Die Springbok Nude Girls se documentary is uiteindelik online!

In Snotstories, Watkykjy Reviews deur griffin1 Eiertjies

Die Springbok Nude Girls het die Suid-Afrikaanse rock scene in 1994 vir ewig verander. Arno Carstens, Francois Kruger, Theo Crous, Arno Blumer en Adriaan Brand het eiehandig ‘n ongeëwenaarde genre geskep wat moeilik in ‘n bokise geplaas kan word. Hierdie tipe movement (for the lack of a better word) het vanuit Stellenbosch die fondasie gelê vir wat later die Bellville rock scene sou inspireer – ouens soos Fokofpoliskiekar, Van Coke Kartel en dies meer wat weer op hulle beurt weer ‘n nuwe wave geskep en inspireer het, amper 10 jaar later.

Springbok Nude Girls het basically dieselfde jaar ontstaan as wat Suid-Afrika in ‘n demokrasie verander het en daar ‘n gevoel van vryheid oor Suid-Afrika gespoel het. Miskien was dit ‘n valse gevoel van vryheid, maar vanaf 1994 rond en vir die res van die 90’s, was daar ‘n tipe optimisme wat die jeug kakhard laat partytjie het. Dis half vreemd dat die Nudies nooit regtig in politiek belang gestel het of dat dit enigsins ‘n buiging in hulle lyrics gemaak het nie. In die briljante documentary, bloot getiteld The Springbok Nude Girls praat Arno Carstens wel oor hoe hy deel was van die laaste groep unlucky fokkers wat deur die ou kakiebroekregering forseer was om army toe te gaan. Dit een van die harde realities van daardie tyd, vir julle kindertjies wat skiem Facebook is die regte lewe. Ouens was either kakbang vir die army of het blot net die kans gesien vir die bullshit nie. In die doccie vertel Arno byvoorbeeld hoe hy die weermag se enlisters een oggend getune het dat hy gay was, kakbaie drugs doen en die duiwel aanbid. Die oom het hom vertel dat hy 18:00 dieselfde dag weer moes terugkom. Arno het sy deuntjie verander en die oom vertel dat hy maar sal army toe gaan, want sy pa sal hom opfok as hy dink dat hy gay is, drugs vat en die duiwel aanbid. En daar het bietjie song wirting plaasgevind gedurende daardie tyd, alhoewel die gebeure dit nie noodwendig inspireer het nie. Die naaste waaraan die songs aan apartheid kom is met Blue Eyes, wat  – en jy sou dit fokken nooit geraai het tensy jy die doccie check nie – handel oor gesinsmoord as ‘n gevolg van Apartheid se post traumatic bomskok. Grim kak.

Dit is wat hierdie documentary so befok maak. Jy skiem jy maak uit van ‘n band wat vir meer as 20 jaar af en aan op die scene is en dan pop daar sulke onverwagse puisies uit. Director, Michelle Pretorius het ‘n moerse goeie job gedoen en ‘n netjiese koherente paadjie geloop met die ouens se time line. Ek het byvoorbeeld nie geweet dat hulle eerste breakthrough gekom het as opening act vir Johnny Cleg in die Neelsie in Stellenbosh nie.

Die band de storie loop reg deur van hulle eerste self-funded album, Neanderthal 1 wat hulle basies in ‘n kakhuis record het tot by fancy recording sessions in New York met van die legitste mense in die besigheid. Die ouens gesels oor hulle eerste oorsese gigs in Londen in 1997 en hoe hulle van daar af plekke soos België en Duitsland getoer het. Dis lekker om te sien dat een van SA se mees iconic bands se early day jam sessions, gigs en travel footage op VHS vasgevang is. Sulke oud en nostalgies. Dit maak dit meer personal vir die kyker en is beslis ‘n nalatenis vir SA rock geskiedenis. Dit laat jou terugdrink aan die heel eerste keer toe jy hulle live gesien het en dit maak jou lus om hulle musiek te revisit en en ‘n goeie Nude Girls luistersessie in te sit. Iets wat ek jou in elk geval sterk aanraai om sommer vandag te fokken doen.

Die doccie raak ook aan die Nude Girls se unieke skryfproses en Arno Carstens se onortodokse metode of benadering tot song writing – weereens iets waarvan die meerderheid van ons onbewus van was. Daar is interviews met radio DJs, record executives, ander musos, joernaliste, vriende, prokureers en wie ookal deel was van die scene way back in die 90s. Theo Crous praat ook oor hoe hulle hul ballas pap getrip het by Oppikoppi en hoe hulle toasted gekraak het op acid meeste van die tyd op ‘n spesifieke gedeelte van hulle career en eventually deur hulle addictions gekom het, die pad byster geraak het en amper opge-eindig het met fokol. Dis scary en mal kak!

Daar was ‘n mate van interasionale sukses ook. Behalwe dat hulle vir U2 ge-open het in 2011, het Nude Girls in 1997 vir INXS support toe hulle hier in SA kom jol het. Oorle Michael Hutchence het destyds laat val dat Nude Girls die beste band was wat nog ooit vir hulle ge-open het. Ons weet ook dat Arno-hulle verlede maand deel was van die Pixies se toer in SA en aan die begin van die doccie word Pixies as een van hulle influences genoem, so dis eintlik jammer dat die documentary nie ‘n bietjie later aanmekaar gesit is en uitgekom het om nog een van hulle mylpale in te sluit en te showcase nie. Die doccie stel ook half en half ‘n oop vraag: hoe sou dinge anders gewees het as die timing anders was? Imagine hulle het destyds social media en YouTube gehad om hierdie reuse SA rockmasjien nog harder te druk en dryf?

Enige Suid-Afrikaanse musiek fan behoort hierdie te kyk, maar dis ook ‘n doccie wat enige band, jonk of gevestigd sal wil kyk om tips van die pro’s te vang. Dis ‘n uur-en-twintig-minute lange klas in deusettingsvermoë en longevity. Dis ‘n wenresep met al die verkeerde bestanddele – sex, drugs en rock en roll.  Dis ‘n les oor hoe om relevant te bly in an ever changing music lansdcape in ‘n land vol challenges.

The Springbok Nude Girls documentary was hierdie week besikbaar gestel op Showmax. Jy kan hierso opsign vir ‘n 14-dae free trial as jy nog nie so gedoen het nie. Dis die die moeite werd net vir hierdie doccie alleen, maar kyk gerus deur ons vorige artikels om te sien hoe fokken baie entertainment daar eintlik is om mee op te vang in jou verniet twee weke.

Deel met jou tjommies!

    griffinDie Springbok Nude Girls se documentary is uiteindelik online!

    Comments

    Gooi Comment