Vat Vyf! Week 5 van 2017 – Gerrie Nel, fencing fokops en krimpies met zol

In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

1. Die Suid-Afrikaanse skermer Juliana Barrett kruis swaarde met Saskok en die Suid-Afrikaanse Skermvereniging (gaan soek dit op, pappie) en dagvaar hulle vir R5,6 miljoen omdat sy nie die Olimpiese span na Rio in 2016 gehaal het nie… en dit nadat sy wel gekwalifiseer het. Haar 7 bewonderaars (noem mens hulle fence?) voel almal sy is, uhm, in die steek gelaat.

2. Gepraat van skerm, die nuwe Openbare Beskermer, Not-Thuli Madonsela, maak dit steeds fokken baie moeilik vir my om vir haar ‘n Facebook friend request te stuur. Sy het hierdie week bekendgemaak dat meer as R450 000 afgetrek is van haar voorganger se uitbetaling omdat sy kwansuis aangehou het om ‘n ampsmotor te gebruik nadat haar termyn verstryk het en vir herstelkostes aan die voertuig. Maar die kersie op die koek is die volgende stelling vanaf ons huidige OB: “Dit word in die gees van goeie regering gedoen.” Ek het nog net een keer vantevore ‘n kakker quote gesien en dit was ‘n handyman se quote oor wat dit sal kos om my huis uit te verf.
handyman

3. Gerrie Nel, wat Oscar Pistorius tot sy knieë gedwing het en laat huil het soos ‘n karavaankind by ‘n Juanita du Plessis-konsert, het hierdie week na 36 jaar bedank by die Nasionale Vervolgingsgesag, sommer net met 24-uur kennis. Daar is wyd bespiegel oor sy volgende stap. Sou hy ‘n Build-a-Bear franchise oopmaak? Miskien ‘n belangrike rol speel om die groep Romanz weer bymekaar te bring? Maar nee. Hy sluit aan by AfriForum as die hoof van ‘n eenheid wat korrupsie op die hoogste vlak gaan beveg. Afrikaners oral se borste swel, helfte te wyte aan te veel goedkoop cane, maar die ander want “Gerrie is mos een van ons.” Persoonlik was ek al meer opgewonde in my lewe. Soos toe ek my eerste pubiese haar in matriek gekry het. Maar ek is tog effe bly vir Gerrie en vir die volk. Die hele volk. Want as Bra Gerrie en sy bende hul werk reg doen, behoort die hele land daarby te baat.
gerrie-nel

4. Dom donner van die week gaan aan die rower wat hierdie week in Wesselsbron vasgetrek is nadat hy in Desember sy selfoon op ‘n misdaadtoneel vergeet het. Was beslis nie ‘n fokken slimfoon nie. Smaak my hy verruil sy een sel vir ‘n sel van ‘n ander soort. Sulke foktog.

5. Goddank die polisie is besig om van die land se mees gewetenlose kriminele agter tralies te kry. Soos die 81-jarige tannie in die Oos-Kaap wat hierdie week opgesluit is nadat verskeie daggaplante op haar erf aangetref is. Daar was blykbaar agt plante met ‘n geskatte straatwaarde van R2 500. Sulke skuim. Die vrou is by haar huis in hegtenis geneem en die daggaplante is van die perseel af verwyder. Die polisiewoordvoerder is later aangehaal: “Yeah, in fact, ha-ha, blue bottles man, in fact, what-what, I want Cassper Nyovest’s babies, but then I am like, whoa man.”

PK MalherbeVat Vyf! Week 5 van 2017 – Gerrie Nel, fencing fokops en krimpies met zol

Gooi Comment