Super Rappie begin nou, my ou! Maak jou picks in ons pool!

In Sport deur Kaptein KortbroekRek jou bek

In alle eerlikheid, ek jol hierdie jaar SuperBru vir een rede – free vape juice, my ou! Sodra payday kom gaan ek soos Griff try om op te hou rook deur aan die Vape te suig en in ons befokte SuperBru pool, kry die yellow cap wenner mos elke week ‘n Wat Vape Jy sappie wat glo so awesome is, jy sal jou linkerbal daarvoor opgee.
Lees hier hoe hy die skywe weg gemoer het en baie bucks (en sy longe) spaar.

So van suig gepraat, kom ons hoop die Lions is nie die jaar weer die enigste span wat nie aan die agterste speen suig nie. Die res van ons boytjies het heavy gesukkel en dit was met tye beter om 7de Laan reruns te kyk.

Dit het ook veroorsaak dat ‘n hele klomp van ons baie gou belangstelling in rappie verloor het, so seblief Sharks, Stormers, Cheetahs, en selfs die marabs Kings – speel die bal, nie die fokken man nie. Tackle bietjie soos ons weet julle kan en wys die res van die ander 18 kontinente wat aan hierdie sirkus deelneem dat julle actually die game verstaan.

So hiermee my en Griff se picks vir die week. Ek het geen fokken clue wat aangaan nie, so ek het ‘n 4-jarie laaitie gevra om my te help, hy laaik rooi)

Vandag:
Rebels v Blues
Kortbroek: Fokken clueless my ou, maar kom ons gaan vir die Bloues met so 10
Griff: Rebels met 15

Vrydag:
Higlanders v Chiefs
Kortbroek: Weer te dom maar die laatie reken Kaizer Chiefs is cool. Gee hulle so 8.
Griff: Highlanders met 12
Reds v Sharks
Kortbroek: Rooi is mooi. Vat so 17.
Griff: Sharks met 20

Saterdag:
Sunwolves v Hurricanes
Korbroek: Heineken Meyer coach nie die Hurricanes nie so hulle behoort met so 30 te wen.
Griff: Hurricanes met 35
Crusaders v Brumbies
Kortbroek: Crusaders want die laaitie skiem so. Met so 12 punte
Griff: Crusaders met 24
Waratahs v Force
Kortbroek: Ek gee nie regtig om nie, maar Vape juice. Waratahs met 12
Griff: Waratahs met 6
Cheetahs v Lions
Korbtoek: Go Lions. Looi hulle met so 15
Griff: Lions met 8
Kings v Jaquares
Kortbroek: dit raak al amper teveel rappie. Kings met 3.
Griff: Jaguares met 4
Stormers v Bulls
Kortbroek: Eish, rappie is vir slim ouens. Dalk wen die Bulle vir ‘n change iets. Met so 4.
Griff: Stormers met 16

As jy nie die yellow cap wen nie, bestel jou Vape Juice hier…

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekSuper Rappie begin nou, my ou! Maak jou picks in ons pool!

    Gooi Comment