I’m a little airplane njaaaaaaauw!

In Rolbees Reviews deur RolbeesRek jou bek

Dis alweer tyd vir die vinyl market by Lucky Rodrigo hierdie Saterdag! So uit pure liefde vir die swart sirkeltjies wat so hipnoties rondomtalie draai, is hier nog so juweeltjie uit Vinyl Richie se vinyl vault. Dis probably die oudste album wat ek ooit vir Watkykjy review het. Circa 1978. Dis die jaar toe Marais Viljoen ons Vyfde Staatspresident geword het. Wie vra jy? Ja fok, ek weet ook nie. Ronnie Peterson het die Grand Prix op Kyalami gewen en ja, daar was nog Grand Prix resies gejaag in die Republiek daai tyd. O ja, en die Suid-Afrikaanse Kern-Energie Koöperasie het SA se eerste atoomwapen vervaardig. Seker om die ANC te nuke. Jirre.

Hoe het ons die seventies survive? Wat het op TV gewys? Casimir, Die Kraaines en Haasdas se Nuuskas. Julle ken die sad state of affairs wat musiek in die seventies aanbetref in SA. Daar was enkele befokte bands. Rabbitt het opgebreek in 1978 so daar was net so band, Clout oorgewees of iets. Hey, ek was net twee jaar oud. Wat de fok sal ek nou weet? Arme seventies kids het meestal net oorsese bands geluister wat die Natte nie kon regkry om te verban nie.

The Modern Lovers is een van daai bands wat ‘n moerse invloed op rock and roll gehad het maar waarvan meeste mense probably nog nooit gehoor het nie. Dit sluit myself in. Dankie, Vinyl Richie! Dit het vir seker nie baie airplay gekry back in the day nie en het net tussen die cracks geval, veral as jy in die eighties en later ‘n tiener was. Om dit in perspektief te plaas – aan die begin was the Modern Lovers heavy beïnvloed deur The Velvet Underground. Obviously omdat Jonathan Richman hulle vir die eerste keer as ‘n sestienjarige laaitie in Boston live gesien het en heeltemaal blown away was. The Velvet Underground saam met bands soos MC5, The Stooges en New York Dolls word gesien as die voorlopers van punk. Dit was nie ‘n actual beweging nie maar dit staan deesdae bekend as Proto-punk. Jy weet, amper soos the Melvins, the Pixies en Sonic Youth die voorlopers van grunge was.
Ok, so die original line-up van the Modern Lovers met Jonathan Richman op vocals en kitaar, Ernie Brooks op bass, David Robinson op dromme en Jerry Harrison op keys het om-en-by 1970 tot 1974 die live circuit in Boston, New York en Los Angeles laat buzz. Hulle enigste album was release in 1976, eers twee jaar nadat hulle opgebreek het. Dié selfgetitelde album, The Modern Lovers was fokken groundbreaking. Gaan luister weer bietjie na songs soos Roadrunner, She Cracked en Pablo Picasso. Dit het bands soos the Sex Pistols (en baie later Violent Femmes) heavy beïnvloed. In fact, die eerste keer toe ek the Modern Lovers gehoor het, het ek onmiddelik verstaan waar Violent Femmes hulle sound vandaan gekry het. Nog ‘n paar interressante feite: Robinson het The Cars later begin en Jerry Harrison het later vir Talking Heads gejol. Twee bands wat ek baie duidelik van die eighties kan onthou. Pretty interesting stuff! Vir my at least. Sulke music nerd.

Vinyl junkies, as julle daai debut van The Modern Lovers album op vinyl in die hande kry, hou vas and never let go!
Maar dit geld seker vir enige The Modern Lovers plaat. Nie omdat dit noodwendig skaars en duur is nie maar omdat dit baie kief tunes is. So waar pas hierdie 1978 Live album in die historiese rock and roll tydlyn? Die original band het opgebreek omdat Jonathan Richman wou aanbeweeg en ander musiek wou maak. Van 1976 tot 1988 het Jonathan Richman die brand name The Modern Lovers gebruik vir ‘n verskeidenheid projekte en altyd onder die naam ‘Jonathan Richman and The Modern Lovers’ perform of record. Sy projekte was meestal anders as die original band s’n. Meer folky, low-key en baie fun en kinderlik. Glad nie so ernstig soos die proto-punk dae se tunes nie.
Op hierdie live album feature Jonathan Richman en Leroy Radcliffe op kitaar en vocals, D- Sharpe op die dromme en vocals en Asa Brebner op bass en vocals. Dis ‘n moerse lekker album om te luister as jy bietjie wil time travel terug in die seventies in. Die name van die songs is ook kaksnaaks. I’m a Little Airplane, Hey There Little Insect, I’m a Little Dinosaur, Ice Cream Man. Egyptian Reggae? My Little Kookenhaken? Jy kan maar gaan google – daar is nie so ‘n woord soos kookenhaken nie. Jonathan Richman het dit seker net opgemaak. LSD is a helluva drug. As jy die naweek wil gaan crate digging doen vir allerhande vinyl met sulke lekker stories by gaan check die vinyl market by Lucky Rodrigo uit.

Deel met jou tjommies!

    RolbeesI’m a little airplane njaaaaaaauw!

    Gooi Comment