se naam is ook Katrein. Sy drink maar sy is nie mal nie, sy vat nie eers drugs nie want anders sê die mense vir haar sy is tarty en hoort in tarraland – soos wat hulle vir my sê. My hart is seer want ek kan nie my kinders sien nie. My hart is seer want ek mis my boyfriend.
Kortbroek: So wat is jou plan, wat gaan jy doen?
Boeretjerrie op drugs: Ek weet nie, ek is hier om vir almal te sê ek is lief vir Anton. Ek is nie hier vir sy geld nie, ek is nie hier om op sy nek te lê nie. Ek is nie hier om vir hom die lewe hel te maak nie. En vir sy nefies, hulle is goeie mense nê, maar hulle moet asseblief net vir fokken Anton uitlos. Anton het ‘n shop, sy neef het dit oorgevat, hulle weet van fokol. Hulle almal ry op Anton se rug. Daai slet en haar boyfriend wat vir my kom kak maak by die shop, so blondekop chick, ja ek fokken laaik haar fokol want sy dink sy kan my man kry net omdat sy hom wil hê. Vat hom as jy lief is vir hom, los hom uit as jy… sy kan nie… hoorie ek het nie ‘n toilet in die huis nie, dit maak my nie vuil nie. Anton het ‘n huis in Krugersdorp. Sy neef is ‘n skelm, Anton is nie meer lief vir my nie, sy hele familie sê ek is ‘n disgrace omdat ek as daar ‘n kliënt by die shop staan… ek is ook nie bang vir ‘n swarte nie. As ek sien hoe hy my met sy oë uittrek se ek vir hom straight. Ek is nie mal nie en ek gooi nie die bybel nie, sorry. Wil julle prentjies sien wat ek teken? Hierdie het ek op ‘n trailor opgetel, ek het nie fokken geld vir ‘n scrapbook nie. As ek ‘n pen sien rondlê dan vat ek hom. Jy kan alles lees, fokkit dit is so deurmekaar soos my fokken kop, maar ek weet waarvan ek praat. Maar asseblief julle, ek het niks om weg te steek nie. Moenie my inspuit en my wegvat nie. Kyk hier, ek is nie mal nie, asseblief julle, ek is nie mal nie. Asseblief kyk net – ek is nie mal nie.
Medic: Gee dit vir SAPS. Hulle is op pad.
Boeretjerrie op drugs: Ag fok weet jy. Die polisie is te bang vir my. Wie is Gerhard de Villiers, ek word gedreig met Gerhard de Villiers, ek het nie ‘n fokken clue wie die ou is nie. Ek nie bang vir hom nie. Maar almal wil weet wie Stefan is want hy moet my uithaal blykbaar. Die ou sê die ou steel die polisie se geld. My goeie fok, julle bel seker nie nou my pa nie. Kom ek wys julle ‘n foto van my pa (foon is pap). Julle kan my nie toemaak hier binne nie, as julle dit gaan probeer dan hardloop ek maar weer vir my lewe. Ek is nie ‘n disgrace vir Anton nie. Anton kan vir my opstaan teen my pa. My pa sê vir my op Facebook ek is ‘n hoer. Ek bel my kinders dan mag ek nie met my kinders praat nie dan tel hulle nie die foon op nie. Ek is ‘n ma ek mis my kinders. Ek is nie op drugs nie en ek het nie ontrekkingssimptome nie. Ek mis my kinders, maar ek kan nie na hulle toe gaan nie. Ek soek nie my eks terug nie. Ek mis my kinders. Ek rook nie Nyaope nie. Ek groei my eie boom. Wat is dit met die mense? Ek is nie ‘n sies nie en-en ek is nie mal nie. Glo julle my?
Kortbroek: (confused as fuck) Jaaaaaa…
Boeretjerrie op drugs: Bel vir James, James is fucken cool. Hoorie ek het James se drugs gesteel, nie nou onlangs nie, verlede jaar. Ek het James se crystal shipment gesteel. Ek het dit vir hom in sy gesig gesê: “James ek het jou drugs gesteel”. Ek het nou by die polisiestasie vir hulle gesê, ek het James se drugs gesteel. Maar ek het nie James se drugs gaan verkoop nie. Ek is nie ‘n drugslut nie. Ek het sy drugs gesteel en met my tjommies gedeel want sy crystal is fokken lekke, nê. Hulle gaan nie aan my Nyaope verkoop en dan is ons zombie styles nie – ons doen dit nie meer nie. Ek doen net af en toe een, of twee of ‘n bullet want ek het dit fokken nodig om met die lewe te cope. Ek is jammer, ek weet nie eers hoekom maak ek verskonings vir myself nie. Ek is nie jammer dat ek is wie ek is nie. Ek is wie ek is.

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekKaptein Kortbroek chat met ‘n tjerrie wat fokken hoog op crystal meth is

    Comments

    1. KJ

      Jirre nee. Fok na die sal enige ou iets moet gebruik en weer lees om te verstaan.

    2. Gemaskerde Sopbeen

      Liewe Fok…..ek het nie woorde nie….

    Gooi Comment