Hoe rock ‘n roll is Hard Rock Cafe in Menlyn?

In Rolbees Reviews deur Rolbees2 Eiertjies

Saterdagaand het ek vir die eerste keer in dekades die pad voor Menlyn Shopping Centre omgery aan Atterburyweg se kant. Dit het my heavy flashbacks gegee. Van Vrydae aande se skateboarding in die back storage rooms van die ou Menlyn Park tot ons fucked moeg was. Chesterfield sigarette, WASP, Dead Kennedys, Toy Dolls, Skull Grinder wiele op Pick and Pay special skate boards, Guns and Roses en Sending Vietnam. Maar ek is vinnig uit my trip down memory lane geruk toe ek die massiewe Hard Rock Café Pretoria (Hard Rock) kitaar shrine voor die plek gewaar. Big City Life se Moses. Ter ere van vooruitgang? Ontwikkeling? Werkskepping? Profyt? Of Rock and Roll?

Menlyn Park was in die eighties net so Pizza Hut,’n Wimpy,’n CNA,’n Ster Kinekor en ‘n Hyperama. Later het hulle ‘n drankwinkel, ’n wapenwinkel en so speelgoed shop bygekry. En ‘n moerse voëlhok. Dis immers waar ek geleer het die polisie dra ook civvies en like dit fokol as laaities rook en skateboard stunts try met shopping trollies. Ons mag dalk ‘n Hyperama employee met die trollie gefloor het. Allegedly. Dit was die eighties en ek en my tjommies se eerste kennismaking met die lang arm van die gereg. Sulke reserviste met Gypsy tekkies, t-shirts en jeans aan. Niemand is gearresteer nie want ons was dertien en spierwit. Nie net as gevolg van privilege nie, maar ook van skrik. Ons Gen X kids het gedink delinquent behaviour is rock and roll. Dit was seker daai tyd nog. Menlyn het so oor die jare ‘n necessary evil geword vir my as ek bietjie groceries wou koop. Dis accessible as jy in ‘n rystoel is en daar is baie car guards wat kan help. Vir meeste mense is hulle ‘n irritasie maar vir my is die bras essential om in en uit my kar te kom. Dis about die enigste ding wat ek like van Menlyn. Wonder hoeveel word daai bras betaal? Sure, malls verskaf werk en help die ekonomie en al daai dinge – ek verstaan dit. Maar hoe versoenbaar is die die consumerist culture met die SA hard rock scene? Dis twee uiterstes, is dit nie?

Ek wou al lank Tuin live check en het heeltemaal te lanklaas die Black Cat Bones op stage beleef. So toe rol ek maar daar in. Later het ‘n tjommie gejoin. Following Fiction en Dirty Moonshine se musiek het ek glad nie geken nie. Maar ek sal netnou by die musiek uitkom. Hang bal. Die eerste ding wat ek agtergekom het is – die mall vibe in die Hard Rock Cafe pla my nogal. Dis bietjie Wimpy/Milky Lane. Selfs die amazing memorabilia in die joint kan dit nie regtoor nie. En daar is nie net memoribialia van rock of folk bands nie. So tussen die Carlos Santana, Mumford en Sons en Seether kitare hang daar sulke outfits van Nicky Minaj en Shakira. Ek weet nie hoe rock and roll dit alles is nie? Maar fair enough, daar speel seker allerhande bands daar.

Die stage is op ‘n awkard plek in die gang reg voor die bar. Daar gaan nie genoeg spasie wees voor die stage as dit stampvol is nie, dudes. Rolbees pearls of wisdom. Hard Rock pearls. Dis verniet. Daar is ‘n groot spasie met tafels net langs die bar. Die ideale plek vir ‘n stage is teen die verste muur. Maar weereens, it’s all good. Hulle wil seker ook cater vir hulle customers wat lekker wil eet. Maak vir my sin. So hoe was die kos? Uhm, ek weet nie want ek het nie daar geëet nie. ‘n Hele paar mense het my gewaarsku voor die tyd dat die diens en die kos nie die buitensporige pryse justify nie. Ek is nie ‘n restaurant critic nie, so gaan doen jou eie huiswerk en lees die reviews op hulle facebook page. As jy nie omgee om R210 vir ‘n steak, R42 vir ‘n local bier of R25 vir ‘n koeldrank te betaal nie, by all means try die plek se spys en drank. Persoonlik sal ek nie daar eet nie. Soos met enige ander plek luister ek vir die regte mense as hulle my voor die tyd waarsku. Ek het net ‘n Creme Soda bestel en dit was R25. Tjom van my het vir my ‘n water gekoop later. So my bill was R50 vir twee drankies (plus tip). En die bands se cover charge? R60. Mmmm, ek hoop die musos wat by Hard Rock optree kry ‘n cut van die drankverkope of ‘n flat rate betaling of iets. Hoe rock and roll is daai R60 per persoon teenoor R60 vir twee drankies? Think about that mark up for a while, maar OK, ek kan altyd silver linings raaksien waar ander net donker wolkies sien. As Hard Rock iets met die musos kan uitwerk dat hulle behoorlik betaling kan ontvang in die toekoms en hulle trek die regte balans van Menlyn mall gangers en die true hard rock fans wat die plek gaan besoek, kan dit ‘n win-win wees vir almal. Hoekom? Menlyn is die grootste shopping centre in die Suidelike Halfrond en daar is baie voete daar. Daar is mense van alle rasse en ouderdomme. Toeriste, jong millennial yuppies, suburban upper en middelklas mammas en pappas wat probably net een radiostasie luister werk toe en terug en nie weet watse kief musiek daar in SA is nie, en selfs ouer senior citizens. Maybe kan hulle almal iets leer van goeie SA musiek? Dit was nie stampvol Saterdagaand nie maar die crowd was redelik eclectic vir Pretoria. Dis ‘n gevestigde internasionale brand in ‘n moerse mall. So tussen deur die tattooed kids het ek met ‘n baie impressed (en very upperclass) Indian couple asook ‘n heelwat ouer Ingelse pensioner couple gechat – wat ek kon sien, glad nie die deursnit profile van die hard rock scene match nie. Hulle het die musiek gelove.

Maar vir hoe lank gaan dit verskillende mense trek as die kos en -drankpryse so hoog is? Vir hoe lank gaan die musos daar jol as hulle vir peanuts moet speel terwyl Hard Rock Café incash? I’m just putting it out there. Use it, don’t use it. As Hard Rock die regte ding doen kan dit musos baie meer ore verleen en hulle kan ‘n sustainable besigheid en brand in Pretoria bou oor die langtermyn. Ja ek is seker die rent is hoog. What did you expect? So Watkykjy hou maar die hele storie so skepties dop. Griffin tune net :”Fok jou, Rolbees ek gaan nie soontoe nie”. Ha! Gaan ek gereeld soontoe gaan? Ek het nog nie my mind opgemaak nie. Vir nou sal ek gaan vir die bands, die cover charge betaal maar ek sal eerder by die food court eet voor die tyd en my eie koeldrank of water insmokkel. Tot mense my begin vertel watse value for money ek by die joint kan kry… love all, serve everyone? Mmmmm… kom ons kyk maar.

Ok, so hoe was die musiek? Following Fiction het afgeskop en ek het gedink omdat dit die eerste act is gaan dit lame wees. Quite the opposite. Dis bands soos hierdie wat millennials ‘n goeie naam gee. As jy van Gangs of Ballet hou of One Republic – daai tipe soft cock rock vibe, dan gaan jy hierdie peeps love. Vir ‘n opening band was hulle oorgekwalifiseerd. Hulle het ook ‘n motivational klap weg wat my aandag getrek het. Hulle begin die song Writer and Fighter met ‘n opname van Brian Meltzer se TED praatjie in 2011: “Dream big, work hard and stay humble”. Is dit die nuwe rock and roll motto? Baie minder krimineel as back in the day, dis vir seker. Die band is nogal ernstig oor hulle storytelling en net so ernstig oor kwaliteit. Hulle het al recorded material maar is nog nie happy daarmee nie. So nou gaan hulle weer skaaf daaraan. As hulle klaar is sal ek bietjie van hulle musiek review. Lekker tunes!

Tuin was volgende aan die beurt. Sulke klein petite rock chick met ‘n moerse persoonlikheid. Klein botteltjies groot giftige rock and roll! Ek het gedink hulle speel net rustige vlak breakup tunes. Toe nou nie. Hulle lyrics is persoonlik en fokus op die lewe, dood, passie, donker en lig.  Die heartbreak, failed relationships tunes is gelukkig nie oppervlakkig nie. I can relate to it. Tuin het moerse energie op stage en Tanya het nogal ‘n range in daai longe en stembande van haar. Hulle het ‘n cover van Creedance Clearwater Revival se Proud Mary getry wat mens nie sommer net so kan affpull nie. Maar hulle het, en dit was ‘n lekker vibe.  Tina Turner het dit ook op ‘n stadium gecover. Ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n female lead guitarist in SA live gesien perform het nie. Het ek ooit al? Jy kan hulle op jou een hand tel in SA. Alouise Peens streel daai kitaar van haar met finesse – wat interesting is om te sien. Dudes benader lead baie anders. Sy het ‘n baie meer feminine styl. Maar sy kan ook die rock and roll riffs gooi. Julle kan nog harder tunes gooi ook so nou en dan, Tuin!  Maar een song het ver uitgestaan bo die res vir my. So funk tune genaamd Verniel. Die eerste single wat hulle gaan release is Kinders van die Nag en Verniel gaan die tweede een wees as ek reg verstaan. Sien uit hoe dit gaan klink in recorded format!

Die volgende band was nogal ‘n verrassing. Dirty Moonshine. Hulle naam beskryf hulle musiek nogal akuraat. Sailing Down Death Valley Blues het ‘n klipharde southern rock groove terwyl Shot You With Your Own Gun ‘n baie stadiger bluesy ballad is. Dit laat my heavy aan die ou eighties sleaze rock ballads dink. Net met ‘n bietjie donker country daar tussen in. Gepraat van country, hulle doen ook ‘n cover van Jace Everett se Dirty Bad Things. Basically het hulle ‘n meer commercial country song gevat en dit baie meer sleaze gegee. Dit drup van seksuele onheil. Hulle het ook ‘n cover van Thin Lizzy se Whiskey in a Jar gedoen. Nader aan Metallica se cover maar baie meer country blues groove bygegooi. Hierdie laaities is ‘n slegte invloed. Uiters boos. Hulle het die arme “onskuldige” Black Cat Bones proper moonshine gevoer. Ek het al visoene gesien van blou ligte en handcuffs. Lawyers at midnight. Daai tipe kak. Hoe het N.W.A. getune? I don’t just say no I’m too busy saying yeaaaah! Maar ek het vergeet dis die Bones. Hulle eet moonshine yslollies vir ontbyt. O ja, Dirty Moonshine is ook besig om ‘n full album te record. Don’t worry, ek sal hierdie een ook review. Hulle het so paar songs op hulle website al. Gaan check bietjie. http://www.dirtymoonshine.co.za/

Hoe was die Black Cat Bones? Soos altyd, tight, hard as fuck and larger than life. Kobus de Kock Jnr het so ordentlik as moontlik vir die crowd getune hulle moet hulle shopping na die tyd geniet. Ha! Die Bones het hulle eie product saam gebring. Yebo! Nuwe tunes! Ek het hulle lekker kak gebyt. My mening is hulle gaan sukkel om die album Beatipiller te beat. Hulle antwoord? *nie te veel gepla oor my uitlating nie* Challenge accepted, Rolbees!

Hey, Hard Rock Café Pretoria! As julle wil weet wat rock and roll is? Dit was op julle fokken stage Saterdagaand. Wat nog? O ja, nuwe tunes. Halo, was ‘n brand new first time live tune gewees. So beautiful rock ballad. But wait there’s more. Hulle het ‘n cover van Clutch se Sucker for the Witch gedoen. Een van Griffin se favourite bands.  En dan nog ‘n brand new tune, Turn of the Century. Hoe was hierdie tune? Well julle sal hulle maar net moet live gaan kyk om uit te vind. Ek swyg vir nou…

Hard Rock Café Pretoria se opening is 1 April. Ek weet die Black Cat Bones is ook op die line up maar daar is ‘n klomp ander bands ook daar. Bittereinder en Jonathan Peyper ensovoorts. Gaan kyk maar self. Julle sal my seker daar sien met ‘n ingesmokkelde botteltjie water en ‘n Steers burger in my hand.

Deel met jou tjommies!

    RolbeesHoe rock ‘n roll is Hard Rock Cafe in Menlyn?

    Comments

    1. jagter

      Hahaha . Fokken ‘Hard Rock’ cafe.

      Hulle moet regtig dit oorweeg om quotes rondom the “Hard Rock” op hulle naambordjies te sit. Ten minste sal mense dan weet waarvoor hulle in is.

      Basies ‘n overpriced spur met ‘n kitaar teen die muur. “No Drugs Or Nuclear Weapons Allowed Inside”, ja whatever, asof die hardcore rockers daar uithang.

    2. Rozanne

      Jonathan Peyper is die beste in die hele wereld ooit!

    Gooi Comment